Post by cjm on Apr 16, 2014 5:04:04 GMT
'n Sensitiewe
SAAK
Enige wynmaker of wynbroordeelaar ken die gevoel van sensitiewe
en soms selfs pers-gevlekte tande na 'n dag se proe. Hoewel dit algemeen
as 'n 'beroepsgevaar' in die wynbedryf aanvaar word, is die effek wat wyn
op jou tande het baie meer gekompliseerd en olie gevolge dikwels
dieper liggend.
deur ELONA HESSELING
Daar word dikwels na die menigte gesondheidsvoordele van die matige
gebruik van wyn verwys (sien Whats your poison? op bl 14), terwyl die
skadelike effek van die gereelde proe daarvan minder bekend is.
'n Studie deur die Universiteit Stellenbosch (US) se fakulteit
van gesondheidswetenskappe wat in 2005 gepubliseer is, genaamd
Patterns of Tooth Surface Loss among Winemakers, het gevind
dat wyn skadelik is vir beide die harde en sagte weefsel van tande.
Alkoholiese drankies met 'n lae pH - soos wyn - kan tot tanderosie
bydra, veral indien die tande gereeld en vir relatief lang tye op 'n slag in
kontak met die produk is. Suid-Afrikaanse wyne het gewoonlik 'n pH
wat strek van 2.9 (vir vonkelwyn) tot 4 (vir rooiwyn) en aangesien die
kritiese pH van die oppervlak van die tande se emalje ongeveer 5.6 is, kan
enige oplossing met 'n laer pH- waarde erosie veroorsaak.
Speeksel werk wel die aanval deur suur teen, maar indien die
uitdaging te groot is - met ander woorde, indien té veel wyne, té
gereeld geproe word - word die tand in die proses beskadig.
Volgens Dr Lynden Sterley, 'n tandarts van Stellenbosch,
bestaan die tand se harde bedekkende lagie (glasuur) uit hidroksie
apatiet. “Hierdie lagie verweer sodra 'n chemiese agens die mond
se pH te veel verlaag en in verlengde kontak met tande tree. Dít
staan bekend as die proses van erosie,” sê hy. “Die tyd wat die
agens (wyn) in kontak is met die tand se oppervlak speel 'n be-
langrike rol. Die rol-en-spoel aksie tydens proe dra dus by tot
verhoogde kontak .”
Erosie word as 'n verlies aan tandstruktuur weens 'n chemiese
proses anders as bakteries beskryf, en dit kan vernietigende
gevolge op mondhigiëne hê.
Weefselverlies kan tot sensitiwiteit en pyn lei, asook *n ver-
swakte estetiese voorkoms. Die tand kan mettertyd selfs misvorm
word, wat uiteindelik tot die verlies van die geaffekteerde tand(e)
kan lei. Die effek van erosie word maklik in die vroeë stadium
oorgesien, maar die skade word mettertyd meer opsigtelik.
Die US se wynmaker-studie het 'n groep van 36
persone - 21 wynmakers en 15 nie-wynmakers -
se tande bestudeer, met die doel om die voorkoms
en erns van tandoppervlak-verlíes tussen die twee
groepe te vergelyk. Daar is gevind dat die wyn-
makers oor die algemeen aan 12 tot 60 proeë per
dag, afhangend van die tyd van die jaar, blootge-
stel word. Elke individuele proe duur tussen 10 en
30 sekondes, wat dus 'n ideale situasie vir erosie
skep.
Alhoewel die studie ´n relatief klein steekproef
behels, het dit wel bewys dat daar 'n betekenis-
volle verskil in die voorkoms en erns van tandop-
pervlak-verlíes tussen wynmakers en nie-wyn-
makers is. Dié hoër voorkoms is heel waarskynlik weens die
gereelde blootstelling van wynmakers se tande aan wyn.
Erosie, verkleuring en tandoppervlak-verlíes is heel moontlik
wynmakers en ander gereelde wynproeërs se voorland, maar daar
is wel maniere om die voorkoms en erns daarvan tot 'n mate te
beperk.
Volgens Dr Lynden is dit belangrik om ná “n wynproe jou mond
met iets neutraals, soos water of melk, wat as 'n buffer dien, te
spoel. Alhoewel daar verskeie tandepastas en mondspoelmiddels
is wat ook gebruik kan word, is dit van kritieke belang wanneer
jy jou tande borsel.
Volgens die US wynmaker-studie kan die borsel van
tande direk na 'n wynproe bydra tot tandoppervlak-
verlies, weens die sagmaking van die tande se opper-
vlaktes voordat die meganiese krag (borselaksie)
aangewend word.
Dr Lynden beveel aan dat 'n 'sagte” tandepasta
gebruik moet word, maar minstens 'n uur nadat wyn geproe is.
Alhoewel die “wanneer” van tandeborsel uiters belangrik is, het
die gebruik van fluoried-tandepasta 'n positiewe effek en ver-
minder dit die erosie van tande.
Bekende wynskrywer en -beoordelaar, Michael Fridjhon, vertel
dat hy baie versigtig is om nie sy tande direk na 'n proe te borsel
nie, weens die gevolglike beskadiging van die tande se emalje. Hy
beveel die gebruik van “n tandepasta met ekstra fluoried, soos
Colgate N5OOO, en 'n addisionele tand-smeermiddel, soos GC
Tooth Mousse, aan. Distell se wynmakers gebruik weer 'n spesi-
fieke mondspoelmíddel na wynproe-sessies, naamlik Yotuel
Alcohol Free Whitening Mouthwash.
Dié tipe produkte is egter nie goedkoop nie, maar daar is na-
tuurlike alternatiewe wat gebruik kan word om tande skoon en wit
te hou. 'n Artikel op Glamour se webtuiste, genaamd 3 Foods
That Whiten Your Teeth Naturally, lys verskeie kossoorte wat as
'tandeborsel kos' gesien kan word. Dit sluit appels en
seldery, aarbeie en kaas in.
Appels, seldery en ander “kraak” vrugte en groente
verwyder plaak en poleer jou tande en tandvleis.
Aarbeie produseer die appelsuur-ensiem wat
help om tande wit te hou, terwyl kaas weer 'n tipe melksuur
bevat; hierdie gewilde pasmaat vir wyn bedek tande met “n
beskermende lagie.
Die beskadiging van tande se oppervlaktes is egter nie tot wyn
beperk nie. Dr Lynden verduidelik dat in die algemene samele-
wing, gaskoeldrank 'n veel groter rol speel. Die US wynmaker-
studie het ook gevind dat deelnemers wat rook se tande meer as
dubbeld so erg gevlek is.
Alhoewel 'n glasie wyn saam met ete geen ooglopende nadeli-
ge gevolge vir jou tande inhou nie, het die gereelde proe van wyn
duidelik 'n skadelike impak. Daar is verskeie “moets” en “moe-
nies” wat die nadelige effekte kan verminder, maar tensy wyn met
'n strooitjie afgesluk word, is 'n mate van sensitiewe en gevlekte
tande waarskynlik 'n opoffering wat wynmakers en wynbeoorde-
laars vir hul passie moet maak. W
WynLand - Maart - 2014