Post by cjm on Aug 29, 2016 8:19:49 GMT
Hoe om kroeshare straight te kry
Jacqueline Setai Fiksie 2016-08-26
As jy gebless is met straight, gladde hare, gee dank aan jou vaders en voorvaders want jou lewe is klaar makliker as die duisende meisies wat met pittekoppe moet sukkel. Mense dink ʼn relaxer is al manier om kroeshare glad te kry, maar dit kos baie meer as net chemicals. As jy nie na jou gerelaxde hare kyk nie, kan dit afbreek of verdun. Maintenance is baie belangrik. You must suffer for your beauty: dit kom nie sommer na jou toe omdat jy ʼn nice persoon is nie. Jou shampoo en conditioner routine is baie belangrik, asook jou oil-treatments. Maak seker dat jy ʼn goeie hairfood het wat jy elke tweede aand in jou kopvel in moet smeer. ʼn Goeie blowdry borsel en hairdryer is ook baie belangrik. En onthou om jou swirlkous elke tweede maand of so te verander, want die band rek en na ʼn tyd is dit nie styf genoeg om jou hare straight te hou nie. Deesdae se meisies is lucky want ʼn GHD electric straightener is fantasties om kroeshare in toom te hou. Maar as jy nie ʼn GHD óf geld vir ʼn hairdresser elke week het nie, kan jy ʼn basiese routine volg.
Was routine
Was jou hare twee keer met die shampoo. Die eerste was is om al die olie build-up op die kopvel te verwyder en die tweede was is om die hare self goed skoon te kry.
As jy colour op jou hare het, onthou dat shampoo die colour baie gou uit die hare uit strip. In plaas van ʼn shampoo doen ʼn pre-poo waar jy jou hare met conditioner was en die shampoo heeltemal uitlos. Die kleur sal dan langer in jou hare bly as jy pre-poo in plaas van shampoo.
Treatment en conditioner
Doen ʼn oil treatment een keer ʼn
Sit ʼn goeie treatment op jou kop, dan ʼn plastic sak en sit dan onder die hood dryer vir ʼn halfuur, of sommer net buitekant in die son.
As jy nie ʼn oil treatment by ʼn winkel kan afford nie, meng kookolie en ʼn fyngedrukte avokado en gebruik dit as ʼn treatment.
Spoel die oil treatment af en sit jou conditioner op vir so twee minute en spoel dit ook af.
Indraai en droogblaas
Toweldry jou hare en draai dit dan in met pienk rollers vir kort hare, blou rollers vir medium lengte en orange rollers vir lang hare.
Maak seker dat jy die hare mooi om die roller kry en die punte reg in die roller in draai, otherwise gaan jy nie die hele kroes uitkry nie.
As jy huis moet skoonmaak, ʼn tjommie gaan visit, of winkels toe moet gaan, hou die rollers in sodat die wind en son dit droogmaak.
Maar as jy issues het om met rollers in die straat te loop, sit dan onder ʼn hood dryer op ʼn lae spoed for at least een uur.
As jy ʼn hand dryer moet gebruik, vra iemand om jou te help sodat jy seker maak dat jou hele kop gelyk drooggemaak word.
Moenie onmiddellik die rollers uithaal wanneer jou hare droog is nie. Wag eers dat die rollers afkoel en die hare set.
Maak seker dat jy die rollers versigtig uithaal. Moenie aan jou hare trek nie. Onthou die hitte van ʼn dryer of dié van die son maak die hare sensitief so dit kan maklik breek.
Blowdry routine
Daar is twee tipes meisies in die wêreld, dié wat hulle eie hare goed kan blow en dié wat hulp nodig het. As jy miskien jou suster of tjommie se hare goed kan blow, beteken dit nie jy kan dit self met jou eie hare doen nie.
Voor jy begin blow, figure eers jou style uit. As jy ʼn pushback gaan doen, is dit simple, want dan blow jy jou hare straight agtertoe.
Maar as jy ʼn bob of ʼn fringe wil hê moet jy jou hare in gedeeltes opbreek en stukkie vir stukkie blow. ʼn Fringe moet altyd laaste geblow word.
Jy sal miskien verskillende groottes borsels moet gebruik vir verskillende gedeeltes van jou kop.
Baie belangrik: haarolie word eers ná die blow aangesit.
Begin met die langste hare eerste, trek die hare stadig deur die borsel en blaas die warm lug van die dryer direk op die hare.
Blaas een stuk hare nie meer as drie keer nie, otherwise brand jy jou eie hare.
Maak seker dat jy die punte met die borsel krul, otherwise gaan dit maklik mince dan is al jou harde werk vir niks.
Vat jou tyd met die blaaswerk tot al die hare glad en straight is.
Check veral jou voorkop en agter in jou nek om seker te maak dat die hare glad is en dat daar geen pitte is nie.
Wanneer die hare afgekoel is, smeer dan die haarolie aan.
Dit is belangrik dat jy onmiddellik jou hare moet swirl sodat die blow kan set.
Baie meisies maak die mistake om hulle vars-geblowde hare vir ʼn walk te vat, om dit miskien te gaan afshow. Maar wanneer die wind of ʼn bietjie vog aan daai hare raak, dan mince dit onmiddellik tot ʼn afro toe. And it goes without saying dat dit ʼn ware ramp is.
Swirl maar rather, al doen jy dit vir 15 minute.
ʼn Goeie swirl is wanneer die hare eers rondom die kop geborsel word, dan word die swirlkous opgesit en ʼn paar keer in die rondte gedraai om seker te maak dat al die hare straight om die kop sit.
Gebruik ʼn sterk pantyhose sodat die kous lekker styf op die kop sit.
Onthou om die voetgedeelte van die pantyhose te gebruik as die swirlkous.
Sny die kous by die kniegedeelte af sodat jy ʼn lang stuk kous het om om jou kop te draai.
Na die swirl, borsel jou hare met ʼn wyetandkam of -borsel.
Jou hare is nou ordentlik en jy is gereed om uit te gaan en jouself vir die wêreld te wys.