Post by cjm on Nov 7, 2014 18:11:49 GMT
www.fak.org.za/blog/rebellie-die-bloed-van-die-afrikaner/
Rebellie in die bloed van die Afrikaner
27 Feb 2014
Deur MARTHINUS VAN BART
Dit is vanjaar presies ’n eeu gelede dat die Rebellie van 1914 plaasgevind het toe ’n beduidende getal Afrikaners met wapengeweld teen die Britse oorheersing van Suid-Afrika in opstand gekom het.
In 1910 het Suid-Afrika ’n sogenaamde Unie met ’n eie bestuur geword. Dit was egter klugtig deurdat Britse pionne aan die stuur van sake was, ’n Britse goewerneur-generaal Londen hier verteenwoordig het, en die Britse vlag, die Union Jack, sy aan sy met die landsvlag voor alle staatsgeboue gewapper het. Selfs in die sentrum van die landsvlag was daar ’n Union Jack teenwoordig. Brittanje het indertyd tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree en het verwag dat Suid-Afrika, wat sedert die afloop van die Anglo-Boereoorlog in 1902 onder die Britse vlag verkeer en onder die gesag van ’n Britse goewerneur-generaal gestaan het, sy belange daarin sou dien.
Genl.Louis Botha, eerste premier van Suid-Afrika na Uniewording in 1910, besluit om namens Brittanje tot die Eerste Wereldoorlog toe te tree. Dit het die volk verskaf vir die Rebellie van 1914. Die skets is deur DC Boonzaier van De Burger.
Genl.Louis Botha, eerste premier van Suid-Afrika na Uniewording in 1910, besluit om namens Brittanje tot die Eerste Wereldoorlog toe te tree. Dit het die vonk verskaf vir die Rebellie van 1914. Die skets is deur DC Boonzaier van De Burger.
Nie net moes Afrikaners aan die kant van Brittanje in Europa die wapen teen Duitsland gaan opneem nie, maar hulle moes ook Duits-Suidwes-Afrika binneval en beslag op die diamantmyne daar lê. Laasgenoemde is kort daarna deur die Brits-Joodse diamant- en goudbaron sir Ernest Oppenheimer oorgeneem, en sy kapitalistiese sakeryk besit dit vandag nog. Die opstand van die Afrikaners teen die destydse plaaslike regering as verteenwoordiger van die Britse Ryk onder genls. Louis Botha, premier, en Jan Smuts, minister van verdediging, is bloedig onderdruk. Maar in plaas daarvan dat die rebelsheid daarmee uitgedoof is, het dit bloot op passiewe wyse as ’n nasionale krag voortgestu totdat dit in 1948 by die stembus die oorhand oor die landsregering gekry en die Union Jack in 1961, met Republiekwording, van Suid-Afrika se vlagpale gestryk is en die goewerneur-generaal deur ’n staatspresident vervang is.
'n Kommando rebelle van 1914 nuttig ontbyt te velde. Hulle het die regeringstroee van genls. Louis Botha en Jan Smuts, minister van verdediging, aangepak. Hulle was egter te min om die rebellie van 1914 te laat slaag, Wat hulle wel reggekry het, was om die nageslag te wys dat 'n mens nie met jou moet laat mors nie, en dat 'n regering se wanpraktyke nie net gedwee aanvaar moet word nie.
‘n Kommando rebelle van 1914 nuttig ontbyt te velde. Hulle het die regeringstroepe van genls. Louis Botha en Jan Smuts, minister van verdediging, aangepak. Hulle was egter te min om die rebellie te laat slaag, Wat hulle wel reggekry het, was om aan die nageslag te wys dat ‘n mens nie met jou moet laat mors nie, en dat ‘n regering se wanpraktyke nie net gelate aanvaar mag word nie.
Sedert die oorname van die politieke mag in die land deur ’n oorweldigende swart meerderheid onder leiding van die ANC – en met buitelandse geldelike en militêre hulp, vernaamlik van Brittanje – word die inherente rebelsheid van die Afrikaner en sy kultuur onverpoos allerlei vernederende skeldname toegedig, en word daar met anti-Afrikaner-propaganda probeer om, onder meer, die Rebellie van 1914 af te maak as ’n ongeregverdigde oproermakery deur emosionele agterlikes, ’n soort subkultuur van “bywoners”. Hierdie pro-“struggle”-skrywers word uit die geledere van akademici aan universiteite gewerf om geloofwaardigheid aan ’n politiek gedrewe smeerveldtog te probeer gee.
Maar die vraag na die aard en herkoms van die rebelsheid van die Afrikaner en, onder meer, die Rebellie van 1914, is nie nuut nie. Die filosoof, regsgeleerde en dramaturg W.A. (Bill) de Klerk het reeds in 1957 die soeklig daarop laat val met sy boek The Puritans in Africa. In deel twee: “Roots and Relations”, ondersoek hy in die afdeling “Rebels not Revolutionaries” die herkoms van die inherente rebelsheid van die Afrikaner as nasionale karaktertrek.
Hy gaan terug na die voorgeskiedenis van die Dietse, Hugenote en (in ’n mindere mate) Skotse voorouers van die Afrikaners om aan te toon dat die geskiedenis van rebelsheid van hierdie volke of groepe vernaamlik in hul eties-religieuse stellingname, hul sin vir geregtigheid en hul vryheidstrewe gesetel het. Hy toon aan dat hul rebelsheid in wese ’n verwerping van en weerstand teen tirannie, onreg en ’n kragdadige oorheersing deur vreemde volke, instellings of magsgroeperings was. Weens die bloedige aard van hierdie geskiedkundige konflikte het die gedetermineerde rebelsheid van die Afrikaner so intens geword, dat dit in die genetiese materiaal van die nageslagte vasgelê is.
...