|
Post by cjm on Jun 14, 2016 11:10:28 GMT
Winnie Rust-moord: Kleurlingskare klap hande vir aangeklaagde PlaatjiesPosted By: praag 8 June 2016 ‘n Kleurlingskare in Wellington het gister ná afloop van verrigtinge in die Landdroshof op die dorp vir die aangeklaagde Nigel Plaatjies hande geklap (sien YouTube-video hier onder). Sowel Plaatjies as sy oom Johannes Plaatjies het op ‘n klag van moord op die 77-jarige skryfster Winnie Rust verskyn. Die ouer Plaatjies het volgens berigte vir die gehoor in die hof gekyk en gelag, waarna iemand in die gehoor op hom geskree het: “Jy lag, jou gemors!” Nigel Plaatjies se ma, Lien, wat geruime tyd by een van mev. Rust se dogters as huisbediende gewerk het, het oor hom gesê: “Die verlore seun moet nou huis toe kom.” Die saak is gister tot 13 Junie vir ‘n amptelike borgtogaansoek uitgestel. Beide Plaatjies en sy oom ontvang regshulp en daar is gister aan die hof gesê dat hul borgtogaansoek steeds deur hul prokureurs voorberei word. Die liberale mev. Winnie Rust het onder andere Nigel Plaatjies se uitgawes op atletiek en liggaamsbou finansieel geborg. Sy is grusaam in haar huis doodgeslaan en haar selfoon en bankkaarte is uit haar handsak gesteel. Selfoonseine het agterna die polisie in staat gestel om die Plaatjies-mans vas te trek.
|
|
|
Post by cjm on Dec 30, 2020 18:30:28 GMT
stamp
|
|