|
Post by cjm on Jun 16, 2014 16:53:39 GMT
Dit werk goed.
Karringmelkbeskuit
Sleutel: pd : pond t: teelepel k: koppie E: Eetlepel
4 pd Snowflake meelblom 1 pakkie koeksoda 2 pakkies kremetart OF 4 pd Snowflake bruismeel 2 t sout 11/2 k suiker 1/2 pd Darling botter 1/2 pd Stork margarine 2 E sagte vet 1 eier
Ongeveer 4 k karringmelk om mee te meng
Maak aan op botterkoek-metode tot 'n nie te stywe mengsel. [botterkoekmetode: Klop smeer tot roomerig. Voeg suiker geleidik by, daarna eier. Droë bestandele en vloeistof om die beurt.]
Knie goed deur.
Vorm ewe groot bolletjies
Pak in gesmeerde plaat.
Bak in warm oond.
Sodra hulle uit die oond uit kom, breek u hulle van mekaar met 'n vurk.
Deel in dwarste ook deur twee vurke in te steek en te breek.
Droog uit.
Oond 300 grade .
Let op na 'n tydjie of hulle nie te bruin word nie. Skakel oond laer of sit papier op. Oond moet nie te koud wees nie. Beskuit moet goudkleur hê.
Uit: Mev J Theron: Ons Bak en Brou vir Huis en Skou - waarskynlik vroeë sestigs.
|
|