|
Post by cjm on Nov 24, 2013 9:09:29 GMT
So gaan dit nou reeds jare aan.www.diehoorn.co.za/2013/11/22/anc-klou-steeds-vas-aan-mag/ANC klou steeds vas aan magDIE demokrasie het vanoggend nog ’n keer ’n bloedneus op Oudtshoorn gekry toe mosies van wantroue in die Groter Oudtshoorn se huidige burgemeester, onder-burgemeester en speaker (Gordon April, Vlancio Donson en John Stoffels) weer by ’n spesiale raadsvergadering deur Stoffels gesystap is. Stoffels wou nie die stemme van die DA-raadslede Pierre Nel en Ben van Wyk by die vergadering laat tel nie. Hy het met die hulp van mnr Hardy Mills as regsverteenwoordiger aangevoer dat hy gister ’n aansoek by die Kaapse Hoë Hof ingedien het om teen die onlangse uitspraak van regter Ashton Schippers te appelleer en dat Schippers se bevindinge daarom nie meer geld nie. (Schippers het bevind Stoffels het onwettig opgetree in vorige raadsvergaderings waar die mosies moes dien en ook deur die skorsing van Nel en Van Wyk.) Volgens Stoffels word die status quo van 20 September gehandhaaf ingevolge waarvan Nel en Van Wyk steeds geskors is! ’n Voorstel van die ANC dat die mosies nie moet dien nie, is deur die 12 lede van die ANC/Icosa/NPP gesteun terwyl die DA/Cope se 13 raadslede gestem het dat dit moet dien. Stoffels het egter nie Nel en Van Wyk se stemme in berekening gebring nie en gesê dat die vergadering verby is. Die DA/Cope het aangedui dat hulle die meerderheid raadslede het en voortgaan met die vergadering, ook in die lig daarvan dat hulle geen kennis dra van ’n aansoek tot verlof om te appelleer nie. Terwyl hulle eenkant vergader het en al drie mosies aanvaar het, het van die ANC-raadslede luid in die raadsaal gesing en gedans in ’n poging om die vergadering te ontwrig.
Wetstoepassers en die Polisie is intussen deur waarskynlik April ontbied om die Cope- en DA-raadslede, lede van die publiek en media uit die saal te verwyder. Raadslid Chris Macpherson wat in daardie stadium as voorsitter van die vergadering opgetree het, is met geweld deur twee wetstoepassers uit die raadsaal geneem. DA-raadslede het later die raadsaal verlaat nadat Polisiebeamptes hul gewaarsku het dat hulle nie hul veiligheid verder kan waarborg nie.
Die DA/Cope het reeds aangedui dat hulle hul weer tot die Hoë Hof gaan wend oor Stoffels se oprede. Die aansoek tot appél van Stoffels gaan ook teengestaan word.
|
|
|
Post by cjm on Nov 30, 2013 4:27:19 GMT
www.diehoorn.co.za/2013/11/28/en-toe-systap-speaker-stoffels-sowaar-weer-die-demokrasie/Mnr Chris Macpherson, DA-raadslid van Oudtshoorn, word hardhandig uit Oudtshoorn se munisipale raadsaal verwyder tydens Vrydag se spesiale raadsvergadering wat gehou is om mosies van wantroue in die burgemeester, onderburgemeester en speaker van Oudtshoorn voor die raad te laat dien.En toe systap speaker Stoffels sowaar weer die demokrasieDeur Liesel le Roux ONDANKS verskeie raadsvergaderings is die Groter Oudtshoorn se leiers steeds nie diegene wat deur die meeste inwoners verkies is nie. Die demokrasie het Vrydagoggend by ’n spesiale raadsvergadering op Oudtshoorn nog ’n keer ’n bloedneus gekry toe mosies van wantroue in die huidige burgemeester, onderburgemeester en speaker (mnre Gordon April, Vlancio Donson en John Stoffels) weer eens deur Stoffels gesystap is. Hy het dit die keer gedoen deur weer te weier om die stemme van die DA-raadslede Pierre Nel en Ben van Wyk by die vergadering in ag te neem. Die raadsvergadering – wat gekenmerk is deur onstuimige woordewisselings tussen raadslede – het as volg verloop: Net ná die aanvang van die vergadering het Stoffels die oë laat rek toe hy het met die hulp van sy regsverteenwoordiger, mnr Hardy Mills, bekend gemaak het dat hy ’n aansoek by die Kaapse Hoë Hof ingedien het vir verlof tot appèl teen die uitspraak van regter Ashton Schippers en dat die aansoek Schippers se uitspraak opskort. (Schippers het bevind Stoffels het onwettig, kwaadwillig en in eie belang opgetree by vorige vergaderings.) Die aansoek is Vrydagoggend eers ingedien. Volgens Stoffels en Mills het dit beteken die status quo van 20 September toe hy twee DA-raads-lede, mnre Pierre Nel en Ben van Wyk, geskors het, moes by Vrydag se raadsvergadering gehandhaaf word. Die DA-raadslede en die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, mnr Anton Bredell, het in daardie stadium geen kennisgewing van die aansoek ontvang nie. Trouens, teen middagete Vrydag het hulle steeds geen kennisgewing van so ’n aansoek vir verlof tot appèl ontvang nie. Ná ’n kort koukus van die ANC het Donson voorgestel dat die drie mosies van