|
Post by cjm on Aug 8, 2018 16:41:56 GMT
|
|
|
Post by cjm on Aug 9, 2018 5:35:03 GMT
|
|
|
Post by Trog on Aug 9, 2018 10:11:11 GMT
Bullshit. Ek is nie 'n van fan van Magnus nie. Ek het nooit baie van hom gehou nie, al was dit vir geen goeie rede nie. Moontlik bloot omdat hy die hoof was van die SAW. Ek het hom wel eenkeer vlugtig persoonlik ontmoet, en wat my die meeste opgeval het is dat, vir iemand wat die hoof was van die weermag, hy eintlik baie min presence gehad het. Of hy 'n pedofiel was of nie kan ek natuurlik nie sê nie. Hierdie boek kan ook nie. Ek het dit nie gelees nie en ek sal ook nie. Ek het 2 uittreksels gelees en 'n voorwoord deur Marianne Thamm, en dit was genoeg. Daily MaverickCity PressNews24Dit is belaglig om van mense te verwag om te glo dat Malan betrokke kon gewees het by die insidente wat selfs in daardie klein uittreksels beskryf word. Dit is nou die derde maal dat ek dit sê, maar hy was die bleddie hoof van die SAW, terwyl Suid Afrika betrokke was in 'n lae-skaalse oorlog. Ek is absoluut doodseker dat hy nie sy voet iewers kon sit sonder dat omtrent 50 mense hom soos valke dopgehou het nie. Dat hy in 'n derderangse hotelkamertjie saam met 2 ander ouens kleurling tieners kon ontvang sonder dat die hele parlement daarvan te hore sou kom is ondenkbaar. En waarom in Gods naam sou hy hulle met 'n helikopter na Bird Island toe gevlieg het? Om 'n romantiese omgewing te skep? So okay, die hoof van die SAW kry die lugmag, met loodse en ondersteuningspersoneel, saam met die weermag en sonder twyfel ook sy persoonlike lyfwag, bymekaar om homself en 'n paar civilians na 'n eiland toe te vlieg om 'n paar kleurlingseuns te sodomiseer, en geen woord daarvan lek uit nie? Loutere twak. As jy 'n pistool in iemand se gat opdruk en 'n skoot aftrek is hy dood. Punt. Dus - nog 'n belaglike storie. Marianne Thamm is onnosel en verward, maar sy het tog wel 'n geringe reputasie as 'n professionele joernalis. Ek is verbaas dat sy haar weg kon oopsien om 'n voorwoord te skryf vir so 'n hoop gemors.
|
|
|
Post by Trog on Aug 9, 2018 10:25:20 GMT
Ek het aanvanklik gedink Chris Steyn is 'n man. Toe kom ek agter sy is gedeeltelik bekend as 'n joernalis en was op 'n stadium bekend as Chris Steyn-Barlow, toe sy getroud was met die stigter van Executive Outcomes - Eeben Barlow.
|
|
|
Post by cjm on Aug 9, 2018 11:16:36 GMT
Bullshit. Ek is nie 'n van fan van Magnus nie. Ek het nooit baie van hom gehou nie, al was dit vir geen goeie rede nie. Moontlik bloot omdat hy die hoof was van die SAW. Ek het hom wel eenkeer vlugtig persoonlik ontmoet, en wat my die meeste opgeval het is dat, vir iemand wat die hoof was van die weermag, hy eintlik baie min presence gehad het. Of hy 'n pedofiel was of nie kan ek natuurlik nie sê nie. Hierdie boek kan ook nie. Ek het dit nie gelees nie en ek sal ook nie. Ek het 2 uittreksels gelees en 'n voorwoord deur Marianne Thamm, en dit was genoeg. Daily MaverickCity PressNews24Dit is belaglig om van mense te verwag om te glo dat Malan betrokke kon gewees het by die insidente wat selfs in daardie klein uittreksels beskryf word. Dit is nou die derde maal dat ek dit sê, maar hy was die bleddie hoof van die SAW, terwyl Suid Afrika betrokke was in 'n lae-skaalse oorlog. Ek is absoluut doodseker dat hy nie sy voet iewers kon sit sonder dat omtrent 50 mense hom soos valke dopgehou het nie. Dat hy in 'n derderangse hotelkamertjie saam met 2 ander ouens kleurling tieners kon ontvang sonder dat die hele parlement daarvan te hore sou kom is ondenkbaar. En waarom in Gods naam sou hy hulle met 'n helikopter na Bird Island toe gevlieg het? Om 'n romantiese omgewing te skep? So okay, die hoof van die SAW kry die lugmag, met loodse en ondersteuningspersoneel, saam met die weermag en sonder twyfel ook sy persoonlike lyfwag, bymekaar om homself en 'n paar civilians na 'n eiland toe te vlieg om 'n paar kleurlingseuns te sodomiseer, en geen woord daarvan lek uit nie? Loutere twak. As jy 'n pistool in iemand se gat opdruk en 'n skoot aftrek is hy dood. Punt. Dus - nog 'n belaglike storie. Marianne Thamm is onnosel en verward, maar sy het tog wel 'n geringe reputasie as 'n professionele joernalis. Ek is verbaas dat sy haar weg kon oopsien om 'n voorwoord te skryf vir so 'n hoop gemors.
