Ek dink die moontlikheid dat hy selfmoord gepleeg het is nie heeltemal uitgeluit nie. Miskien het hy eensklaps besef dat hy meer afgebyt het as wat hy kan kou. So hy's alleen by hierdie ander ou se huis, hy's depressief, miskien bietjie gekletter, daar is 'n vuurwapen binne bereik - dus, impulsief, die geleentheid is daar, Boem! Sal ook wondere doen vir die verkoop van die boek en die geloofwaardigheid van die storie. So, selfmoord - miskien 50%.
As dit nie selfmoord was nie, is dit interessant om te wonder wie hom uit die pad sou wou hê. Enige bespiegelinge t.o.v. gewese apartheid veiligheidstrukture is myns-insiends belaglik. Waarom sou enige van daardie mense die risiko loop om iemand te vermoor vir, sover ek kan sien, geen rede nie?
Ek dink die hele storie draai, vanaf die Bird Island insidente tot en met die moontlike moord van Minnie, om die sg. besigheidsman Dave Allen.
Ek is taamlik seker dat John Wiley wel selfmoord gepleeg het. Dit is redelik duidelik dat hy by homoseksuele bedrywighede betrokke was met minderjarige seuns. Hy was bewus daarvan dat dit bekend geword het, en in die wêreld waarin hy gelewe het sou so iets sy lewe verwoes. Hy het blykbaar ook finansiele probleme gehad.
Ek sal wel nie verbaas wees as Dave Allen deur een of ander staatsekerheidsliggaam uit die lewe gehelp is nie. Ek dink nie PW of Magnus sou enigiemand opdrag gegee het om hom om te tik nie. Ek dink meer dit sou iets gewees het in die lyn van: Ons het 'n probleem met hierdie ou. Kan julle aan iets dink om dit op te los?
Ek dink basies die storie het só uitgespeel:
Allen was 'n pederas en homoseksueel.
Hy het 'n permit gehad om guano te skraap op Bird Island.
Hy was ook bevriend met Minister van Natuurbewaring en Omgewingsake John Wiley, wat ook 'n pederas en homoseksueel was.
Moontlik het hulle soms jong seuns per boot na Bird Island geneem vir plesier, alhoewel ek vermoed dat daar geen konkrete bewyse voor is nie.
Op 'n stadium het Magnus met 'n helikopter na Bird Island gevlieg. Dit wil my voorkom of dit net een keer gebeur het, en hy het moontlik vir Wiley en Allen saamgeneem as gaste.
In die loop van sy werk met dwelmverslaafdes het Minnie sekere vermoedens ontwikkel en kon 'n lasbrief kry om Allen se woonplek te deursoek. Hy het op 'n stapel kinderpornografie afgekom. Destyds was dit natuurlik selfs meer onwettig as vandag.
Hy het 'n kriminele saak aanhangig gemaak teen Allen, en ek dink dit is hier waar dinge skeef geloop het.
Allen sê: Weet jy wie ek is?
Minnie: Jy is Dave Allen.
Allen: Weet jy wie my vriende is?
Minnie: Vertel my.
Allen: Minister John Wiley!
Minnie: So?
Allen: Weet jy wie nog?
Minnie: Wie?
Allen: Die Minister van verdediging. Generaal Magnus Malan!
Minnie: Wragtag?!
Allen: Ja. En jy sal nie glo wat ons alles gedoen het nie. Jy beter baie mooi dink voordat jy my arresteer.
Ensovoorts.
So Minnie koop sy storie hoek, lyn en sinker en raadpleeg sy baas. Natuurlik kom Magnus daarvan te hore, en dus ook PW. Vir Magnus en PW is die probleem dat as Allen in die hof uitkom en hierdie storie vertel, dan is daar perde. Veral aangesien John Wiley onteenseglik gekompromiteer is. Dinge gaan dus hulle gang.
So dit is nou dertig jaar later, en Minnie vertel die storie wat hy by Allen gekry het.
Nou hier is die ding: Indien Minnie vermoor is, lyk dit vir my baie meer waarskynlik dat dit gedoen is deur mense wat destyds met Allen geassosieer was. Dit is Allen wat die een werklike krimineel was in die verhaal, en baie moontlik is daar van die mense wat betrokke was by sy misdadigheid vandag nog aktief, iewers. Want Allen was verreweg die jongste - ek dink hy was in sy dertigs toe hy dood is. Sy tydgenote kan vandag in hulle vyftigs, sestigs wees.