|
Post by cjm on Aug 11, 2017 8:54:35 GMT
Ek kan sien kosbeheptheid - ongelukkig nie altyd fynproewersmateriaal nie - is 'n Afrikaner-eienskap. Die Afrikaanse TV-kanale loop oor daarvan - en die boekwinkels ook. Wat my egter 'n bietjie walg is hoe die chefs almal met hul kaal hande in die kos gryp en druk. Ek praat dan nie eers van die lang hare en baarde wat oor die kos hang nie. Dit gebeur seker maar dikwels agter die skerms (en in huishoudings) - dan sien ek dit ten minste nie. Ek twyfel of gebeeldsende voorbereidingstegnieke voldoen aan die amptelike higiëne-vereistes vir openbare eetplekke en kombuise. Stel dit nie maar 'n baie swak voorbeeld nie?
|
|
|
Post by Trog on Aug 11, 2017 9:41:02 GMT
Dit is maar orals oor die wereld dieselfde - chefs huiwer nie om met kaal hande aan kos te vat nie. Hulle hande is veronderstel om gewas te wees, en tegnies maak dit dan eintlik nie saak nie - tensy mens 'n baie deeglike en tegniese prosedure volg, gaan latex of plastiek handskoene nie enigsinds 'n verskil maak aan voedselhigiene nie.
Dit is soos om 'n hoender te was voordat jy hom voorberei. Die konvensionele wysheid is dat hoender geneig is om besmet te wees met E. Coli en dat jy hom moet was, maar as jy 'n hoender was is nie net die hoender nie, maar jou hele wasbak, ander skottelgoed en omgewing ook vol E. Coli.
In beide gevalle is dit baie onwaarskynlik dat enigiemand gaan siek word daarvan.
Daar is eintlik maar bitter min kieme wat jou kan siek maak deur dit te eet. En die wat jou wel kan siek maak word gewoonlik nie oorgedra deur blote aanraking nie.
|
|
|
Post by cjm on Aug 11, 2017 12:19:35 GMT
Dit is maar orals oor die wereld dieselfde - chefs huiwer nie om met kaal hande aan kos te vat nie. Hulle hande is veronderstel om gewas te wees, en tegnies maak dit dan eintlik nie saak nie - tensy mens 'n baie deeglike en tegniese prosedure volg, gaan latex of plastiek handskoene nie enigsinds 'n verskil maak aan voedselhigiene nie. Dit is soos om 'n hoender te was voordat jy hom voorberei. Die konvensionele wysheid is dat hoender geneig is om besmet te wees met E. Coli en dat jy hom moet was, maar as jy 'n hoender was is nie net die hoender nie, maar jou hele wasbak, ander skottelgoed en omgewing ook vol E. Coli. In beide gevalle is dit baie onwaarskynlik dat enigiemand gaan siek word daarvan. Daar is eintlik maar bitter min kieme wat jou kan siek maak deur dit te eet. En die wat jou wel kan siek maak word gewoonlik nie oorgedra deur blote aanraking nie. Goed om te weet dis nie gevaarlik nie! Blechhh!!
|
|
|
Post by Trog on Aug 11, 2017 13:19:55 GMT
HAND WASHINGSCRUBBING, GOWNING AND GLOVINGDie ding is, hierdie is 'n alles-of-niks proses. As jy dit nie ten volle doen nie, kan jy maar net sowel daarmee volstaan om jou hande bloot normaalweg te was - dit maak geen verskil nie.
|
|
|
Post by cjm on Aug 11, 2017 14:32:18 GMT
HAND WASHINGSCRUBBING, GOWNING AND GLOVINGDie ding is, hierdie is 'n alles-of-niks proses. As jy dit nie ten volle doen nie, kan jy maar net sowel daarmee volstaan om jou hande bloot normaalweg te was - dit maak geen verskil nie. girl_hospital
|
|