Post by cjm on Apr 25, 2015 5:13:56 GMT
Sien die prentjies HIER
Reuseprojek ‘n totale misoes
Vir die opkomende boere van die Nkomazi Plaaslike Munisipaliteit (NKPM) sou die Masibuyele Emasimi Projek van president mnr. Jacob Zuma, ‘n ongekende era van voorspoed en vooruitgang inlui.
April 7, 2015
MALALANE – Dié projek van R500 miljoen wat “terug na die lande” beteken, is met groot fanfare deur die premier van Mpumalanga, mnr. David Mabuza bekendgestel. Dié provinsie sou as vlagskipprojek vir die res van die land dien en die ander nege provinsies se bedryf van die projek sou op die sukses van Mpumalanga geskoei word.
Honderde trekkers met lugreëling en dakkies is aangekoop. Bykans 160 het hul pad na verskeie depots in Mpumalanga gevind. Zuma het bo en behalwe hulle ook nog 80 Sjinese trekkers geskenk. Chinese Foton-, Case-, New Holland- en Landini-trekkers is aanvanklik aangekoop en aan verskeie gebiede waar opkomende boere van een tot 20 hektaar grond voorsien is, toegesê. Twee-en-dertig is na die JS Moroka-distrik in KwaMhlanga gestuur, terwyl nagenoeg 57 aan die kleinboere van NMLM gelewer is. Later is meer trekkers aangekskaf waarvan Bosbokrand se New Forest 12 ontvang het. Thaba Chweu by Graskop, Elukwatini, Mbombela en Barberton se trekkers het ook hul pad na dié gebiede gevind. Bestuurders is vir elkeen van hulle aangestel en in die toekoms sou hulle gratis vir die kleinboere hul lande ploeg.
Behalwe dat sommiges gesteel is, was die Sjinese trekkers te lig in die broek vir boerdery in Afrika en is ultramodern, sterker trekkers met lugreëling aangekoop en sou die Fotons en generiese Landini’s op tender uitgesit word om van die verlore kapitaal te herwin. Maar volgens ingeligte bronne het die proses in die stof gebyt omdat niemand dit wou inisieer en dryf nie.
Die volgende probleem wat kop uitgesteek het, was die provinsiale besluit om self die projek te bestuur sonder enige insette op voetsoolvlak. Intussen het die splinternuwe trekkers in wind en weer by die verskillende punte gestaan en sommiges is aan die verskaffers teruggestuur omdat die jaarwaarborge sou verval en die besluite omtrent die ontplooiing daarvan nie betyds geneem sou wees nie. Boere was ook nie bewus daarvan dat hulle moes registreer om van die trekkers en implemente te kon gebruik nie en die rompslomp hieromtrent het verdere vertraging veroorsaak.
Uiteindelik is die besluit toe geneem dat minikooperatiewe groepe vanuit die gemeenskap self die onderskeie projekte sou bedryf. Omdat niemand die kennis gehad het van boerdery en nog minder om die projekte ekonomies vatbaar te bedryf nie, het dié plan ook die stof gebyt. Saad waarvoor gewag is, is te laat ontvang en geen oeste is gemaak nie. Volgens ‘n boer van die Malalane-distrik, sou die implementering daarvan oneindige harde werk verg en niemand het blykbaar daarvoor kans gesien nie. Die persone wat aangestel is om die dokumentasie af te handel en die kleinboere aangaande die projek in te lig, is nie ooortyd betaal nie en was so onder burokratiese dokumentasie toegegooi, dat slegs kantoorure gegeld het, waartydens daar net aan eindelose vorms wat ingevul moes word, aandag gegee kon word.
Die regering het intussen ‘n tender vir die vlootbestuur van die trekkers aan ‘n “joint venture” van Laeveld Trekkers en Sizwa Ngendaba, toegeken. Die boere met hul kennis van die bedryf in die onderskeie areas en opgeleide vakmanne wat na die trekkers begin omsien het, het ook die kleinboere begin help om hul lande te bewerk, maar die problem op regerings- en provinsiale vlak en die onvermoë om die beloofde hulp te verskaf, het gou tot verdere krake in die projek gelei. Die vlootbestuurders het hul eie gereedskap gebruik en met die kennis tot hul beskikking, ‘n hupstoot aan die projek gegee.
Die gemeenskap het egter oor die toestaan van die tender begin mor en waar die vlootbestuurders per uur, volgens die oorspronklike kontrakte vergoed is, het die regering besluit dit is te duur en dat dit met die opvolgkontrak tot betaling per hektaar wat geploeg is, verander.
Tot dusver skuld die regering nagenoeg R4 miljoen aan die maatskappy wat trekkers by die Mzinti Opleidingssentrum op die Tonga Pad, onderhou het. Die tendermaatskappy was genoodsaak om sy dienste as gevolg van wanbetaling in te kort. Mnr. Jan Gey van Ermelo het toe ‘n verdere regeringskontrak ontvang om ook vlootbestuur toe te pas en volgens inligting, skuld die regering hom vandag R38 miljoen.
Vandag staan die trekkers op bogenoemde afsetpunte sonder wiele, die implemente is verroes en sommige so oorgroei met vuilgoed dat slegs enkeles daarvan, na verdere onderhoud, bruikbaar sal wees. Die drywers sé daar is geen “tools” nie en geen “spanners” om eers ‘n wiel te vervang nie.
Die hartseerste van dié projek wat soveel monntlikhede aan die voorheen benadeelde bemeenskappe sou bied, is dat as gevolg van die mislukking hiervan, verskeie ander reuseprojekte, ook van die baan is.
‘n Multimiljoen rand hoendervleisverskaffingsprojek op Phiva, naby Tonga, het nooit die lig gesien nie en die Red Meat Abattoir-projek met die duurste en mees gevorderde toerusting waarmee dit toegerus is, is ‘n wit olifant want niemand het, na verneem word, die nodige kennis om dit te bedryf nie. Verskeie graanmeule en silos wat gebou is om die kleinboere se produkte te ontvang, staan leeg. Twee van hierdie is in die omgewing van Malalane. Dié by Mbuzini en Mazibigela staan sedert oprigting ongebruik en terwyl die kleinboere van die distrik volhou dit behoort aan hulle, wil die Departement van Landbou dit glo terughê.
Uiteindelik sou ‘n reusevrugte- en groentemark in Nelspruit opgerig word om al die produkte wat met die Masibuyele Emasimi Projek verbou sou word, nasionaal te versprei en internasionaal uit te voer. ‘n Broodnodige skoolvoedingsskema vir die arm gemeenskappe is ook nou van die baan. Van die boere in die omgewing, het aan Corridor Gazette gese hulle is steeds bereid om met die regering hande te vat en het verskeie oplossings vir die verskillende probleme. Hulle glo steeds dat die projek ‘n reusesukses kan wees met kundige persone aan die stuur.
Intussen sit die trekkerdrywers reeds twee jaar sonder werk en terwyl hulle elke dag na die depots gaan en in groepies onder die bome sit, ontvang hulle steeds ‘n maandelikse salaris sonder dat ‘n hektaar, gedurende die afgelope 24 maande, geploeg is. Talle swart vakmanne het egter hul werk verloor toe die vlootbestuurders moes oppak.
En vir die gemeenskappe gaan die “struggle” voort, 20 jaar nadat die nasionale regering tot stand gekom het.