Post by cjm on Feb 6, 2015 19:10:30 GMT
www.netwerk24.com/stemme/2015-02-05-chris-chameleon-n-aasvol-in-volstruisklere?vc=2d71a580c6a9c55b8962f52ad39d1fc4
Chris Chameleon oor KKNK: ’n aasvoël in volstruisklere
Deur Chris Chameleon Donderdag 05 Februarie 2015 10:25
Chris Chameleon
Daar is so baie eiertjies wat oral uit verskillende hoendertjies gelê word in verband met die Steve/KKNK-gedoente dat selfs die uwe kapokkie nie die versoeking kan weerstaan om ook ’n verrekte kloaak aan ’n ou weglê-volstruiseiertjie êrens op die werf te waag nie.
Laat ek dan sommer met die intrapslag my eie mening duidelik stel, waarna die geheilde leser welke vooroordele ook al, indien enige, na hartelus kan inspan om met belangstelling/weersin/geensins verder te lees: Ek vind die KKNK se optrede in hierdie aangeleentheid laakbaar – ’n enkele aksie waarin 21 jaar se diens aan die kunste met een skuif ongedaan gemaak word en die fees homself onthul as ’n parogiese kansel vir die verkondiging van selektiewe breinspoeling wat aan die streng voorwaardes van ’n voorgeskrewe denkstroom moet voldoen. Met ander woorde, ’n aasvoël in volstruisklere.
Het hulle maar destyds nie die ou verleë N-etjie in die aanvanklike dom-onskuldige oertitel geplaas nie, dan was daar ten minste ’n mate van eerlikheid in die benaming, want dit is juis uit die geledere van bewegings soos die KKK waar daar só omgegaan word met spraakvryheid. Liewe Jan Publiek, trek gerus maar jul wit puntlaphoedjies aan en gaan sit in die rytjies daar in Oudshoorn se sale en onderwerp julle aan die keurig saamgestelde programganda (’n nuwe woord, hoera!) wetende dat julle vir julselwers nie hoef te dink nie. Want julle denke sal vir julle mooitjies belig word in die neon van die McDonald’s-kultuur van ons verre bure daar in die Weste, wat met die ontwikkeling van politieke korrektheid die ongerieflike bestaan van vryheid van spraak toenemend lak met ’n verbysterende doeltreffendheid wat selfs vir Bakkies Botha groen van jaloesie sal maak. Doen nie eens moeite om gaatjies in die ou puntlaphoedjies te sny nie, want oë wat nie mag sien nie, is niks beter as oë wat nie kan sien nie.
Dieselfde reëls geld vir ons kunstenaars as vir alle ander burgers en die wette van die land word in dieselfde mate op ons afgedwing as alle ander mense. Ons mag snelheidsgrense nie oorskry nie, ons mag nie dwelms gebruik nie, ensovoorts. In die praktyk werk dit wel anders, waar politici in bloulig-konvooie snelheidsgrense met mag en mening oorskry en waar die burgemeester van Toronto se crack-gebruik sy politieke loopbaan kelder terwyl heroïen die kitaarspeler van die Rolling Stones se legendariese beeld versterk en volgens sommige tot beter solo’s lei. Kunstenaars het baie funksies, waarvan sommige nie slegs tot vermaak beperk is nie. Deur die eeue heen het kunstenaars by tye gedien as pasaangeërs vir uiteenlopende dissiplines soos die wetenskap, religie en politiek. Die hofnar is nie altyd daar om van gehou te word nie.
Ek merk in Suid-Afrika ’n neiging om selektief kunstenaars óf as kunstenaars óf as realiste te bestempel. Wanneer ’n kunstenaar hom uitlaat oor iets wat kwansuis nie “kuns” is nie, maar dit strook nie met voorkeure van diegene wat daaraan gehoor gee nie, word daar maklik in ’n skoenmaker-hou-jou-by-jou-leserige trant gesê: “Wat weet jy? Jy’s net ’n kunstenaar.” Ander kere sal die uitsprake van ’n kunstenaar oor iets wat niks met “die kunste” te make het nie, opgehemel word as ’n humanistiese tour de force of ’n diepe politieke insig. In die lig daarvan en ter wille van konsekwentheid is die nuttigste uitweg om ’n kunstenaar se hele lewe as ’n kunswerk te sien. Post mortem is die neiging reeds dikwels om dit wel só te doen. Dan word daar sugtend met medelye en met begrip verwys na Ingrid Jonker se eensame dood of na die gefolterde Van Gogh se af oor as deel van die kunstenaar se geheel.
