|
Post by cjm on Dec 20, 2016 16:35:41 GMT
Invoertarief vir hoender ‘slaan dronk’... Volgens Stander is die enigste wenners “die paar winsbejagte invoerders in wit besit wat aan die Assosiasie van Vleisinvoerders en –uitvoerders (Amie) behoort”. Invoer maak Amie die enkele grootste “pluimveeprodusent” en Itac se besluit plaas die land se voedselsekerheid nou in Amie se hande, sê Stander ...
|
|
|
Post by Trog on Dec 20, 2016 22:06:30 GMT
Dit slaan my dronk dat Europa klaarblyklik hoender kan produseer, verskepingskoste na Suid Afrika kan absorbeer, en nog steeds hier kan aflewer teen 37% minder as wat die plaaslike produsente kan vermag.
Sjina, miskien. Maar Europa! Waar is die vangpunt?
Produktiwiteit? Dit is so dat daar omtrent 5 mense in Suid Afrika nodig is om dieselfde werk te doen as een mens in Europa.
Subsidies? Miskien word produsente in Europa gesubsidieer, sodat hulle hulle produksiekoste heelwat minder is as in Suid Afrika?
|
|
|
Post by cjm on Dec 21, 2016 5:27:06 GMT
Ek sal verbaas wees as hulle nie gesubsidieer word nie. Daar is ook die kwessie dat sekere hoender dele nie in *Westerse * land hoog aangeslaan word nie en dan 'n soort van oorskot is en goedkoper uitgevoer word. Die punt (of een van die punte) is dat dit vir my lyk of die nadele van goedkoop hoenders 'n mite is. Dit verhoog net die profyt aan die verkoop kant. Dit mag wees dat die invoer 'n ooraanbod gevolg sou hê, wat afwaartse druk op pryse (en volumes plaas). Vir my lyk dit egter nes die enigste praktiese effek is dat 'n paar mense vet winste maak. Waarskynlik mense wat nie eers aan 'n hoender hoef te raak om die geld te bank nie. Sien ook
|
|
|
Post by Trog on Dec 21, 2016 7:00:38 GMT
“SA se eie produksiekoste van R50/kg”? Dit is seker nie 'n moeilike sommetjie om te maak nie – hoe kom mens by daardie R50/kg uit? (Moet sê, dit lyk bietjie verdag – die hoender wat ek by kleinhandelaars koop is nie eers so duur nie. Selfs skoongemaakte borsies sonder been en vel is net bietjie meer as R50/kg. En dan praat ek van 'n relatief goeie gehalte produk – ek koop nooit pakke ‘Rainbow’ of sulke soort goed nie). In ieder geval, as mens daardie produksiekoste afbreek in komponente kan mens mos sien waar die probleem lê. Veral as mens dieselfde doen vir produksiekoste in Europa en die VSA, met inbegrip van subsidies en belastingkortings vir produsente in daardie lande. Want as Jaco Fourie se syfers reg is, is daar iewers groot fout, i.e. R50/kg vergeleke met R11/kg!
|
|
|
Post by cjm on Dec 21, 2016 8:39:17 GMT
... Want as Jaco Fourie se syfers reg is, is daar iewers groot fout, i.e. R50/kg vergeleke met R11/kg! Ek worstel om die kwessie logies te verwerk. Die prys is seker laer as R50 agv die soutwater. "ingevoerde hoender land in SA teen gemiddeld R11/kg, vergeleke met SA se eie produksiekoste van R50/kg, wat plaaslik goedkoper per kg deur 25% soutwater toevoeging gemanipuleer word" Jou benadering om te soek presies waar die kosteverskil lê, maak baie sin. Die laer koste (laer as R50) word seker ook veroorsaak deur die meng van die goedkoop en duur vleis soos Jaco beweer. Ek was onder die indruk dat invoere as sulks aangedui moet word. 'n Mens sien dit nie op die pakke nie. Dis ook baie gerieflik om die invoere per volume te beperk op die basis van produksie en verbruik: "Suid-Afrika verorber gemiddeld 1 800 000 ton per jaar en produseer gemiddeld 1 500 000 ton per jaar, ’n tekort van 300 000 ton per jaar (24% van totaal) wat alleenlik deur invoere (omtrent 436 000 ton in 2015) aangevul kan word, tans hoofsaaklik vanaf Brasilië (43% van invoere). Behalwe vir die 9000 ton uitvoere deur SA aan gesamentlik Mosambiek en Zimbabwe, kan SA nie bekostig om uit te voer nie." Die punt (nog 'n punt!) is dat volumes verorber deur prys bepaal word. Laat sak die prys en die volumes sal deur die dak gaan. Is dit nie dalk 'n oplossing om die volumes deur die dak te laat gaan en dan die duurder plaaslike produk in te meng met net 'n effens hoër prys per kg nie?
