|
Post by cjm on May 12, 2014 11:01:17 GMT
|
|
|
Post by Trog on May 13, 2014 7:59:11 GMT
Haai ja! Ek was ook kortstondiglik 'n Voortrekker. Vir omtrent 'n jaar, totdat ek gedros het weens verveling. Miskien was dit net die skool waar ek was, maar ek dink nie hulle het eintlik 'n benul gehad van wat om met ons te doen nie.
Die Boy Scouts het uitgekamp, geroei, geseil, visgevang, geleer hoe om knope te maak en vuur sonder vuurhoutjies, boomhuise gebou, sulke dinge. Ons het merendeels in 'n klaskamer gesit en halleluja liedjies gesing. Prentjies uitgeknip en in 'n boek geplak.
Miskien was dit anders op ander plekkie, en ek is traag om hulle te beoordeel op slegs my ervaring. Miskien was die Boy Scouts in ons omgewing maar net uitsonderlik goed georganiseerd.
|
|
|
Post by cjm on May 13, 2014 15:31:37 GMT
Ek was in die ongemaklike posisie dat ´n familielid die plaaslike kommando gelei het. Dit was nie te onaardig nie, maar dis maar moeilik om jou in so ´n omstandigheid te bevind (kritiek wat jy moet aanhoor ens).
Ek dink ek was so 4 jaar daarin. Daar was baie kampe en aktiwiteite.
|
|