Post by cjm on Apr 12, 2014 7:44:30 GMT
diewerf.wordpress.com/2008/06/25/wondelike-wenke-vir-troues/
Wenke vir Troues
Alhoewel daar hordes boeke en artikels oor hierdie onderwerp verskyn het, bly dit ‘n kopseer vir alle betrokkenes – vra my. Hier gee Nataniel bietjie hulp:
1. Laat per ongeluk ‘n prominente familielid uit tydens nooi van gaste. Dit veroorsaak ‘n geweldige bitterheid en agteraf geskinder en sorg dat die geleentheid vir altyd onthou word.
2. Gebruik ‘n silwer koki en skryf uitnodigings met die hand. So bly dit persoonlik en die reuk versag die werklikheid. (Lek ook die koeverte self, die genot van gom is ongekend.)
3. Verander die kleurskema nadat die moeder van die bruidegom in kennis gestel is. Die feit dat sy dan heeltemal uitstaan en heeltyd snaaks aangekyk word, trek dus haar aandag af van die verrigtinge. (Onthou, sy verloor haar seun).
4. Borsruikers: Vervang die tradisionele orgideë deur blomme van versiersuiker, veral as jy vermoed dit gaan reën. Dit sorg vir eindelose pret en hou die vlieëvan die buffet af.
5. Blomme teen die banke: Vars ruikertjies is tog so vervelig. Laat hekel die goedjies – veral as jy herfskleure trou. Buiten dat dit werk verskaf, kan jy dit later verkoop of bêre indien ‘n tweede huwelik beplan word.
6. Laat ALTYD die trourok ontwerp deur ‘n moffie (homoseksueel). Sy grootste fantasie kry gewoonlik die oorhand (almal het hulle drome) en sorg dat die bruid soos ‘n wandelende tert opeindig. Dit wakker die nodige behoeftes aan by die bruidegom, veral as ‘n voorhuwelikse oor-die-tou-trappery reeds plaasgevind het!
7. Bestel loperige geregte by die caterers (aartappelslaai, slap hoederpastei en trifle bly treffers). Dit verhoed dat bejaardes en minder gegoede kollegas kos in hulle handsakke laai.
8. Hou die onthaal in ‘n saal met ‘n verhoog en sluit die aand af met karaoke. Sodoende ontaard die geleentheid in ‘n platvloerse affêre en bespaar jy die onkoste van ‘n going-away uitrusting – wie gaan notice?
9. Plaas groot hoeveelhede goedkoop vonkelwyn vooraf op die tafels en gaan neem foto’s vir ure in die munisipaliteit se tuin. Sodoende is almal vroeg al gesuip en maak dit die seremoniemeester baie meer draaglik.
10. In geval van ‘n beperkte begroting, plaas ‘n waterval of fontein in die hoek van die saal. Dit is tog te weelderig en die gedrup sorg dat gaste hulle self kort-kort moet verlig en minder drink.
11. Ten Laaste: Nooi altyd mense met kinders, dit bly die simbool van vrugbaarheid. Huur ‘n springkasteel en plaas dit direk agter die bruidstafel – die op-en-af-gespring en aanhoudende gegil bespaar jou die koste van ‘n orkes en lei tot volgehoue opwinding (veral met ‘n paar beserings).
Mag hierdie wenke lei tot ‘n onvergeetlike dag en gelukkige samesyn. – Nataniel