wantroue nie moet dien nie. Die voorstel is deur die 12 lede van die ANC/Icosa/NPP gesteun terwyl die DA/Cope se 13 raadslede daarteen gestem het en aangedui het dat die mosies moet dien. Stoffels het egter nie Nel en Van Wyk se stemme in berekening gebring nie en gesê dat die vergadering verby is. Die DA/Cope het hierop aangedui dat hulle die meerderheid raadslede het en voortgaan met die vergadering, ook in die lig daarvan dat hulle geen kennis dra van die aansoek tot verlof om te appelleer nie. Terwyl hulle eenkant vergader het en al drie mosies van wantroue aanvaar het, het van die ANC-raadslede luid in die raadsaal gesing en gedans in ’n poging om die vergadering te ontwrig. Wetstoepassers, sekuriteitspersoneel en polisiebeamptes is intussen ontbied om die Cope- en DA-raadslede, lede van die publiek en pers uit die raadsaal te verwyder. Raadslid Chris Macpherson wat in daardie stadium as voorsitter van die vergadering opgetree het, is hardhandig deur twee wetstoepassers uit die raadsaal geneem. Die DA-raadslede, Cope-raadslid, lede van die publiek en pers het later die raadsaal verlaat nadat hul gewaarsku is dat wetstoepassers nie langer hul veiligheid kan waarborg nie.
|
|
|
Post by cjm on Nov 30, 2013 19:54:07 GMT
|
|
|
Post by cjm on Nov 30, 2013 21:37:11 GMT
Hul opsies word nou ´n bietjie skraler maar dis duidelik dat alle hoop om hul in die land van melk en heuning te hou gebaseer is op ´n oorwinning in die volgende verkiesing. Hul klou vas aan hul poste (en inkomstes) tot dan. Ek verbeel my dat daar ´n meganisme was om ´n hofbevel in werking te stel nieteenstaande ´n hangende appèl. Dis wat hier ondersoek moet word want hulle teer op die belastingbetalers vir die betaling van regskoste. Mnr Mills sal onverwyld terugkeer na sy praktyk in Plettenbergbaai as daar nie meer geld is nie. Tot dan het hy ´n goudmyn ontdek.www.iol.co.za/news/politics/court-hands-victory-to-da-1.1614403#.UppX8d9b37oCourt hands victory to DANovember 29 2013 at 11:42am By Warda Meyer Cape Town - Local Government MEC Anton Bredell has emerged victorious in his department’s legal battle with the Oudtshoorn municipal Speaker, who is seen as the main stumbling block in the DA’s attempts to take control of the town’s council. At issue is a decision by the Speaker, John Stoffels, to bar two DA councillors from voting during a council meeting. The Western Cape High Court declared this decision illegal, prompting Stoffels to apply for leave to appeal. But, on Thursday, Judge Ashton Schippers refused his application. The council is run by an ANC-led coalition, but thanks to a successful by-election the DA has the balance of councillors. However, Stoffels has contrived to avoid a vote of no-confidence. Oudtshoorn’s legal drama appears to be far from over. Stoffels’s lawyer, Hardy Mills, on Thursday confirmed he had received instructions to proceed with a petition to the Supreme Court of Appeal.Two weeks ago, Judge Schippers dismissed Bredell’s request to exclude the Speaker from chairing a council meeting, which would have see the ANC lose power to the DA. But at the same time he also ruled that Stoffels’s actions when depriving two DA councillors of their voting rights were unlawful and in bad faith. In recent months, the DA has failed five times in a row in its bid to regain control of the embattled municipality, despite winning a crucial by-election in August that gave the DA/Cope alliance a voting majority. In a statement, Stoffels said the effect of his planned appeal to the Supreme Court would be to suspend Judge Schippers’s judgment “until the appeals process is exhausted, or until the court rules differently”. Oudtshoorn municipal manager Ron Lottering said last night the municipality would issue a statement later on Friday. Welcoming the judgment, Bredell said that by dismissing Stoffels’s leave for appeal the court had reinforced the principle that all Speakers should perform their responsibilities “impartially and in good faith or face the consequences”. Bredell said his office would monitor the situation in Oudtshoorn to ensure that democracy triumphed. And he urged the ANC to act against its councillors and demand that they respect the wishes of the town’s voters. “If the Speaker takes any further legal action we will have no option but to request security of cost, as the speaker already has three cost orders made against him by the high court,” Bredell warned. warda.meyer@inl.co.za Cape Argus
|
|
|
Post by cjm on Dec 1, 2013 5:05:32 GMT
Daar was reeds ´n aanslag op die lewe van ´n DA raadslid ook.
