Post by cjm on Oct 21, 2014 7:46:19 GMT
Die mees onstellende aspek is die polisie se houding.
Sadistiese aanval op Afrikaner-egpaar in Noord-Kaap
Tydens ‘n sadistiese aanval op Windsorton in die Noord-Kaap is ‘n bejaarde egpaar in hul huis vasgebind en herhaaldelik met ‘n koevoet aangerand. Hennie en Beulah Nel is ongeveer 3:00 Saterdagoggend in hul huis deur drie misdadigers oorval, die vierde keer in 12 jaar.
Beulah Nel, 60, is intussen in die Mediclinic Kimberley opgeneem waar sy vir ernstige wonde aan haar kop en lyf behandel word. Haar regterlong is ook tydens die aanval beskadig. Daar heers kommer dat sy breinskade opgedoen het aangesien sy die heel tyd naar voel en voortdurend hoofpyn het. Sy sal vandag ‘n breindskandering ondergaan.
Op ‘n stadium tydens die aanval het mev. Nel voorgegee dat sy reeds dood is, ten einde die gekleurde huisrowers, wat Engels gepraat het, te flous. Mnr. Hennie Nel, 76, het net een been, wat moontlik veroorsaak het dat hy nie so erg verniel is nie, hoewel hy ook met die koevoet geslaan is.
Omdat sy deur die aanvallers vasgebind en gemuilband is, het mev. Nel gedink dat sy ook verkrag gaan word.
“Ek het heeltyd gebid dat ek nie verkrag word nie,” het sy gister aan die media gesê.
“Ek het gemaak of ek dood is, al het ek in ’n dun nagrok op die vloer gelê.”
“By tye voel ek pap, moeg en siek. Ander kere voel ek beter.”
Mnr. Hennie Nel vertel: “Die aanvallers het aangedring op die kluis se sleutels. Hulle is na ons kantoor waar hulle alles uitgedra en op die slaapkamervloer uitgegooi het. Hulle het Beulah se selfoon, kontant, wapens en waardevolle juwele gesteel. Hulle het my toe met ’n skroewedraaier gedreig om die klein kluis oop te maak. Ek kon nie die kode onthou nie. Genadiglik het hulle my nie gesteek nie. Die mans het van ‘boiling water’ gepraat. Hulle wou ons dalk martel. Hulle kon nie deur die veiligheidshekke kom om na die kombuis te gaan nie.”
Ná ‘n taamlike lang tyd het die aanvallers te voet ontvlug. Hulle het duur juweliersware, kontant, pistole en ‘n selfoon gebuit. Die egpaar het daarin geslaag om by die studeerkamer net langs die slaapkamer te kom waar hulle hulself bevry het. Mnr. Hennie Nel het sy plaasvoorman en kinders geskakel, wat op hul beurt die polisie en ambulans in kennis gestel het.
Maar die polisie was onwillig om hulle te help.
“Die plaaslike polisiemanne was nie baie lus om uit die voertuig te klim toe hulle daar aankom nie,” sê mnr. Hennie Nel. “Ek moes uit die huis fluit en skreeu voordat hulle reageer het. Iemand het toe die polisie in Kimberley gebel. Die Valke ondersoek nou die saak.”
...
praag.co.za/?p=27764