Post by cjm on Sept 18, 2014 17:18:27 GMT
www.fak.org.za/blog/onderhoud-van-die-maand-met-johann-rossouw/
Indrukwekkend, maar wie is Johann Rossouw?
1) Hoe lyk die toekoms vir Afrikaans oor die algemeen?
Gemengd. Goed, in die sin dat Afrikaanssprekendes uitstekend presteer in die media, die skeppende kunste, die sakewêreld en die burgerlike samelewing. Sleg, in die sin dat hierdie prestasie bemoontlik is deur die institusionele bronne wat vorige geslagte opgebou het, en wat vandag onder ernstige druk staan, veral (voormalige) Afrikaanse universiteite. Die handhawing van Afrikaans aan die universiteite en skole is die voorwaarde vir voortgaande Afrikaanse prestasies. Ek is veral bekommerd deur die mate waartoe my geslag Afrikanerouers dikwels om misplaaste pragmatiese redes hul kinders aan die universiteite in Engels laat studeer, en selfs al op skool. Daarbenewens is ek ook erg bekommerd oor ’n ander kwessie wat bykans nooit bespreek word nie, naamlik die massiewe swaai van Afrikaanssprekendes in die algemeen en Afrikaners in die besonder na sogenaamde charismatiese kerke, wat baie dikwels ook gelykstaan aan ’n swaai van ’n Afrikaanse na ’n Engelse geloofslewe en ’n teologie wat individualistiese, ooremosionele gedrag bevorder.
2) Hoekom skryf jy in Afrikaans?
Omdat dit die taal is waarin ek die wêreld ontdek het en bly verken, en omdat dit die taal is wat die mense praat vir wie ek in die eerste plek skryf.
3) Wat beteken kultuur vir jou?
Die volgehoue nastrewing van die beste en die skoonste van menswees.
4) Wat is volgens jou is noodsaaklik om Afrikaans lewendig te hou en onder die jeug aan te moedig?
Kulturele selfvertroue, gesonde Afrikaanse instellings, besielende Afrikaanse leiers en presteerders, en volwasse ouers wat nie iets anders probeer wees as wat hulle is nie.
5) Watter 3 woorde dink jy beskryf Afrikaners soos jy dit sien?
Idealisties, dwars, rou.
6) Wie is jou gunsteling skrywer?
In Afrikaans, Karel Schoeman en Breyten Breytenbach; in ander tale Orhan Pamuk, Milan Kundera, Ivan Vladislavic, J.M. Coetzee en Fiodor Dostojewski.
...