|
Post by cjm on Mar 21, 2014 17:19:04 GMT
|
|
|
Post by cjm on Apr 14, 2014 16:43:29 GMT
’N LAASTE VERSOEK
Praat ’n klein nademaal as ek dood is, nie lief-talig en ook nie pompeus; sê iets soos: Hy was soms 'n bôgger maar hy kon ook 'n bakgat ou wees; of: Hy was nie gereeld in die kerk nie maar sy drank kon hy vat soos ’n man; sy taal was gekrui soos sy bredies maar hy’t hel-uit getrek in 'n span.
Speel ’n jeukvoetsetties in die kerkhof ter beklinking van grafkommentaar: wie die lewe gewals het tot dagbreek wil ook nadoods sy geesdrif bewaar. Stuur jul lewende blomme aan siendes beskou kransies as hol retoriek - laat die kinders ravot op my sandhoop en baklei oor die kitsch van plastiek.
HENNIE AUCAMP
|
|