“ Laat Steve Hofmeyr dan sy naam vergat deur maar vir vyf mense te speel, eerder as dat ’n instelling hom sodanig verlaag om ’n kunstenaar die stilswye op te lê. ”
Dan word dit eensklaps duidelik dat hierdie gebeurtenisse deel gevorm het van die geheel van die kunstenaar. Dan word die skynbaar onverwante lewensdetail soms verhef tot ’n status wat dikwels selfs die werk van die kunstenaar oorskadu en kan ’n mens jou nie voorstel hoe hul kuns enigsins sou kon bestaan sonder daardie lewensdetail nie. Beskou die kunstenaar dus in sy geheel as kuns. Jy hoef nie daarvan te hou nie, jy hoef nie te dink dit is goed nie, jy mag dit maar met ’n knippie sout neem (soos, kennelik, ook hierdie skrywe) en self besluit wat jy daaruit wil neem. Dit is bloot die produk van sy uiting en hy het hom daartoe verbind om die uiting van sy gevoelens en denke sy lewensdoelwit te maak. Jy hoef byvoorbeeld nie Steve se uitsprake langs jou Keith Richards-solo en die met-formalien-gevulde botteltjie met Van Gogh se oor daarin in jou vertoonkas uit te stal nie.
Maar gun ’n ander dit. Want dit gaan om vryheid van uitdrukking, ’n kunstenaarsimperatief. Laat dit die publiek se keuses bly, byvoorbeeld laat dit die loket wees wat bepaal of daar ’n platform vir ’n kunstenaar is, in plaas van geïnstitusionaliseerde bepalings. Laat Steve Hofmeyr dan sy naam vergat deur maar vir vyf mense te speel, eerder as dat ’n instelling hom sodanig verlaag om ’n kunstenaar die stilswye op te lê. Of, indien sy werk, soos in die geval van myne, nie goed genoeg geag word om vir die fees gekeur te word nie, laat dít dan die rede wees – dit is ’n goeie rede.
Daar was ’n tyd toe die KKNK bereid was om met dapperheid en in weerwil van welke oortuigings ook al voort te donder. Met die uitvoering van Breytenbach se “Boklied” in 1998 kon, en het, die penisse en vere menige feesganger dwars in die krop gesteek en die diskoers van die tyd het die volk verdeel. Ten spyte van die “fok God” wat ’n Fokofpolisiekar-lid op ’n beursie geskryf het, het die KKNK in 2006 nie besluit om hierdie jong musikante wat die land verdeel tussen Christene en wat ook al die teenoorgestelde daarvan is, die fees te ontsê nie. Moet ek hieruit aflei dat wat dit ook al presies is wat Steve gesê of gedoen het (wat doen betref, ons weet dat hy in die verlede ná ’n potjie of twee se owerspel nietemin goedgekeur is, dus het die KKNK duidelik nie ’n kuiken dood aan owerspel nie) dit wel erger was as ’n goeie dosis “fok God”? Of dalk sou ’n stewige “fok Allah” voldoende gewees het om vir uitsluiting te kwalifiseer. ’n Mens kan maar net bespiegel in welke mate die volstruis eintlik ’n “chicken” is.
’n Mens moet bespiegel, want die KKNK se spelreëls is nie aldag duidelik nie. Dalk sal die formulering van laasgenoemde kan dien as ’n handleiding vir aspirant-kunstenaars om met sekerheid vas te stel welke muilband hul deelname aan die fees sal verseker. Verstaan my asseblief reg: Ek verdedig hiermee nie Steve se uitsprake nie, dit is ’n volkome ander gesprek as dié waarvoor ek my hier beskikbaar stel. Maar ek verdedig ten sterkste en onomwonde sy volle reg tot sy uitsprake, asook dié van diegene wat dit nie met hom eens is nie. Ek het ook my perke, en hulle bestaan by die aanhitsing van geweld en die verkondiging van die moord van mense. Die KKNK het in ’n onvolwasse poging om sy morele verhewenheid te toon tot die laagste laag denkbaar in die kunste gedaal en myns insiens presies die teenoorgestelde reggekry.
Maar laat ek as kunstenaar my by my lees hou: Hier is ’n idee vir ’n liedjie, in C-majeur:
Ek sien daar ’n volstruis
sy oë voor in sy kop
maar daai volstruis kan my nie sien nie
sy kop is in ’n gat gestop pop pop pop pop pop pop.