Post by Trog on Oct 18, 2013 8:26:56 GMT
Ek het gedink dit is miskien 'n idee om te probeer om sommige hoë profiel kommentators oor die Afrikaner kondisie te kry om hier in 'n forum formaat met mekaar te sinergeer. Want daar is nie regtig so iets elders nie. Die ander platforms (Praag, Maroela, leser kommentare op Blogs en nuuswerwe) is almal meer gerig op spesifieke en verbygaande onderwerpe.
Maar toe dag ek: Dit sal waarskynlik nie werk nie – mense sal net meer die moer in raak vir mekaar as minder. 'Tout comprendre, c'est tout pardonner' dink ek is net van betrekking op mense wat in totaal verskillende wêrelde woon. Nie op mense wat dieselfde wêreld met mekaar moet deel nie; vir sulkes bring groter begrip net groter aanstootlikheid.
Ek reken dit is omdat die begrip ‘Afrikaner’ so 'n wye een is. En dit is waarskynlik te wydte aan die groot verskeidenheid van agtergronde, beide nasionaal en ten opsigte van lewensbeskouing, waaruit die Afrikaner ontstaan het. Hollands, Duits, Frans, Engels, Skandinawies, Portugees, Spaans, Italiaans en selfs die toevallige Rus, Griek en Jood. Vanaf Calvinis tot anargis, intellektueel tot arbeider, liberaal tot outoritêr. Die Afrikaner het waarskynlik die mees diverse oorsprong van enige groep in die wêreld wat aanspraak maak op 'n gemeenskaplike identiteit.
Nie dat ek ontken dat daar so iets bestaan as 'n Afrikaner nie. Die blanke Engelssprekende deel van ons bevolking (en elders) het soms die geneigdheid om die uitdaging uit te gooi: Wat bedoel jy nou eintlik met ‘Afrikaner’? - met die implikasie dat daar niks is wat die term kan identifiseer nie, dat alles wat Afrikaans is geleen is van ander en dat ek inderdaad nie eers die reg het om my 'n Afrikaner te noem as onderskeidend van enigiemand anders nie. En dit is 'n moeilike en miskien selfs onmoontlike vraag om te beantwoord. Maar presies dieselfde geld vir enige ander kultureel etniese groepering. Mens kan netsowel vra: Wat bedoel jy nou eintlik met ‘Engels’, ‘Frans’, ‘Duits’, ‘Hollands’? En dit is net so moeilik om dáárdie vraag te beantwoord, indien nie meer so nie.
Ek is dus nie bekommerd oor die gegrondheid van die term ‘Afrikaner’ en dat ek myself as een beskou nie. Dit is maar net een van daardie dinge wat mens wéét sonder om dit werklik goed te kan omskryf.
In elk geval, of ons nou bestaan of nie, wil dit vir my voorkom asof een van ons meer duursame eienskappe is dat ons níe te veel met mekaar moet praat nie, dat ons mekaar níe te goed moet ken nie, dat ons mekaar kan ruimte gee om te lewe en te praat en te dink sonder om op mekaar se hakskene te trap - en dat ons ons samewerking en interaksie beperk tot slegs daardie eksterne faktore wat 'n bedreiging inhou vir wie ons is.