|
Post by cjm on Jan 26, 2019 5:43:37 GMT
|
|
|
Post by Trog on Jul 3, 2019 12:49:34 GMT
In Standerd 8 het ons 'n Miss Griffiths gehad wat vir ons Engels gegee het. Sy was jonk en mooi en naïef en onervare en gaaf en het 'n soort van blommekind styl gehad, met lang los hare en lang helderkleurige rompe. Omtrent elke seun in die klas sou met vreugde 'n koeël gevat het vir haar, en miskien 'n paar van die meisies ook. Sy het dus omtrent die soetste en gedissiplineerdste klasse in die skool gehad.
Een dag gedurende 'n klas stap Cor Dirks daar in en gaan sit in 'n lessenaar met 'n lêer en begin aantekeninge maak. Ek dink die hoof was daardie tyd veronderstel om elke af en toe 'n onverwagte oudit te doen op die kwaliteit van onderrig van onderwysers, veral van nuwe en jong onderwysers.
Ons het onmiddelik gesien dat sy ietwat verboureerd is. Sy was effens pienkerig en skielik heelwat meer formeel en 'school-marmish' en het haar bes probeer om streng voor te kom. So almal doen hulle bes om haar so goed as moontlik te laat lyk. (Daar was 'n duidelik waarneembare gevoel van: "Ons is saam in hierdie ding!") Op 'n stadium vra sy vir Herman om 'n stuk voor te lees wat ons vir huiswerk moes gedoen het. Ek kan steeds nie uitwerk hoekom sy nou eintlik vir Herman gevra het nie - hy was nie juis bekend as ster-materiaal nie. Dit was in elk geval 'n ongelukkige keuse - Herman sak terug in sy stoel, word rooi, staan op en sê: "I didn't do it, Miss." Ek het selde so 'n uitdrukking van wanhoop in 'n onderwyser se oë gesien. Mens kon sien hoe sy dink: "Oh God! What must I do now?" Iemand anders spring toe op en sê: "I'll do it, Miss!"
Cor Dirks het geen reaksie getoon nie, hy het nog so 'n minuut of wat daar gesit en aantekeninge neem, en hy is toe daar uit. Ek hoop maar hy het 'n goeie verslag geskryf.
My tante het hom goed geken, en toe ek omtrent so 10 jaar oud was, het sy my saamgeleep na sy seun, Justice, se troue. Sy vertel hom toe hoe ek sy boeke lees, en hy sê toe hy sal vir my een van hulle per pos aanstuur - watter een wil ek hê? Ek wou "Wadda van die Woestyn" gehad het, maar hy het nie een beskikbaar gehad nie. Ons besluit toe op een van die 'Uile' boeke, wat a paar dae later geteken by my opgedaag het. Ek het dit sedertdien verloor.
Hy het onder andere 'n uitstekende geheue gehad - toe ek op skool was, was ons sowat 800 kinders en hy kon omtrent almal op die naam aanspreek.
|
|
|
Post by diebottoebantoe on Jul 3, 2019 17:22:23 GMT
Daai skooljuffrou is verseker deur 'n skoolseun gespyker.
|
|
|
Post by Trog on Jul 3, 2019 17:57:54 GMT
Daai skooljuffrou is verseker deur 'n skoolseun gespyker. Nee wat. Sy was nie daardie tipe nie. En dit was ander tye, en 'n ander omgewing. Onderwyser/skolier interaksie was met valkoë dopgehou - daardie skool was die hartland van die broederbond. Dit was amper soos 'n tronk. Daar was wel op 'n keer 'n jong onderwyseressie wat 'n bietjie been gewys het, en so aan. Sy het net 3 weke gehou.
|
|
|
Post by diebottoebantoe on Jul 3, 2019 21:10:49 GMT
Ha. Ek kom uit seunskool plus minus selfde era as jy. Ek weet agv baie jare se internet forums. Daai situasie wat jy beskryf het was die perfekte aanloop vir enige skoolseun se fantasie, ook die juffrou sn. By ons het dit gebeur. Ek was ongelukkig die ou vaal foknek wat nie die guts gehad het nie, maar ander het verseker die gap gevat. Na heelwat jare geverifieer. Vra maar vir Krisjan, wat ons almal ken.
|
|
|
Post by Trog on Jul 4, 2019 14:28:13 GMT
Ha. Ek kom uit seunskool plus minus selfde era as jy. Ek weet agv baie jare se internet forums. Daai situasie wat jy beskryf het was die perfekte aanloop vir enige skoolseun se fantasie, ook die juffrou sn. By ons het dit gebeur. Ek was ongelukkig die ou vaal foknek wat nie die guts gehad het nie, maar ander het verseker die gap gevat. Na heelwat jare geverifieer. Vra maar vir Krisjan, wat ons almal ken. Ja, daar was/is verseker sulke juffrouens. En ook menere. Dat juffrouens en menere 'n redelike sterk morele beskouing het ten opsigte van hulle verhouding teenoor hulle leerlinge is wel ook moontlik. Trouens, in die wêreld waarin ek grootgeword het, was dit by uitnemendheid die geval. Vir 'n onderwyser om vroulik, vriendelik, jonk en mooi te wees glo ek nie maak van haar 'n uitsondering daarteenoor nie - mens moet probeer wegkom van die idee dat sy as gevolg daarvan noodwendig gaan rondnaai. Dit is 'n oortuiging wat ontstaan by die waarnemer eerder is in die onderwerp.
|
|