|
Post by cjm on Apr 30, 2019 7:19:39 GMT
As jy sy artikels gelees het, hoef jy die oorspronklike nie te lees nie.
|
|
|
Post by Trog on Apr 30, 2019 13:10:22 GMT
Ek is nogal geïnteresseerd in hierdie vindingryke toepassing. Ek sou dink dat daar verskeie toepassings gevind kan word. Ek self het dit by geleentheid, iewers op 'n forum, nuttig gevind om "The horror! The horror!" toepaslik te maak op die reënboog Suid-Afrika.
Persoonlik dink ek 'Heart of Darkness' is heeltemal te diep vir beide diegene wat dit loof as 'n aanklag teen kolonialisme en díe wat dit afmaak as rassisme. Om die waarheid te sê, ek beskou beide sieninge as beuselagtig - dit is 'n oneindig meer genuanseerde werk as dit. Deels omdat Conrad geen morele oordeel maak nie, en geen blaam allokeer nie. Hy beskryf bloot - dit is asof die karakters op 'n soort van Heidegger-agtige manier in die wêreld gegooi is. Op 'n manier herhinder dit my nogal aan JM Coetzee se Disgrace.
|
|
|
Post by cjm on Apr 30, 2019 17:06:53 GMT
Ek is nogal geïnteresseerd in hierdie vindingryke toepassing. Ek sou dink dat daar verskeie toepassings gevind kan word. Ek self het dit by geleentheid, iewers op 'n forum, nuttig gevind om "The horror! The horror!" toepaslik te maak op die reënboog Suid-Afrika. Persoonlik dink ek 'Heart of Darkness' is heeltemal te diep vir beide diegene wat dit loof as 'n aanklag teen kolonialisme en díe wat dit afmaak as rassisme. Om die waarheid te sê, ek beskou beide sieninge as beuselagtig - dit is 'n oneindig meer genuanseerde werk as dit. Deels omdat Conrad geen morele oordeel maak nie, en geen blaam allokeer nie. Hy beskryf bloot - dit is asof die karakters op 'n soort van Heidegger-agtige manier in die wêreld gegooi is. Op 'n manier herhinder dit my nogal aan JM Coetzee se Disgrace. Ek kan sê dat ek dit gelees het (onder dwang) en dat ek weinig daarvan onthou. Algemene indrukke is al wat ek oorhet. Die een indruk was my verbasing dat so 'n rassistiese stuk soveel aanhang in die Engelse wêreld geniet. Die ander indruk (eintelik meer my huidige rekonstruksie van gevoelens toe) is dat die "horror" swak onderskraag en gemotiveer is deur die inhoud. Ek het my kop gekrap oor wat Kurtz dan nou weet wat die leser nie weet nie en wat ek dan nou misgelees het. Daar was 'n amptelike uitleg (of dan ten minste een van 'n aantal) wat ek geleer het, om naelskraap te slaag. Ek dink nou vele jare later dat Conrad se taalgebruik sy onvermoë om hom behoorlik op Engels uit te druk, weerspieël en dat sy verhaling plek-plek verval in 'n vae gekarring sonder logika.
Miskien was Kurtz bloot ylend van sy siekte.
Dat Conrad nie eintlik geweet het wat hy met die narratief wil maak nie, word miskien ook gesuggereer deur die volgende aanhaling uit Lemmer se stuk:
'n Gedagte wat by my opkom is dat daar ook elemente van Stanley se twee reise in die Kongo is, wat hy beskryf in In Darkest Africa (1890) en Through the Dark Continent (1878).
Ontdekkingsreisigers in Afrika het so gou as wat hulle tuis was, eers 'n boek of twee geskryf wat deur die onkundige westerse barbare opgeslurp is.
Ten minste een van Stanley se boeke was reeds gepubliseer toe Conrad sy eie reis in die Kongo aangepak het.
Nie dat dit saak maak nie, maar Heart of Darkness (na my mening) was 'n tydsgebonde boek geskryf op die mantelflappe van andere - 'n berekende *bestseller* - en dis hoe dit daar vir my uitsien. 'n Dun storietjie, gevul met Afrika-detail om die onkundge lesers te laat swymel voor die leeus en olifante (by wyse van spreke). Toe die einde van die boek nader moes "horror" vinnig gevind word om die vaal reisbeskrywing darem 'n bietjie lyf te gee.
