|
Post by cjm on Apr 16, 2014 5:17:39 GMT
maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/video-plek-van-veiligheid-maak-toe-danksy-tv-program-reusetekort-aan-kinderhuise/... Carte Blanche het Sondagaand videogrepe gewys van die voorsitter, Stephanie Bentley, wat op die kinders skree en dreig om hulle na ʼn plek te neem waar hulle glo seksueel aangerand sal word. Isabel Faurie, maatskaplike werker van Solidariteit Helpende Hand, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy is met afgryse vervul toe sy na dié blatante mishandeling gekyk het. “Dit kan onder geen omstandighede aanvaarbaar wees nie, en ons verwelkom die departement van maatskaplike ontwikkeling se optrede om die kinders dadelik te verwyder,” het Faurie gesê. “Ongelukkig plaas hierdie storie net die kollig op ‘n baie groter probleem – die kritiese tekort aan geregistreerde kinderhuise en plekke van veiligheid in ons land.” ...
|
|