Post by cjm on May 19, 2014 7:17:33 GMT
mg.co.za/article/2014-05-18-sa-farmers-circumventing-labour-laws-report
and here is the original Afrikaans report.
www.rapport.co.za/Nuus/Nuus/Nampo-Dit-gaan-baie-goed-met-ons-landbou-hoor-boere-en-vergeet-tog-nie-van-seks-20140517
Nampo: Dit gaan baie goed met ons landbou, hoor boere... en 'vergeet tog nie van seks'
2014-05-17 22:22
Pieter Steyn
Op die 48ste Nampo-oesdag die afgelope week was dit duidelik: Dit gaan báie goed met landbou in Suid-Afrika, ondanks die beoogde heropening van grondeise en onvriendelike arbeidswetgewing.
“Om die arbeidswetgewing te ondervang, meganiseer ons,” sê Carel Brüssow, ’n graanboer van Noordwes.
Hy staan in die skadu van die reusagtige geel Challenger MT 865-trekker, een van die duurste, grootste en gesogste trekkers op die Nampo-oesdag, wat sedert 1974 tussen Klerksdorp en Bothaville in die Vrystaat aangebied word.
“Die outjie kos so R4,5 miljoen,” sê Dennis van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder van Barloworld se landbou-masjinerie.
“Hy is die leier in sy klas,” sê Van der Merwe trots. “Hy skop so 380 kW uit. Daar loop so 130 van hulle in Suid-Afrika.”
Op die eerste twee dae van die tentoonstelling, wat die stiller dae van dié grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond is, is reeds vier van die monster-trekkers verkoop.
Dit wys optimisme.
“Dit gaan régtig goed met landbou in Suid-Afrika. Landbou in dié land het ’n fenomenale storie,” het JP Landman, politieke en ekonomiese ontleder, op ’n paneelbespreking van Graan SA, wat die skou aanbied, gesê.
...