Ek sal dit nie weer lees nie!!
|
|
|
Post by cjm on Apr 30, 2019 17:51:16 GMT
Ook uit die Lemmer opstel:
|
|
|
Post by Trog on May 2, 2019 9:46:34 GMT
Ek kan sê dat ek dit gelees het (onder dwang) en dat ek weinig daarvan onthou. Algemene indrukke is al wat ek oorhet. Die een indruk was my verbasing dat so 'n rassistiese stuk soveel aanhang in die Engelse wêreld geniet. Die ander indruk (eintelik meer my huidige rekonstruksie van gevoelens toe) is dat die "horror" swak onderskraag en gemotiveer is deur die inhoud. Ek het my kop gekrap oor wat Kurtz dan nou weet wat die leser nie weet nie en wat ek dan nou misgelees het. Daar was 'n amptelike uitleg (of dan ten minste een van 'n aantal) wat ek geleer het, om naelskraap te slaag. Ek dink nou vele jare later dat Conrad se taalgebruik sy onvermoë om hom behoorlik op Engels uit te druk, weerspieël en dat sy verhaling plek-plek verval in 'n vae gekarring sonder logika. Miskien was Kurtz bloot ylend van sy siekte. Dat Conrad nie eintlik geweet het wat hy met die narratief wil maak nie, word miskien ook gesuggereer deur die volgende aanhaling uit Lemmer se stuk: 'n Gedagte wat by my opkom is dat daar ook elemente van Stanley se twee reise in die Kongo is, wat hy beskryf in In Darkest Africa (1890) en Through the Dark Continent (1878).
Ontdekkingsreisigers in Afrika het so gou as wat hulle tuis was, eers 'n boek of twee geskryf wat deur die onkundige westerse barbare opgeslurp is. Ten minste een van Stanley se boeke was reeds gepubliseer toe Conrad sy eie reis in die Kongo aangepak het. Nie dat dit saak maak nie, maar Heart of Darkness (na my mening) was 'n tydsgebonde boek geskryf op die mantelflappe van andere - 'n berekende *bestseller* - en dis hoe dit daar vir my uitsien. 'n Dun storietjie, gevul met Afrika-detail om die onkundge lesers te laat swymel voor die leeus en olifante (by wyse van spreke). Toe die einde van die boek nader moes "horror" vinnig gevind word om die vaal reisbeskrywing darem 'n bietjie lyf te gee. Ek sal dit nie weer lees nie!!
Miskien moet jy tog probeer om dit weer te lees. Ek het dit al verskeie kere ondervind dat goed wat ek in my jeug gelees en verwerp het as vlak en waardeloos, by die herlees daarvan, met (hopelik) 'n vermoedelik groter insig, 'n metamorfose ondergaan. Veral wanneer ek dit oorspronklik gelees het onder die leiding van onderwysers of dosente wat self moontlik geworstel het met ietwat beperkte vermoëns: Dit het my dekades geneem om ontlae te raak van my renons in Shakespeare se The Tempest, Bartho Smit se Moeder Hanna en Van Melle se Bart Nel. Ek het sopas weer Heart of Darkness gelees, en ek volhou daarmee dat dit een van die mees 'profound' stukke prosa is wat ek in Engels gelees het. Ek dink TS Elliot stem met my saam: The Hollow MenIn ieder geval, met kolonialisme en rassisme het die storie min te doen. Die milieu en tyd waarin dit plaasvind kon enige plek en enige tyd gewees het - Conrad het dit waarskynlik juis so probeer kies dat dit tyd en milieu ongebonde kan wees. Ek dink dit is een van daardie gevalle waar daar 'n (uiters oppervlakkige) interpretasie aan die boek toegeskryf was wat op daardie oomblik polities nuttig was, en dat (omtrent) niemand sedertdien daaraan gedink het dat daardie besondere interpretasie onnosel is nie. Die wêreld het nou maar net een maal aanvaar dat die tema van die verhaal te doen het met kolonialisme, en tot vandag toe nog is dit omtrent die eerste ding wat mense literêr daaromtrent te sê het. (M.i. het die werklike tema van die boek, soos in The Hollow Men, te doen met 'n fundamentele krisis in die Westerse lewensbeskouing. "The horror!" is 'n kreet van eksistensiele angs.) Mens kan dit moontlik as 'n reisbeskrywing beskou op dieselfde wyse as wat die Odýsseia of die Argonauts as reisbeskrywings beskou kan word.