|
|
|
Post by cjm on Jan 8, 2017 8:10:41 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jan 8, 2017 9:08:57 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jan 10, 2017 6:47:20 GMT
|
|
|
Post by amatambo on Jan 13, 2017 18:25:00 GMT
Al bevind ons ons reeds 13 dae in 2017, is dit steeds Januarie en wens ek 'n ieder en elk alles wat voorspoedig, edel, mooi rein en loflik is toe - laat ons vir die bewste hoop dat 2017 'n beter jaar as 2016 sal wees.... Insoverre die hoenders betref, wil ek sommer van meet af my opinie omtrent vandag se vleis gee - in my kleintyd het Ma en Stiefpa - wat geboer het - hulle eie slagwerk gedoen, en die vleis van watter slagding ookal het soos daardie dier of hoender gesmaak - geurig en het slegs 'n bietjie sout en peper benodig om die volle smaak uit te bring. Feit is dat al hulle slaggoed volle wasdom bereik het en mens kon met toe oë proe wat jy eet - skaap, bees, vark of hoender, maar wat mens vandag koop is totaal smaakloos en dit maak nie saak hoe jy dit geur nie, proe mens eintlik net die geurmiddels wat die kok/sjef byvoeg - is ek reg? My slagter weet vir my te vertel dat hy iewers verlede jaar by een van die groot hoenderprodusente besoek afgelê het, en daar het hy uitgevind dat hoenders op 36 dae geslag word - intussen word alle slaggoed vol hormone geprop om hulle vinnig te laat groei - in alle eerlikheid het ek nie meer 'n sin in vleis nie juis omdat dit so smaakloos is... ek is steeds lief vir 'n lekker stukkie vleis, maar dit wat deesdae onder daardie naam verkoop word - wel, ek eet dit eintlik met lang tande.... hiermee my repliek....
|
|
|
Post by cjm on Jan 14, 2017 5:43:09 GMT
Al bevind ons ons reeds 13 dae in 2017, is dit steeds Januarie en wens ek 'n ieder en elk alles wat voorspoedig, edel, mooi rein en loflik is toe - laat ons vir die bewste hoop dat 2017 'n beter jaar as 2016 sal wees.... ... My slagter weet vir my te vertel dat hy iewers verlede jaar by een van die groot hoenderprodusente besoek afgelê het, en daar het hy uitgevind dat hoenders op 36 dae geslag word - intussen word alle slaggoed vol hormone geprop om hulle vinnig te laat groei - in alle eerlikheid het ek nie meer 'n sin in vleis nie juis omdat dit so smaakloos is... ek is steeds lief vir 'n lekker stukkie vleis, maar dit wat deesdae onder daardie naam verkoop word - wel, ek eet dit eintlik met lang tande.... hiermee my repliek.... Baie dankie vir die Nuwe Jaarswense, Amatambo. Alles van die beste vir jou ook en met goeie gesondheid. Met die slaghoenderbesigheid is dit eintlik een van daardie dinge waar dit beter is om so min moontlik te weet. ... Broiler chickens (Gallus gallus domesticus), or broilers, are a gallinaceous domesticated fowl, bred and raised specifically for meat production.[1] They are a hybrid of the egg-laying chicken, both being a subspecies of the red junglefowl (Gallus gallus). Typical broilers have white feathers and yellowish skin. Most commercial broilers reach slaughter-weight at between five and seven weeks of age, although slower growing breeds reach slaughter-weight at approximately 14 weeks of age. Because the meat broilers are this young at slaughter, their behaviour and physiology are that of an immature bird. Due to artificial selection for rapid early growth and the husbandry used to sustain this, broilers are susceptible to several welfare concerns, particularly skeletal malformation and dysfunction, skin and eye lesions, and congestive heart conditions. The breeding stock (broiler-breeders) grow to maturity and beyond but also have welfare issues related to frustration of a high feeding motivation and beak trimming. Broilers are usually grown as mixed-sex flocks in large sheds under intensive conditions, but some breeds can be grown as free-range flocks. Chickens are one of the most common and widespread domestic animals.[2] ...
|
|
|
Post by amatambo on Jan 14, 2017 7:10:04 GMT
...kon nie help om hierbo te lees dat goedkoop hoenders die wittes vetter maak nie...
...as for the local brands of chickens - another issue I cannot come to grips with is the fact that whatever brand of frozen chicken you (want to) buy, the brine that is pumped into them is another sore point - what for? It certainly doesn't enhance the flavour - on the contrary, I tend to think that much of the little flavour this "immature" meat has/had is absorbed by the added brine. Far as I'm concerned, this is just another ploy to add weight to the end product in order to sell it at a higher price. So - on the rare occasions I do buy chicken, I buy the fresh stuff. At least one can see the size of the pieces, whereas on taking out what seems to be larger pieces from a frozen pack - well, I don't need to elaborate, do I? Ah-well, I'm a great believer in: "...ours is not to reason why - ours is but to do and die... "
Oh, to change the subject - I could not help being amused at my avatar and the title of "Junior Member" Methinks that bag of bones is definitely NOT so junior - rather, sneaking up on me to remind me that in my 83rd year - which I "celebrate" in March - I could very well be joining it in the not-too-distant future!!! LOL!!!
|
|
|
Post by cjm on Dec 30, 2020 18:22:57 GMT
stamp
|
|