Post by cjm on Apr 26, 2016 17:32:33 GMT
landbou.com/nuus/droogtehulp-fokus-net-op-swart-boere/
‘Droogtehulp fokus net op swart boere’
Deur Joylene van Wyk
26 April 2016
Sienings oor die begroting van die Departement van Landbou wat in die Parlement ter tafel gelê is.
Die landbou moet ’n groter prioriteitsaak vir die Regering word. Hieroor het opposisiepartye en waarnemers saamgestem by die onlangse begrotingsdebat van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye wat in die Nasionale Vergadering plaasgevind het.
Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou: “Die begrotingstoespraak was ’n duidelike teken dat boere nie belangrik vir die ANC-Regering is nie. En as boere nie belangrik is nie, dan is voedselsekuriteit ook nie belangrik nie. Dit is duidelik dat die landbou nie van belang is nie want beide die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se begrotings is vir die tweede agtereenvolgende jaar besnoei. Die land sal die skok van hierdie dwase besluit vir jare moet dra.”
Mnr. Russel Cebekhulu, die IVP-LP belas met landbousake: “Gewasboerdery het heelwat nuwe toetreders op alle vlakke, bestaans-, opkomende- en kommersiële boere gesien. Die departement hanteer egter hierdie klasse verskillend wanneer dit kom by die bied van tegniese en ander ondersteuning. Dié soort ongelykheid het ’n negatiewe impak op voedselsekuriteit en moet aangespreek word. Kleinskaalse boere sukkel om hulle plase te bewerk, want daar is baie finansiële versperrings. Die tekort aan voorligtingsbeamptes, vaardige tegniese dienste en ondersteuning aan boere lei ook daartoe dat werkbare grond onproduktief word.”
Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus: “Ek sukkel nog om presies vas te stel watter droogtehulp uit die departement gekom het en aan wie die hulp gegee is. As dit slegs aan opkomende en bestaansboere gegee is, maak dit van die departement ʼn rassistiese departement. Wat ek verder wil voorspel is dat hierdie minimale hulp aan swart boere nie hulle probleme gaan oplos nie. Ek wil verder voorspel dat die gebrek aan hulp aan kommersiële boere, ingrypende gevolge in plattelandse gebiede gaan hê.”
Ander gesaghebbendes in die landbousektor het ook die jaarlikse begrotingsdebat van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery in die Parlement bygewoon. Landbouweekblad het hulle indrukke oor die begrotingsdebat gekry.
Dr. Pieter Prinsloo, ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO): “Ons plaas nou maar ons hoop om hulp vir die sektor op die tussentydse begroting wat in Oktober deur die Minister van Finansies, mnr. Pravin Gordhan aangekondig word, maar is bevrees dat die hulp te laat sal wees aangesien ons die winter reeds tekorte aan ruvoer gaan beleef. ’n Verdere teleurstelling is die voortgesette politiese aanvalle op opposisie partye gedurende die debat wat myns insiens onvanpas is vir ’n debat wat vir ons almal so belangrik is. Die uitgebreide hulp aan kleinskaal boere is niks anders as armoede verligting nie en gaan niks wesenlik bydra tot voedsel sekuriteit en bekamping van voedsel-inflasie nie! Politiek speel ongelukkig hoofrol in hierdie begrotings ! Ons sou graag iets wou hoor van die beoogde regulering van die beweging van diere van ons buurlande af hierheen.”
Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA: “Vir my behoort die begroting te gaan oor watter (belastingbetaler) geld in die vorige jaar aangewend was en wat was die uitkoms en om dan regstellend aanpassings te maak om seker te maak die beste resultate gaan bereik word. Die begrotingsdebatte het ontaard in die motivering en beklemtoning van ’n bepaalde ideologie (wat wêreldwyd getoets is en gedruip het) en word daar gekyk hoe die geld daarvoor aangewend kan word. Die vestiging van klein boere gegewe die klimatologiese faktore in Suid-Afrika is gedoem tot mislukking. Sal die begroting in die toekoms jaarliks maar moet help om sodanige persone wat in hierdie armoede slagysters geplaas gaan word te moet uithelp? Die droogtehulp is gefokus op swart boere en is inderdaad ’n rassistiese benadering. Die staat se verantwoordelikheid ten op