Post by cjm on Jul 27, 2016 16:59:18 GMT
Al die jare opereer SAB en die Staat sonder enige regsvereieste oor bier en sorghumbier.
Die hoofrede vir hierdie huidige wetgewende ywer is die beskerming van die wynbedryf. Die drinkende publiek se welvaart het maar min hiermee te doen.
Agterdeur vir gevaarlike drank klap toe
Deur Joylene van Wyk
26 Julie 2016
Twyfelagtige tuisgebroude konkoksies wat ongereguleerd as bier of "ale" verkoop word, se dae is getel.
Die wynbedryf vra al jare lank dat die vervaardiging van veral suiker-gegiste drankies (ale) wat die bedryf ’n slegte naam gee, gereguleer of verbied word. Die verkoop van dié produkte was moontlik weens ’n skuiwergat in die Drankwet (Wet 27 van 1989), wat nie definisies vir bier, tradisionele Afrika-bier en ander gefermenteerde drankies bevat het nie.
Weens dié weglating kon enige akoholiese produk as ’n bier of ale geëtiketteer en verkoop word. Dit het gelei tot die grootskaalse vermeerdering en onbeheerde verkoop van suiker-gegiste drankies en ander konkoksies, wat in sommige gevalle selfs batterysuur en brandspiritus bevat het.
Wysigings aan die Wet op Drankprodukte (Wet 60 van 1989), wat die produksie en verkoop van alkoholiese produkte beheer, en wat dié gaping sal toemaak, is onlangs by die Nasionale Vergadering van die Parlement ingedien vir oorweging.
Die Regering en die wynbedryf hou reeds sedert 2009 samesprekings oor wysigings aan die Wet op Drankprodukte. VinPro en die Suid-Afrikaanse Drankhandelsmerkvereniging (Salba), het onder meer bydraes gelewer om die wetgewing te verbeter.
Eenvormigheid
Mnr. Christo Conradie, bestuurder van VinPro se wynkelderafdeling, verwelkom voorgestelde wetswysigings wat bier, tradisionele bier en alle suiker-gegiste produkte onder die Wet op Drankprodukte sal bring.
Hy sê die wynbedryf word streng gereguleer, maar ander alkoholiese produkte word nie noodwendig aan dieselfde regulasies onderwerp nie. Dit laat dan ruimte vir onreëlmatighede binne die handelsomgewing, met verbruikersvertroue en –beskerming wat in gebreke bly.
Hy sê verbruikers word mislei deurdat vervaardigers beweer dié suiker-gegiste drankies is van wyn of wynprodukte afkomstig. Dit het ook ’n impak op verhandelingspryspunte omdat toepaslike aksynsbelasting nie daarop gehef kan word nie. “Die impak is enorm weens die nadelige effek op wynverkope omdat die produk onregverdig op laer pryspunte meeding en ook die staatskas van ’n regverdige bron van inkomste ontneem.”
Hy meen enige spesifieke berekening van die verliese wat die wynbedryf weens dié produkte gely het, sou spekulasie wees. Mnr. Kurt Moore, uitvoerende hoof van Salba, sê dit is ’n mylpaal vir wyn- en spiritusprodusente dat suiker-gegiste drankies en bier nou onder die Wet op Drankprodukte val.
“Wat vir ons kommerwekkend was, is dat daar nie ’n definisie vir ales was nie, en dat gewetenlose vervaardigers van die produk dit as wyn laat deurgaan het. Dit het die bedryf se beeld skade gedoen, want wanneer ’n produk op die rak is, kan niemand sien of dit van ’n goeie of slegte vervaardiger afkomstig is nie.”
Hy gee toe die verbruiker het gewys daar is ’n mark vir sulke suiker-gegiste drankies, maar sê die regulasies sal die produk nou veiliger vir die verbruiker maak.
Voorskrifte
Daar is ook heelwat ander wysigings oor die samestelling en vervaardiging van drank:
■Die minimum alkoholinhoud waarvolgens ’n produk as alkoholies verklaar word, word van 1% tot 0,5% verlaag. Dit beteken niemand sal produkte met ’n alkoholinhoud van meer as 0,5% mag vervaardig of verkoop nie, tensy dit aan die regulasies vir drankprodukte voldoen. Voorts sal ’n poeier wat met ander stowwe of ’n vloeistof gemeng is, as ’n drankproduk geklassifiseer kan word as die alkoholinhoud meer as 0,5% is. ’n Dranklisensie sal dus nodig wees vir die vervaardiging en verkoop van dié produkte.
■Alkoholiese vrugtedrankies, wat tans net van die sap van vars vrugte gemaak kan word, kan voorts ook van hersaamgestelde sappe gemaak word.
■Vervaardigers en vermengers van drankprodukte sal voortaan geregistreer moet wees.
Conradie sê sonder hierdie voorgesteldwe wysigings is die sake-speelveld ongelyk én die verbruiker is nie noodwendig altyd volkome ingelig oor wat bemark word nie. Voorts verseker die wetgewing ook beter naspeurbaarheid, wat op sy beurt beter voldoening aan wetgewing vir hierdie produkte sal impliseer, sê hy.
Definisies
’n Alkoholiese produk beteken nou wyn, ’n alkoholiese vrugtedrank, bier, tradisionele Afrika-bier, ander gefermenteerde drank, spiritualieë, druiwe-gebaseerde alkohol en enige ander drank waarvoor ’n invoersertifikaat uitgereik is.
Die wetgewing sit ook vereistes uiteen waaraan bier, tradisionele Afrika-bier en suiker-gegiste drankies moet voldoen om as sodanig geklassifiseer te word. Volgens die regulasies kan ’n bier geproduseer word deur die alkoholiese fermentasie van ’n moutekstrak wat voorberei is van stysel en suiker, wat met of sonder drinkwater gemaak is, tensy die regulasies anders aandui; dit met hops of hopsprodukte gegeur word; op so ’n manier geproduseer word sodat ten minste 35% van die gefermenteerde moutekstrak van die moutgars of moutkoring afkomstig is en geproduseer kan word.
Tradisionele Afrika-bier moet geproduseer word deur die alkoholiese fermentasie van moutgraan, soos sorghum, mielies, giersgras of pêrelgras. Dit kan ook geproduseer word met graan wat nie gemout is nie, soos sorghummeel, mieliemeel, meel van giersgras en meel van pêrelgras. Minstens 4% van die vastestowwe of die meel moet in die maak van die bier gebruik word en mag nie hops of enige hopsprodukte bevat of daarmee gegeur word nie.
Die wetgewing is na die Nasionale Vergadering se portefeuljekomitee oor Landbou, Bosbou en Visserye verwys, wat sal besluit of dit goedgekeur, gewysig of afgekeur moet word.