|
Post by cjm on Sept 16, 2014 8:29:41 GMT
Onderhoud in Die Burger met Flip Buys van Solidariteit oa oor Wessels en Afrikaans op Potch.
...
Die woorde aan Wessels het Buys
vroeër in 'n artikel aan hom gerig:
“Diegene wat my ken weet dat dit nie
my styl of gewoonte is om mense per-
soonlik aan te val nie. Maar in die lig
van die jongste gebeure is die versoe-
king groot om die woorde van minister
Leo Amery teenoor Neville Chamber-
Iain aan te haal nadat laasgenoemde se
naïewe onderhandelinge met Hitler op
die verwoesting van Europa uitgeloop
het: ‘U het te lank hier gesit en niks
goeds uitgerig nie. Gaan weg, sê ek, ons
is klaar met u. In Hemelsnaam, gaan' ”
Ja, sê hy, daardie woorde is baie sterk
en baie skerp.
...
’n Beskouing
Waarom dink Buys is daar onder
sommige mense die beskouing dat
Solidariteit en Afriforum
konserwatiewe en selfs rassistiese
instellings is?
“Ek dink dis omdat ons so direk veg
teen die rasse-ideologie van die ANC.
Vir ons gaan dit oor die beginsel. Ek
dink dit is noodsaaklik dat swart
mense ingesluit word in die ekonomie en
dat daar vir hulle geleenthede is.
Ek het géén probleem daarmee nie en
ek ondersteun maatreëls om swart mense
te help, maar ek voel op
hierdie stadium is ons baie ver van
regstellende aksie af . . . Ons by
Solidariteit praat van ras-stellende -
aksie . . .
“So as daar is sulke
kritiek het, dink ek dis eintelik omdat
ons nog een van die min instansies is
- saam met die Institute of Race Relations -
wat standpunt hierteen inneem.''
|
|