Post by cjm on Feb 28, 2015 5:52:38 GMT
Oor Lothrop Stoddard se boek: The rising tide of color
‘n Scenario is ‘n voorstelling van vorige of toekomstige gebeure. Verbeelding en fiksie kan ‘n groot rol speel. ‘n Speurder kan bv verskillende scenario’s oorweeg wanneer hy probeer vasstel watter gebeure ‘n moord voorafgegaan het. ‘n Gewilde soort scenario probeer bepaal wat in die toekoms gaan gebeur. Ons weet in meerdere of mindere mate wat voorheen gebeur het. Sommige gebeure kan vorentoe herhaal word, maar dit is moeilik om te voorspel watter dit gaan wees en nog moeiliker om te antisipeer watter nuwe situasies kan opduik. Hoe breër die onderwerp van ‘n toekomsscenario en hoe langer en verder die toekoms in die tydperk, hoe moeiliker is dit om korrek te voorspel. Dit is ‘n riskante speletjie omdat dit vroeër of later sal blyk in hoeverre die voorspellings in die kol was.
Ek verwys na twee geskiedkundiges wat hulle aan hierdie spel gewaag het. Arthur Keppel-Jones (1909-1996) het in 1947 die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis vyf of ses dekades die toekoms in voorspel en klaaglik misluk, onder meer weens sy vooroordeel jeens Afrikaners (Praag 16.03.2014). Lothrop Stoddard (1883-1950) het in 1920 die hele wêreldbevolking in sy scenario betrek en in baie opsigte uitnemend in sy voorspellings geslaag. Ek verwys na sy boek, The rising tide of color against white world-supremacy (New York: Charles Scribner’s Sons, 1920, 163p; Amazon Kindle $0). Anders as wat die boektitel in die terminologie van daardie tyd te kenne gee, het dit vir Stoddard nie soseer om blanke meerderwaardigheid gegaan nie, maar veeleerder om blanke selfbehoud. Hou asseblief deurgaans in gedagte dat die teks wat ek hier aanbied bykans ‘n eeu oud is. Byvoorbeeld, die outeur beklemtoon ras/etnisiteit, terwyl die neiging deesdae is om liewer kulturele eiesoortigheid/anderheid te benadruk en daarmee die maklike/gewilde beskuldiging van “rassisme” te probeer voorkom.
...
Lees verder