Post by cjm on Jul 30, 2016 8:29:23 GMT
Stem saam maar sonder inspraak in regeringsliggame sal jy ook nie verder kom nie.
www.afriforum.co.za/partypolitiek-nie-die-oplossing-nie-jou-gemeenskap/
Waarom is Suid-Afrika verkeerd aanmekaargeflans? Daar is baie redes, maar kom ons volstaan vir nou by die ontleding van dr. Nicholas Charron en Victor Lapuente. In hul aardskuddende artikel genaamd “Does democracy produce quality of government?” kom Charron en Lapuente tot die gevolgtrekking dat demokrasie inderdaad die beste regeringsvorm is, maar daar is ’n vangplek: Dit geld vir state wat oor die algemeen welvarend is. Hul navorsing bewys dat demokrasie nie in staat is om state wat groot armoede en werkloosheid in die gesig staar se probleme op te los nie. Die kort verduideliking hiervoor is min of meer soos volg: Demokrasie is in wese ’n regeringsvorm wat op die lees van vraag-en-aanbod geskoei is. Daar moet in die eerste plek vanuit die publiek ’n aanvraag vir ’n goeie regering wees. Dan moet daar ’n politieke instelling wees wat hierop antwoord en inderdaad ’n goeie regering bied. In arm state is daar gewoonlik ’n aanvraag vir ’n swak regering. ’n Goeie regering moet strategiese besluite neem, mense met opleiding uit armoede ophef en oor die algemeen in die toekoms belê. Mense wat nie kos op die tafel het nie stel egter nie belang in langtermyn ekonomiese beleggings nie. Hulle sal eerder stem vir watter party ook al die meeste aan maatskaplike toelae spandeer – presies die teenoorgestelde van wat ’n goeie regering veronderstel is om te doen. Die stelsel is dus gedoem om te misluk. Dan praat ons nog nie eers van die diversiteit van hierdie land, uiteenlopende taal-, kultuur- en godsdiensgemeenskappe, en die feit dat al hierdie groepe se lewens nou deur die een groot meerderheidsparty ingerig word nie.