|
|
|
Post by cjm on May 5, 2019 10:40:37 GMT
Ek kan sê dat ek dit gelees het (onder dwang) en dat ek weinig daarvan onthou. Algemene indrukke is al wat ek oorhet. Die een indruk was my verbasing dat so 'n rassistiese stuk soveel aanhang in die Engelse wêreld geniet. Die ander indruk (eintelik meer my huidige rekonstruksie van gevoelens toe) is dat die "horror" swak onderskraag en gemotiveer is deur die inhoud. Ek het my kop gekrap oor wat Kurtz dan nou weet wat die leser nie weet nie en wat ek dan nou misgelees het. Daar was 'n amptelike uitleg (of dan ten minste een van 'n aantal) wat ek geleer het, om naelskraap te slaag. Ek dink nou vele jare later dat Conrad se taalgebruik sy onvermoë om hom behoorlik op Engels uit te druk, weerspieël en dat sy verhaling plek-plek verval in 'n vae gekarring sonder logika. Miskien was Kurtz bloot ylend van sy siekte. Dat Conrad nie eintlik geweet het wat hy met die narratief wil maak nie, word miskien ook gesuggereer deur die volgende aanhaling uit Lemmer se stuk: 'n Gedagte wat by my opkom is dat daar ook elemente van Stanley se twee reise in die Kongo is, wat hy beskryf in In Darkest Africa (1890) en Through the Dark Continent (1878).
Ontdekkingsreisigers in Afrika het so gou as wat hulle tuis was, eers 'n boek of twee geskryf wat deur die onkundige westerse barbare opgeslurp is. Ten minste een van Stanley se boeke was reeds gepubliseer toe Conrad sy eie reis in die Kongo aangepak het. Nie dat dit saak maak nie, maar Heart of Darkness (na my mening) was 'n tydsgebonde boek geskryf op die mantelflappe van andere - 'n berekende *bestseller* - en dis hoe dit daar vir my uitsien. 'n Dun storietjie, gevul met Afrika-detail om die onkundge lesers te laat swymel voor die leeus en olifante (by wyse van spreke). Toe die einde van die boek nader moes "horror" vinnig gevind word om die vaal reisbeskrywing darem 'n bietjie lyf te gee. Ek sal dit nie weer lees nie!!
Miskien moet jy tog probeer om dit weer te lees. Ek het dit al verskeie kere ondervind dat goed wat ek in my jeug gelees en verwerp het as vlak en waardeloos, by die herlees daarvan, met (hopelik) 'n vermoedelik groter insig, 'n metamorfose ondergaan. Veral wanneer ek dit oorspronklik gelees het onder die leiding van onderwysers of dosente wat self moontlik geworstel het met ietwat beperkte vermoëns: Dit het my dekades geneem om ontlae te raak van my renons in Shakespeare se The Tempest, Bartho Smit se Moeder Hanna en Van Melle se Bart Nel. Ek het sopas weer Heart of Darkness gelees, en ek volhou daarmee dat dit een van die mees 'profound' stukke prosa is wat ek in Engels gelees het. Ek dink TS Elliot stem met my saam: The Hollow MenIn ieder geval, met kolonialisme en rassisme het die storie min te doen. Die milieu en tyd waarin dit plaasvind kon enige plek en enige tyd gewees het - Conrad het dit waarskynlik juis so probeer kies dat dit tyd en milieu ongebonde kan wees. Ek dink dit is een van daardie gevalle waar daar 'n (uiters oppervlakkige) interpretasie aan die boek toegeskryf was wat op daardie oomblik polities nuttig was, en dat (omtrent) niemand sedertdien daaraan gedink het dat daardie besondere interpretasie onnosel is nie. Die wêreld het nou maar net een maal aanvaar dat die tema van die verhaal te doen het met kolonialisme, en tot vandag toe nog is dit omtrent die eerste ding wat mense literêr daaromtrent te sê het. (M.i. het die werklike tema van die boek, soos in The Hollow Men, te doen met 'n fundamentele krisis in die Westerse lewensbeskouing. "The horror!" is 'n kreet van eksistensiele angs.) Mens kan dit moontlik as 'n reisbeskrywing beskou op dieselfde wyse as wat die Odýsseia of die Argonauts as reisbeskrywings beskou kan word. Nou-ja, ek het die boek uitgekrap. Nou om bewyse te kry dat dit niks ander as 'n eenvoudige verhaal van Afrika se inherente boosheid is nie
|
|
|
Post by Trog on May 6, 2019 17:57:35 GMT
|
|
|
Post by cjm on May 7, 2019 6:20:57 GMT
Nou-ja, ek het die boek uitgekrap. Nou om bewyse te kry dat dit niks ander as 'n eenvoudige verhaal van Afrika se inherente boosheid is nie Dankie. Ek gaan net eers klaarlees voor ek daarna kyk.
|
|
|
Post by cjm on May 8, 2019 17:07:22 GMT
Nou-ja, ek het die boek uitgekrap. Nou om bewyse te kry dat dit niks ander as 'n eenvoudige verhaal van Afrika se inherente boosheid is nie Goeie aardbodem. Daardie skakel is nie eintlik ligte leesstof nie. Dit sal my 'n leeftyd goeie ruk neem om iets sinsvol daaroor kwyt te raak. Om enigiets te sê is alreeds 'n risiko, want elke opmerking word bedreig deur 'n horde onverteerbare onverteerde bladsye. Die bronnelys is self 'n monster waarin Kant, Nietzsche, Die Bybel, Aristotle en hordes ander verskyn.
