Post by cjm on Mar 24, 2014 20:26:03 GMT
met ´n ***huis party
maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/ontlasting-gooiers-terug-by-anc/
Ontlasting-gooiers terug by ANC
Deur Nico Strydom op 24 Maart 2014
0 4 Share0
Die voorbokke in verlede jaar se sogenaamde ontlasting-betogings in Kaapstad, is terug in die ANC verwelkom nadat hulle vroeër geskors is.
“Loyiso Nkohla en Andile Lili is heringestel as volwaardige lede van die ANC,” het Fezile Calana, Wes-Kaapse voorsitter van die party se dissiplinêre komitee, gesê. “Hulle kan in strukture deelneem soos enige ander persoon.” Nkohla is aanvanklik geskors vir sy betrokkenheid by verlede jaar se betogings waar menslike ontlasting onder andere by die vertreksaal van die Kaapstadse Internasionale Lughawe gegooi is. Nkohla en Lili, ʼn voormalige raadslid, is onder andere daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het. Lili het ʼn opgeskorte vonnis van die drie jaar as straf ontvang en mag hy vir ʼn jaar nie aan party-aktiwiteite deelgeneem het nie.
Calana sê die twee het appèl aangeteken en dat dit weens tegniese foute bekragtig is. Die tegniese foute verwys glo na die dissiplinêre komitee wat nie by sekere spertye gehou het nie. Calana sê hy verwag dat daar kritiek sal wees rakende die besluit. “Hetsy ons ten gunste of teen die appèl beslis het, moet die grondwet [van die ANC] gehandhaaf word.” Hy sê hoewel die ANC nie Nkohla en Lili se aksies goedkeur nie, hulle die stryd van inwoners in die kollig geplaas het.