Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se lewe of pos is glo nie in gevaar nadat sy pres. Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla ondersoek het nie.
“Ek dink nie my lewe is in gevaar nie, ek het geen dreigemente ontvang nie,” het Madonsela Woensdag aan verslaggewers gesê. “Niemand het enigiets gedoen om my af te dank nie. Ek vergewe mense wat soms te vinnig praat en nie die geleentheid het om te lees nie.”