Christi vd Westhuizen soos altyd op dieselfde snaar.
Hoe ons ook al as mense probeer, die verlede is deel van die hede. In Suid-Afrika kan herinneringe aan die verlede nie anders as om gelade te wees nie. Herinneringe weerspieël dikwels die sosiale en politieke rasseverdeeldheid in die land. Is daar ander maniere van onthou waarmee brûe gebou kan word, en waarmee die eis van menswaardigheid van almal verwesenlik kan word?