|
Post by cjm on Jun 20, 2019 6:46:11 GMT
|
|
|
Post by Trog on Jun 20, 2019 12:03:08 GMT
Persoonlik heg ek nie veel waarde aan hierdie soort ranglyste nie.
Vir my is daar net een maatstaf, en dit is die standaard van akademiese onderrig. Universiteite het natuurlik ander funksies ook, soos bv. navorsing en miskien kultuurontwikkeling. Maar dit is onderrig wat van 'n universiteit 'n universiteit maak.
Die standaard van onderrig by MIT, Oxford, Caltech, Cambridge en dies meer is uiteraard goed. Maar dit lyk nie vir my of hulle rangorde in die lys veel te make het daarmee nie, en tot omtrent 30 jaar gelede glo ek nie dat die standaard van onderrig by SA universiteite enigsinds teruggestaan het by hulle nie. Voorgraads in natuurwetenskappe en wiskunde was maar presies dieselfde materiaal aangebied as by MIT, Oxford en Cambridge, (die universiteit waar ek was het selfs oudit-ooreenkomste gehad met MIT, Oxford en sekere Duitse en Hollandse universiteite om te verseker dat die kursusse ekivalent en op standaard is) en nagraads kan mens natuurlik enige aantal externe promotors by enige van daardie universiteite gehad het. Ek sal meer waarde heg aan 'n lys wat uitsluitlik gebasseer is op so 'n soort van evaluasie.
|
|
|
Post by cjm on Jun 20, 2019 13:29:19 GMT
Persoonlik heg ek nie veel waarde aan hierdie soort ranglyste nie. Vir my is daar net een maatstaf, en dit is die standaard van akademiese onderrig. Universiteite het natuurlik ander funksies ook, soos bv. navorsing en miskien kultuurontwikkeling. Maar dit is onderrig wat van 'n universiteit 'n universiteit maak. Die standaard van onderrig by MIT, Oxford, Caltech, Cambridge en dies meer is uiteraard goed. Maar dit lyk nie vir my of hulle rangorde in die lys veel te make het daarmee nie, en tot omtrent 30 jaar gelede glo ek nie dat die standaard van onderrig by SA universiteite enigsinds teruggestaan het by hulle nie. Voorgraads in natuurwetenskappe en wiskunde was maar presies dieselfde materiaal aangebied as by MIT, Oxford en Cambridge, (die universiteit waar ek was het selfs oudit-ooreenkomste gehad met MIT, Oxford en sekere Duitse en Hollandse universiteite om te verseker dat die kursusse ekivalent en op standaard is) en nagraads kan mens natuurlik enige aantal externe promotors by enige van daardie universiteite gehad het. Ek sal meer waarde heg aan 'n lys wat uitsluitlik gebasseer is op so 'n soort van evaluasie. Ek stem volkome saam. UCT het uit hul pad gegaan om vooraanstaande navorsers te trek. Daardie mense se navorsing het punte ingebring maar ek twyfel of die onderrig beter was.
|
|