Post by cjm on Sept 14, 2014 5:43:09 GMT
‘Erken bydraes van Afrikaners’
Swart Afrikane só bemagtig
Vrydag 05 September 2014
Die rol van Afrikaners om swart Afrikane te bemagtig word nie genoeg erken nie, skryf Rabelani Dagada.
Rabelani Dagada Foto: HERMAN VERWEY
DIE storie wat wyd verkondig word, is dat Afrikaners van nature nie van swartes hou nie en teen transformasie is. Afrikaners se geregverdigde kritiek oor swak onderwysstandaarde, hoë misdaadvlakke, die agteruitgang van infrastruktuur, onbuigsame arbeidswette en swak dienslewering word beskou as ’n versugting dat apartheid moet terugkom.
Dit is skynheilig, want ons is almal bekommerd hieroor. Mag Afrikaners dan nie vryheid van spraak en die ander regte wat in ons progressiewe Grondwet verskans is, geniet nie? Selfs die rol van pres. F.W. de Klerk word onderspeel wanneer die bevryding van hierdie land bespreek word.
Die idee dat Suid-Afrika net deur die ANC bevry is, is nie waar nie. Suid-Afrika is deur al sy mense bevry en dit sluit in besonder Afrikaners in. Het Afrikaners besluit om nie kop te gee nie, sou ons moontlik steeds in die loopgrawe van ’n eindelose burgeroorlog gelê het en daar sou geen wenner gewees het nie. Pleks daarvan het ons wit bevolking deur die slegsblankes-referendum van 1992 besluit om De Klerk die mandaat te gee om te onderhandel vir die demokratisering van Suid-Afrika.
Daar is al genoeg erkenning deur die meeste Afrikaners dat apartheid nie in die beste belang van alle Suid-Afrikaners was nie. Afrikaners het al op vele maniere ’n rol gespeel om die nalatenskap van apartheid om te keer.
Paul Kruger
Interessantheidshalwe, selfs voor 1994 was daar verskeie gevalle waar Afrikaners waarlik swart Afrikane bemagtig het. Baie jare gelede het die destydse Transvaalse president, Paul Kruger, en sy Voortrekkers (Afrikaners, ook bekend as Boere) koning Augustine Mokgatle, leier van die Bafokeng (van Rustenburg), gehelp om invallers, koning Silkaats en sy Amandebele, te verdryf.
Koning Mokgatle en pres. Kruger was hegte vriende. Die vriendskap het begin toe hulle op buurplase grootgeword het. Hul vriendskap was uitsonderlik. Mokgatle het met Kruger onderhandel om dele van die Bafokeng-grond wat die Voortrekkers verower het, aan hom terug te verkoop. Mokgatle het die Bafokeng-mans gestuur om in Kimberley se diamantmyne te gaan werk en hulle moes belasting aan Mokgatle betaal. Hierdie belastinggeld is gebruik om die grond van Kruger terug te koop.
Dit is interessant dat swart mans destyds bereid was om opofferings te maak om die belang van die hele gemeenskap te bevorder. Mokgatle het die dienste van Christen-sendelinge gebruik om die grondtransaksies te onderhandel en te hanteer. Daar word vertel Kruger en Mokgatle het soms as vriende saam mampoer gedrink. Wat Mokgatle, sy mense, die sendelinge en die Afrikaners nie geweet het nie, was dat die teruggekoopte grond ryk was aan minerale in die platinumgroep. Hierdie minerale is eers in die 1920’s ontdek.
Ryk Bafokeng
Die grondtransaksie tussen Mokgatle en Kruger het daartoe gelei dat die Bafokeng die rykste tradisionele stam in Suid-Afrika is. Hulle is die grootste aandeelhouers in Amplats en Royal Bafokeng Platinum. Die Bafokeng is ook die naasgrootste aandeelhouer in First Rand en hul totale portefeulje is sowat R40 miljard werd. Die dividende wat uit hierdie kommersiële bates verdien word, word gebruik om maatskaplike en infrastruktuurdienste aan die gemeenskap te lewer.
Voor 1994, toe Herman Mashaba sy eerste onderneming wou begin, het hy aan die deur van Afrikaner-entrepreneurs geklop en hulle het hom gehelp. Vandag is hy ’n suksesvolle sakeman wat duisende werksgeleenthede skep en in verskeie maatskappye belê. Met die aanbreek van die demokratiese bedeling, het Patrice Motsepe met Afrikaners saamgespan om sy mynbou- en finansiëledienstekoninkryke te bou. Motsepe het trots verklaar dat hy verkies om met Afrikaners saam te werk vanweë hul indrukwekkende bemagtigingsprestasies (Financial Mail, 21 Maart 2014).
Nadat ek matriek geslaag het, is ek tot die destydse Randse Afrikaanse Universiteit toegelaat. Afrikaners het vir my beurse gegee en my die eerste keer aan rekenaars blootgestel. Ek het drie grade en ’n diploma behaal. Danksy die gehalte-onderrig wat ek daar ontvang het, is ek bemagtig en het ek sewe mense wat vir my werk. Ek het ook ’n onderwystrust gestig om beurse aan minder bevoorregte studente te voorsien.
Nuwe welvaart
Ek het nog altyd gemeen dat om die Suid-Afrikaanse ekonomie te laat groei en om werk te skep, moet ons nuwe welvaart skep eerder as om die herverdelingskoers in te slaan. Daar is nie ’n groep wat meer nuwe welvaart geskep het en meer swart Afrikane bemagtig het as die Afrikaner-entrepreneurs nie. Dit is entrepreneurs soos Johann Rupert, Jannie Mouton, Koos Bekker, Markus Jooste, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Christo Wiese en Michael le Roux (Finweek, 3 Oktober 2013).
Daarbenewens het Afrikaner-entrepreneurs swart Afrikane bemagtig deur opleiding en geleenthede om ondernemings te ontwikkel. Hulle sal in die geskiedenisboeke aangeteken word as die onbesonge helde van swart ekonomiese bemagtiging.
Dit is waar dat daar ’n paar gekke onder die Afrikaners en al die ander stamme in Suid-Afrika is, maar hulle is in die minderheid.
Suid-Afrika het ’n openbare beleid nodig wat die voorheen benadeeldes bemagtig sonder om die reeds bemagtigdes te ontmagtig. Dit is in almal se belang dat wit sakelui en professionele lui toegelaat moet word om te gedy. Die grootste verloorders van die onoordeelkundige toepassing van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is eintlik swart mense.
Dit is baie hartseer.
• Die artikel het eers op www.sabreakingnews.com verskyn.
• Dagada is ’n ontwikkelingsekonoom van die Wits-Sakeskool. Volg hom op Twitter by @rabelani_Dagada.