Die boek is op RSG se eenuur-nuusprogram 'n ruk gelede gemeld. Max du Preez is toegelaat om muur-tot-muur kommentaar te lewer. Ongelukkig het ek net dele gehoor, maar soos ek dit verstaan was die pedofielstorie algemeen bekend en was die joernaliste maar net te bang (weens politieke oorsig) om daaroor te skryf. Of hy verduidelik het waarom die Vrye Weeksblad nie daaroor geskryf het nie (en of hulle wel het), die kon ek nie uitmaak nie.
|
|
|
Post by Trog on Aug 9, 2018 11:37:46 GMT
Die boek is op RSG se eenuur-nuusprogram 'n ruk gelede gemeld. Max du Preez is toegelaat om muur-tot-muur kommentaar te lewer. Ongelukkig het ek net dele gehoor, maar soos ek dit verstaan was die pedofielstorie algemeen bekend en was die joernaliste maar net te bang (weens politieke oorsig) om daaroor te skryf. Of hy verduidelik het waarom die Vrye Weeksblad nie daaroor geskryf het nie (en of hulle wel het), die kon ek nie uitmaak nie. Ag nee wat, as Max en sy gespuis daarvan geweet het en te bang was om daaroor te skryf, sou hulle wel gesorg het dat ander mense wat nie te bang was om daaroor te skryf nie daarvan te hore sou kom soos bv. die NYT, The Guardian ens. Dit sou uit die aard van die saak dinamiet gewees het en die vyande van die regime sou nie 'n oomblik gehuiwer het om die meeste daarvan te maak nie. As Max sê hy het geweet dan lieg hy.
|
|
|
Post by cjm on Aug 9, 2018 15:23:50 GMT
Die boek is op RSG se eenuur-nuusprogram 'n ruk gelede gemeld. Max du Preez is toegelaat om muur-tot-muur kommentaar te lewer. Ongelukkig het ek net dele gehoor, maar soos ek dit verstaan was die pedofielstorie algemeen bekend en was die joernaliste maar net te bang (weens politieke oorsig) om daaroor te skryf. Of hy verduidelik het waarom die Vrye Weeksblad nie daaroor geskryf het nie (en of hulle wel het), die kon ek nie uitmaak nie. Ag nee wat, as Max en sy gespuis daarvan geweet het en te bang was om daaroor te skryf, sou hulle wel gesorg het dat ander mense wat nie te bang was om daaroor te skryf nie daarvan te hore sou kom soos bv. die NYT, The Guardian ens. Dit sou uit die aard van die saak dinamiet gewees het en die vyande van die regime sou nie 'n oomblik gehuiwer het om die meeste daarvan te maak nie. As Max sê hy het geweet dan lieg hy. Niks sal my groter plesier gee as dat hy verkeerd is nie.
|
|
|
Post by cjm on Aug 10, 2018 5:36:00 GMT
|
|
|
Post by cjm on Aug 10, 2018 6:56:05 GMT
|
|
|
Post by cjm on Aug 11, 2018 7:31:40 GMT
|
|
|
Post by Trog on Aug 11, 2018 10:06:20 GMT
Net een?! Teen hierdie tyd sou ek verwag het daar moes al omtrent 5,000 gewees het. Goeie punt wat die prof. maak - naamlik dat hy sal moet getuig in 'n openbare hof, onderworpe aan kruisverhoor. Ek sou raai die anonieme slagoffer gaan in der ewig anoniem bly.
|
|
|
Post by cjm on Aug 11, 2018 17:45:25 GMT
Net een?! Teen hierdie tyd sou ek verwag het daar moes al omtrent 5,000 gewees het. Goeie punt wat die prof. maak - naamlik dat hy sal moet getuig in 'n openbare hof, onderworpe aan kruisverhoor. Ek sou raai die anonieme slagoffer gaan in der ewig anoniem bly. Ook interessant is die aanhaling uit die artikel, verder na onder. Ek twyfel of daar iets verdoemends is, want as daar was sou 'n mens verwag dat stappe gedoen sou gewees het.
|
|
|
Post by cjm on Aug 13, 2018 15:06:48 GMT
Dit skyn my dat die enigste doel van die openbaarmaking van die gewaande "feite" 'n skinderveldtog behels. Daar is weinig openbare belang in die publikasie van die aantygings behalwe 'n ongebalanseerde swartsmeerdery van die betrokkenes (en by implikasie, die regime). Die blote feit dat Magnus homself nie kan verdedig teen die ongetoetsde bewerings nie, plaas die bewerings (na dertig jaar) onder verdenking. Dit is nie asof die "feite" gister ontdek is nie.
|
|
|
Post by Trog on Aug 13, 2018 16:05:02 GMT
Soos ek sê, of Malan 'n pedofiel was of nie weet ek nie. Ek het nie van die vent gehou nie en ek het geen motivering om hom te verdedig nie.
Maar die stukkies uit die boek wat ek gelees het is ooglopende verdigsels.
Wat ek sien i.t.v. die groot prentjie het hierdie nie met Malan as sodanig te doen nie. Daar is nog steeds die persepsie dat: sê maar van die Apartheidregering wat jy wil, hulle was onteenseglik eerlik, bekwaam en onkorrupteerbaar - in teenstelling met wat na hulle gebeur het. Dit is 'n persepsie waarmee ek self meerendeels saamgaan. (Dit is ook die grootste retoriese wapen teen die soort regering wat ons deesdae het).
So ek dink - daar is hierdie duidelik bespeurbare poging om daardie persepsie te ondermyn. Oraloor word daar gepoog om die oortuiging te kweek dat die Apartheid regime maar net so skelm, korrup en krimineel was as die huidige klomp gemors. En dit is vanuit hierdie oogpunt dat ek die boek oordeel.
|
|
|
Post by Trog on Aug 14, 2018 8:34:52 GMT
|
|