Die Hoorn van 28 November 2013, p3.
|
|
|
Post by cjm on Dec 1, 2013 9:52:14 GMT
Ek verbeel my dat daar ´n meganisme was om ´n hofbevel in werking te stel nieteenstaande ´n hangende appèl. Sover ek kan vasstel is dit steeds die posisie. ´n Aansoek om sekuriteit vir koste (soos gemeld deur Bredell) is ´n variasie van so ´n aansoek om ´n uitspraak (ten spyte van ´n appèl) onmiddelik bindend te verklaar. Die vraag is egter of die appelant se saak dan permanent benadeel word selfs indien hy later sou slaag op appèl. Indien die stemme van die twee DA-lede getel word, soos die DA aandring, en later bevind sou word dat die speaker binne sy regte was om hul stemme te verontagsaam, sal dit seker moeilik wees om die situasie volkome in trurat te sit. Aan die ander kant het die DA-alliansie die meerderheid en is dit belaglik dat die speaker hul meerderheid kan ongedaan maak op hierdie wyse. Hoekom die DA nie bloot die betrokke twee tydelik vervang nie, kan ek ook nie verstaan nie. Boonop lyk die appèl vir my 'frivolous or vexatious ' met die blote doel om tyd te wen. Dit speel ´n belangrike rol in sulke aansoeke. In die belang van effektiewe regering sou ek sê behoort die DA voluit te gaan om die uitspraak onmiddelik van krag te kry indien ´n verdere poging tot appèl die lig sou sien.
|
|
lahna
Junior Member
Posts: 68
|
Post by lahna on Dec 1, 2013 18:48:13 GMT
|
|
|
Post by cjm on Dec 1, 2013 20:13:25 GMT
.
|
|
|
Post by cjm on Dec 1, 2013 20:14:40 GMT
Hy is vreeslik heilig. Kort net vlerkies dan vlieg hy soos die Switsers. Ek verstom my oor sy c&p vermoëns. If you can point a finger, you can play a Laurie (organ). Skoenmaker jou by jou lees. Hy het oorspronklik teologie studeer en êrens die kluts kwyt geraak want van toe af is hy ´n ateïs (miskien toe hy (na bewering) met sy handjie in die koekietrommel gevind is). Hy bied selfs openbare debatte aan oor godsdiens en is groot vriende met die Afrikaner ateïs, George Claassen, van Die Burger vaam. Miskien moet die wat nog glo, vir hom bid.
|
|
lahna
Junior Member
Posts: 68
|
Post by lahna on Dec 2, 2013 21:12:18 GMT
... "Kort net vlerkies dan vlieg hy soos die Switsers." verduidelik asseblief.
Ek sien daar is nou baie skrywerlinge, afrikaans, links, liberal, wat op die oomblik druk besig is om vir hulle erfgenote 'n sagte kussing te vul met "Selfies" op papier!
|
|
|
Post by cjm on Dec 3, 2013 4:58:45 GMT
... "Kort net vlerkies dan vlieg hy soos die Switsers." verduidelik asseblief. Ek sien daar is nou baie skrywerlinge, afrikaans, links, liberal, wat op die oomblik druk besig is om vir hulle erfgenote 'n sagte kussing te vul met "Selfies" op papier!
|
|
|
Post by cjm on Dec 3, 2013 7:49:36 GMT
... "Kort net vlerkies dan vlieg hy soos die Switsers." verduidelik asseblief. Dit is maar net ´n grappige (hopelik!) verwysing na hierdie draad. :-*
|
|
lahna
Junior Member
Posts: 68
|
Post by lahna on Dec 3, 2013 11:05:35 GMT
|
|
|
Post by cjm on Dec 30, 2020 18:50:20 GMT
stamp
|
|