“Hoe verklaar ek die psige van die Afrikaners in die noordelike provinsies?” vra ʼn Kaapstadse joernalis aan my.
Daarna is sy baie snedig en beledigend oor hoe Afrikaners in die noordelike provinsies “agter” en “agterlik” is in hulle denke. Sy tel die Wes-Kaap en Noord-Kaap as suidelike provinsies.