|
Post by Trog on Apr 2, 2016 10:45:22 GMT
Maroela MediaIets wat ek vinnig afgerammel het vir iemand wat wil inskryf. Ek het nie die moed om dit onder my eie naam te plaas nie. Wat sy daarmee gaan doen weet ek nie - ek sien sy het dit op Facebook vir iemand anders aangestuur om te verbeter. Sy is daardie soort mens. Ek plak dit darem hier vir die rekord. Tussen ons:
Ek ken jou nie. In boeke en op die internet sien ek prentjies: Windmeule en snaakse huisies Mooi blomme in rye soos paradegrond soldate en kanale. Water. So baie water! Hier by ons is water skaars. Die son is skerp, die lug is blou. Ek dink jy ken dit nie. Eens was ons heel intiem. Lank gelede. ‘n Ander wêreld. Maar daar was oorloë en politiek. Toe dryf ons uitmekaar. Oor die radio hoor ek 'n liedjie: 'n Woord val op my oor wat ek dink ek verstaan. Maar miskien beteken dit iets heeltemal anders. Tog ervaar ek 'n bekendheid 'n soort familie ooreenkoms (Hy het sy ma se oë - iets dergeliks) Maar net so tussen ons, na al die jare moet ek onteenseglik sê: Ek ken jou nie.
|
|
|
Post by cjm on Apr 2, 2016 11:02:03 GMT
Baie oorspronklik.
|
|