Nou dat ek my goed verskans het teen enige kritiek, kan ek 'n paar goed kwytraak.
1. Gegewe die aard van taal kan enige storie omtower word na 'n metafoor wat wye draai loop om die oorspronklike. Dus, ek gee toe dat daar filosofiese strome en aanwendings kan wees, wat op die oog af moeilik versoenbaar is met die teks self. So kan Rooikappie morele lesse inhou omtrent verleiding en goede trou. Ek sou egter verkies het, dat die relaas afskop met 'n oorweging van die teks self en daarna sy weg voel na die meer abstrakte eerder as andersom soos hier gebeur. Dit is egter nie noodlottig vir die Griek se studie nie.
2. As jy Afrika wegvat uit die storie is daar niks. Die hele verhaal draai om Afrika, sy agterlikheid en sy gruwels. Dit mag uitlegbaar wees as metafore en simbole, maar dit vorm 'n konkrete basis waarsonder daar niks in die storie is nie. 'n Mens kan seker in die antieke tyd voorbeelde vind wat dieselfde doel kan dien, maar nie in die moderne wêreld voor 1900 nie. Dit bring my sommer by die aanvang van Heart by die idee dat beskawing geskep word deur geweld en mag en ongedaan gemaak kan word deur primitiewe barbare:
3. Die ander sentrale gedagte wat vir my uitstaan is Kurtz se uitering van die woorde "the horror, the horror" ( 'n mens moet eintlik gaan sit en 'n lysie maak van al die gruwels wat voorkom). Na die gruwels van die 20ste eeu, moet ek egter sê dat ek dink Heart is 'n amateurspoging teenoor wat die latere geskiedenis inhou. In elk geval, die Griek aan die woord:
Ek stem saam dat die woorde ("horror, horror") dubbelsinnig is en voel dat daar veel van Conrad se geskryf is wat (doelbewus?) nie baie duidelik is nie. Persoonlik is ek van mening dat die onderliggende gedagtegang baie keer nie behoorlik uitgewerk is nie en dat die leser dan vae mymeringe moet opvreet vir groot gedagtes. Daar is baie literêre werk, na my beskeie mening, wat mank gaan aan soortgelyke
Om meer spesifiek na hierdie aanhaling toe te kom: Kurtz het geen groot begeerte gehad om gered te word nie. Hier kan 'n mens dink aan sy wegsluip (kruip) van die boot af en die opsteek van sy volgelinge om die boot aan te val. Of hy danig jammer is oor enigiets, twyfel ek. Dis meer 'n gewaarwording van die omvang van sy lewe se nalatenskap. Om die waarheid te sê het hy waarskynlik gedy op gruwels. Sy kranksinnigheid het moontlik hier net vir 'n oomblik gewyk. Van die wittes is dit net hy wat so verval het. Die ander leef tog onder soortgelyke toestande. Die "horror" word inderdaad gerelativiseer tot iets wat onder beskaafdes net onder uitsonderlike omstandighede te voorskyn kom.
Net om weer stil te staan by die gedagte dat Conrad floreer op dubbelsinnigheid, kan 'n mens die Griek se volgende uiteringe oorweeg:
Daar het jy dit: 'n Rondspringery tussen twee teenstrydighede wat dan nou seker insigte sal verleen. Hoe beter om Conrad se halfgebakte geradbraak se verduidelik?
Om eerlik te wees, ek dink nie dat hy te veel rondspring nie: Beskawing (Apollo) - soos dit dan in 1900 verstaan is, is die onbetwiste doelwit.
|
|
|
Post by cjm on May 15, 2019 18:31:29 GMT
Ek is seker nie in GROOT geselskap nie (definitief nie in die meerderheid nie), maar darem nie alleen nie!
bv
Êrens gesien
|
|
|
Post by cjm on May 17, 2019 6:29:52 GMT
Ongelooflike literatuur oor die boek.
|
|
|
Post by cjm on May 20, 2019 8:26:31 GMT
|
|
|
Post by cjm on Aug 12, 2019 11:33:21 GMT
|
|
|
Post by cjm on Dec 30, 2020 18:00:31 GMT
stamp
|
|