|
Post by cjm on Oct 10, 2015 17:17:47 GMT
krisisberaad.co.za/Die Solidariteit Beweging het op 5 Mei 2015 sy lede na ’n Krisisberaad opgeroep. Die doel van die beraad was om te besin oor die groeiende krisis in die land en hoe die uitwerking daarvan op ons lede en ons gemeenskap hanteer moet word.
Die beraad het die toenemende tekens dat die agteruitgang in die land besig is om momentum te kry onder die soeklig geplaas en verskeie mosies aanvaar om oplossings te soek om die Afrikaner-gemeenskap daarteen te beskerm. Die tema van die beraad was: Ons is hier om te bly!
Ons roep ons lede nou op na ʼn opvolgberaad, naamlik die Toekomsberaad.
”Neem die goeie uit die verlede en bou daarop voort!”
Hierdie woorde van oud-president Paul Kruger sal steeds op 10 Oktober 2015, 190 jaar ná sy geboortedag, in Afrikaners wat net hier in Suid-Afrika wil bly en bou se harte eggo.
Daarom het die Solidariteit Beweging besluit om op dié historiese dag ʼn opvolgberaad te hou waar die taakspan en werkskomitees van die Solidariteit Beweging Krisisberaad terugvoer sal gee oor hul aksieplanne om die mosies wat tydens dié beraad aanvaar is, uit te voer.
Dié opvolgberaad sal as die Solidariteit Beweging Toekomsberaad – Helpmekaar 2020 bekend staan en die uitkoms van die komitees se werk sal uiteindelik in ʼn vyfjaartoekomsplan tot 2020 vir die Afrikaner vervat word.
Die beraad
Waar gaan die geld vandaan kom?
|
|
|
Post by cjm on Oct 14, 2015 7:46:32 GMT
|
|