Post by cjm on Apr 21, 2014 20:49:11 GMT
Transnet beroof behoeftige bejaardes
Transnet het die pensioenfondse van sy afgetrede lede, onder wie derduisende behoeftige bejaardes, op onwettige maniere stelselmatig kaalgepluk sodat Transnet sélf die geld kon vat.
So voer van die land se bekendste regsgeleerdes aan in die grootste siviele eis in die land se regsgeskiedenis wat Vrydag by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is.
* Pensioentrekkers van Transnet wat nader besonderhede oor die klas-aksie wil hê, kan die regspan kontak by Geyser & Coetzee Prokureurs, 012 663 5247/8 of die Transnet-Pensioen-aksiegroep per e-pos kontak by tpag@telkomsa.net.
Pleitstukke in dié klasaksie-eis van R79 miljard is opgestel deur adv. Jaap Cilliers SC en adv. Leon Kellerman SC.
Die “ooglopend onwettige maniere” waarop die fondse glo gestroop is, het eers onlangs aan die lig gekom toe regsgeleerdes wat vir die pensioentrekkers optree notules en finansiële state van die fondse in die hande gekry en ontleed het, word in hofstukke beweer. Dit wys glo hoe die fondse se belangrikste bate – skuldbriewe ter waarde van R7,7 miljard wat elke jaar ’n inkomste van R1,2 miljard aan die fonds verskaf het – vroeg in 2001 “verruil” is vir aandele in MTN, destyds M-Cell, ter waarde van sowat R1,395 miljard.
“Daar is geen aanduiding dat die fondse enige inkomste uit die M-Cell-aandele gekry het nie,” sê Kellerman.
Die stropery het ook daarop uitgeloop dat die trustees in 2001 besluit het om die jaarlikse verhogings van pensioene tot 2% te beperk, strydig met sy vorige besluite dat die verhogings minstens 70% van die inflasiekoers moet dek.
Dié beleid is aanvaar op grond van aktuariële veronderstellings dat pensioenfondslede binne ’n kort tydperk sou doodgaan en dat die “probleem” dan opgelos sou wees, sê Johan Pretorius, ’n Transnet-pensioentrekker van Bloemfontein, in ’n beëdigde verklaring.
“Dit is duidelik georkestreer deur Transnet om sy balansstaat te verbeter – wéér ten koste van die lede van die fonds.”
Read more at www.censorbugbear.org/africa/south-africa/transnet-beroof-behoeftige-bejaardes#xsSlpOSPjkUToqTp.99