|
Post by cjm on Mar 13, 2014 17:58:54 GMT
My geliefkoosde dier. Ons onderwyser het gevra wat my gunsteling dier is, en ek het geantwoord "Gebraaide Hoender." Sy het gesê ek is nie snaaks nie, maar sy was seker verkeerd want al die ander het gelag! My ouers het my geleer om altyd die waarheid te vertel. Ek het. Gebraaide hoender is my geliefkoosde dier.
Ek het my pa vertel wat gebeur het en hy het gesê my onderwyser is seker lid van die SPCA.
Hulle is baie lief vir diere. Ek ook. Veral hoender, gepekelde vark en bees. In elk geval, my onderwyser het my na die hoof se kantoor gestuur. Ek het hom vertel wat gebeur het en hy het ook gelag.
Toe sê hy ek moet dit nie weer doen nie.
Die volgende dag in die klas vra die onderwyser weer vir my watter lewendige dier is my gunsteling.
Ek sê toe dis beslis hoender. Sy vra toe hoekom, toe vertel ek haar dis omdat hulle gebraaide hoender daarvan maak.
Sy stuur my toe terug na die hoof se kantoor. Hy het weer gelag en gesê ek moet dit nie weer doen nie.
Ek verstaan nie. My ouers het my geleer om eerlik te wees, maar my onderwyser hou nie daarvan as ek is nie.
Vandag vra die onderwyser ons watter beroemde persoon ons die meeste admireer.
Ek het geantwoord "Kolonel Sanders".
Raai waar is ek nou !!!!
|
|