|
Post by cjm on Oct 21, 2015 14:43:09 GMT
Kyk ek verkeerd op die foto's? :read:
|
|
|
Post by cjm on Oct 24, 2015 5:14:10 GMT
Pres Zuma se besluit om nie klasgelde te verhoog nie (besluit hy oor sulke dinge?), is waarskynlik een van die bestes van sy regime. Dit is egter deel van die instinktiewe Stalinistiese denkraamwerk waar jy toeslaan op sagte teikens en hardloop wanneer jy jou moses teekom. Moet ook nie uit die oog verloor dat die kern-oorsaak van die probleem (die swak ekonomie) voor die regering se deur tuishoort nie. Die besluit ruk vir 'n wyle die mat onder die intellekuele room (of is dit vrot melk) van ons universiteite uit. Gegewe die vernietingsdrang van die barbare is dit egter seker dat daar kort voor lank 'n nuwe kwessie opgediep sal word. Dit is interessant dat dit die room 'n wyle geneem het om die ware boosdoeners in die kwessie te identifiseer en dat hulle aanvanklik hul eie base aan die hakskeen beetgehad het, voor hulle in die rigting van die regering gewys is.
'n Mens kan seker hoop dat die besparings wat deur die besluit genoodsaak word, 'n verlaging in die vergoeding van dosente insluit veral die soos prof De Vos (wat al gespog het met sy groot salaris) en die visie-rektor van UCT wat luidkeels die aanslag toejuig - ongeag die demokratiese reg van diegene wat probeer leer vir eksamens en die verwoesting van die belastingbetaler se bates. Ongelukkig sal aanhitsers soos Max du Preez en die media nie direk daardeur geraak word nie en sal hul inkomstes waarskylik positief beïnvloed word.
Die uwe vermoed dat die tekort in inkomste ook aangevul sal word met 'n nuwe aanslag op die belastingbasis - veral die rykes soos die melkboere wat R2/liter en die wynboere wat R3/liter kry.
|
|
|
Post by cjm on Oct 28, 2015 7:07:50 GMT
|
|