Gimnasium en Hoërskool Oudtshoorn het besluit om saam te staan in die hofgeding teen hulle en saam geld in te samel om die saak in die hof te beveg.
Dit volg nadat die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) ses skole, waarvan Gimmies en Struisies twee is, dagvaar op grond van hul godsdienstige beginsels.
DIE twee hoërskole van Oudtshoorn wat saam R100 000 moet insamel vir ’n Hooggeregshofsaak oor godsdiensonderrig by skole het dié teiken bereik na groot inbetalings by die skole self.