Post by cjm on Aug 27, 2015 5:21:44 GMT
Terwyl ons mense destyds op die grens uitgemoor is, het Willie in England sit en whisky suip met die terroriste onder toejuiging van sy ANC-vrou.
Nou is al wat hy kan sê, die Bybelse: 'Moenie bang wees nie'

Willie Esterhuyse: Eindstryd, Tafelberg (2012).
298
TERUG IN SUID-AFRIKA: GESPREK MóÉT VOORTGAAN
...
FW de Klerk moet baie winde wat sterk van voor af waai, trotseer. Ek
kry ’n oproep van een van my NI-kontakte: “Prof, ek het slegte nuus vir
jou. Jou mentor, prof Gerrit Viljoen, het onder die druk geswig en moet
as minister van grondwetlike sake en hoofonderhandelaar uittree.Wat gaan
ons doen?"
Ek is totaal en al verslae. Die ANC, en veral Thabo Mbeki, het vir Viljoen
die hoogste respek gehad. Die vertroue in sy intellektuele vermoëns en
integriteit was hoogstaande. Hy het ook baie hard gewerk en alle doku-
mentasie bestudeer. De Klerk verloor ook ander kabinetslede: Barend du
Plessis (finansies); Stoffel van der Merwe (inligting) wat plotseling uit die
politiek uittree. Adriaan Vlok (wet en orde), is al in 1991 gedemoveer. So
ook Magnus Malan (verdediging). Vlok, en dit moet hom ter ere gegee
word, het in 1994, toe De Klerk nog president was, aangedui dat hy vir
amnestie aansoek gaan doen.Toe kom, kort voor die verkiesing, Inkatha-
gate: Openbaarmaking van die staat se steun aan Inkatha om die ANC se
opmars te probeer stuit.Thabo Mbeki merk teenoor my op:“Ek het jou
mos gesê.”
Die nuus oor Inkathagate was vir my een van my mees ontstellende er-
varings sedert my betrokkenheid by die tweedespoor-gesprekke vanaf 1987.
[Hierdie storie word hier skeefgetrek]. Mbeki, wat nie leedvermakerig was
nie, was deeglik bewus van wat ek graag die “histories en godsdienstig
geïnkarneerde eerbaarheid” van Afrikaners, ondanks apartheid, genoem
het. My ANC-kontakte het my houding hieroor gerespekteer en altyd na
Beyers Naudé as 'n voorbeeld verwys. Ek het verraai gevoel, ’n slagoffer
van ’n naïewe persepsie oor Afrikanerleiers en -politici. Dis ook toe dat
ek iets aanvaar het wat omstrede kan klink: De Klerk en sy regering se
posisie aan die onderhandelingstafel is deur die so genaamde
“onkonvensionele” optredes van sy veiligheidsmagte en -dienste
299
ondermyn.Toe dié optredes rugbaar word, en selfs Magnus Malan ver—
skuif moes word, is die veiligheidsapparaat van die staat effektief uit die
skikkingsproses uitgehaal. De Klerk was militêr ontman en sonder beding-
ingsvermoë.
Ek was persoonlik nóg informeel nóg formeel by die onderhandelings-
proses betrokke wat op 1 April 1993 in alle erns hervat is. Roelf Meyer word
die deurslaggewende persoon in die proses wat ontvou. Hy is, sê iemand
van die NI,“bekeer” van alle idees oor groepsregte en groepsbeskerming.
Die pad wat geloop moet word, is meerderheidsregering in ’n eenheidstaat
met ’n grondwet wat individuele, kulturele en ander regte beskerm. “Dis
die grondwet wat tel,” sê Mbeki ook aan my. Ek het toe al lankal wegge-
stap van die NP se idee van groepsregte en minderheidsvetoš. Ek het ander
vrae gehad: “Hoe kan ons 'n nie-rassige politieke kultuur skep wat die te
onderhandelde grondwet respekteer? Sal die instellings wat die grondwet
moet bewaak, sterk en onafhanklik genoeg wees? Sal die burgerlike same-
lewing en wit mense hierin 'n rol kan speel? Is die droom van nie-rassigheid
haalbaar? Dis tog waaroor volhoubare vrede en versoening in ons land ver-
al sal gaan?”
In hoeverre die NP en die regering se onderhandelingspan opgewasse vir
hulle taak was, is van die vrae wat vandag in Afrikanerkringe gevra word.
Daar is selfs mense wat die ongelooflike bewering maak:
Die regses was reg.
Hoe die regses in Afrikanerkringe dit anders en beter sou gedoen het, word
nie gesê nie. Dat die ANC-regering intussen op belangrike punte gefaal het,
bewys nie die regse Afrikaner-standpunt “reg” nie. Baie mense se vrese is
wel bewaarheid. De Klerk loop in die verband op bepaalde punte ook on-
regverdig deur. Hy het Nelson Mandela en sy span inderdaad onderskat.
Sy en ander lede van sy span se fokus op die proses was ook nie altyd na
wense nie. En Roelf Meyer se storie agterna dat De Klerk reeds in De—
sember 1989 vir hom sou gesê het: “Ons is die likwidateurs van hierdie
firma”, was nie - soos Meyer beweer - ’n groen lig vir swart meerderheids-
regering nie. Dis nie wat De Klerk wou hê nie. Dis eerder ’n stryd wat hy
verloor het. Die vraag is: Kón De Klerk dié stryd gewen het? Waarmee en
met wie?