|
Post by cjm on Dec 5, 2018 5:31:03 GMT
|
|
|
Post by Trog on Dec 5, 2018 7:48:59 GMT
Wel, die EFF wil grond nasionaliseer - wat totaal verskil van wat die ANC se verklaarde posisie is ten opsigte van grondbesit. Verder wil die EFF die daad van nasionalisering baie sigbaar maak, aangesien hulle dit beskou as 'n daad van vergelding. Hulle wil wys dat hulle witmense seermaak. Die ANC, daarenteen, hoop om onteiening sonder vergoeding so onopsigtelik as moontlik te maak.
Dit is dus vir die EFF eintlik onmoontlik om saam te gaan met die ANC se voorstelling van onteiening sonder vergoeding, want wat hulle aanbetref mis dit heeltemal die punt. Ook sou dit implisiet suggereer dat hulle dit goedkeur, waarna die kwessie van onteiening sonder vergoeding spoedig sal vervaag na 'n non-issue. Ek het min goeds te sê van die ANC, maar ek vermoed dit was van die begin af (veral t.o.v. Ramaphosa) die strategie: Om die eiendomvraagstuk te ontkoppel van die EFF en om die betekenis daarvan te omvorm na iets anders. Verder het ook presies gebeur wat vir die ANC die optimum uitkoms is - indien die EFF nie die ANC weergawe steun nie, is onteiening sonder vergoeding van die baan, en die ANC kan sê dat dit die meerderheidsbesluit is van die Suid Afrikaanse publiek, en indien die EFF wel die ANC steun is hulle daartoe gebonde om die ANC se weergawe te aanvaar.
My voorspelling is dus dat die EFF NIE saam met die ANC gaan stem nie, sodat hulle onteiening sonder vergoeding kan lewendig hou. Lewendig veral as 'n EFF kwessie.
|
|
|
Post by cjm on Dec 5, 2018 15:04:03 GMT
Wel, die EFF wil grond nasionaliseer - wat totaal verskil van wat die ANC se verklaarde posisie is ten opsigte van grondbesit. Verder wil die EFF die daad van nasionalisering baie sigbaar maak, aangesien hulle dit beskou as 'n daad van vergelding. Hulle wil wys dat hulle witmense seermaak. Die ANC, daarenteen, hoop om onteiening sonder vergoeding so onopsigtelik as moontlik te maak. Dit is dus vir die EFF eintlik onmoontlik om saam te gaan met die ANC se voorstelling van onteiening sonder vergoeding, want wat hulle aanbetref mis dit heeltemal die punt. Ook sou dit implisiet suggereer dat hulle dit goedkeur, waarna die kwessie van onteiening sonder vergoeding spoedig sal vervaag na 'n non-issue. Ek het min goeds te sê van die ANC, maar ek vermoed dit was van die begin af (veral t.o.v. Ramaphosa) die strategie: Om die eiendomvraagstuk te ontkoppel van die EFF en om die betekenis daarvan te omvorm na iets anders. Verder het ook presies gebeur wat vir die ANC die optimum uitkoms is - indien die EFF nie die ANC weergawe steun nie, is onteiening sonder vergoeding van die baan, en die ANC kan sê dat dit die meerderheidsbesluit is van die Suid Afrikaanse publiek, en indien die EFF wel die ANC steun is hulle daartoe gebonde om die ANC se weergawe te aanvaar. My voorspelling is dus dat die EFF NIE saam met die ANC gaan stem nie, sodat hulle onteiening sonder vergoeding kan lewendig hou. Lewendig veral as 'n EFF kwessie. Ek stem volkome saam! Deur nie saam te gaan met die ANC nie, behou die EFF 'n radikale propaganda-punt om in die verkiesing te gebruik. Gaan hulle saam met die ANC verval die kwessie as 'n posisie waaruit hulle alleen kan voordeel trek. Wat na die verkiesing gebeur is natuurlik 'n ander kwessie en hulle kan net so wel dan weer die ANC steun.
|
|