|
Post by cjm on Sept 24, 2020 7:58:10 GMT
|
|
|
Post by Trog on Sept 25, 2020 4:49:34 GMT
Vir my is die meer pertinente vraag: Hoe het dit gebeur dat sy op daardie tyd, op daardie plek in daardie motor was?
|
|
|
Post by cjm on Dec 3, 2020 16:24:37 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 31, 2022 6:39:35 GMT
|
|
|
Post by Trog on Jul 31, 2022 10:20:38 GMT
Dis jammer die kind is dood.
Wat die bestuurder aanbetref - ek dink nie daar gaan te veel van kom nie. Nalatige bestuur is omtrent al. Ten opsigte van dronkenskap is daar, so vêr ek kan sien, geen toetse gedoen nie. Daar is geen hulp wat hy die meisie sou kon gee nie - as jou kop vir langer as 3 minute onder die water is, is jy dood. Ek glo nie enigiemand sou, onmiddelik nadat hy in 'n ongeluk van daardie omvang was, instaat wees daartoe om binne 3 minute tot verhaal te kom, die situasie op te som, en redelike besluite te neem nie. Ek is inderdaad doodseker dat hy alle hulp wat hy instaat toe was sou verleen het, sovêr as wat sy toestand hom dit toegelaat het.
Wat skeepgeloop het was nie regtig die ongeluk opsigself nie - dit het einlik baie (jare) vroeër al begin, as 'n sameloop van mense, omstandighede en 'n tydsgees met 'n ongelukkige kulminasie.
Dis nie dat ek simpatie het met die bestuurder nie - inteendeel. Vir 'n 24 jarige man wat laat in die nag orals rond met 'n matriekmeisie kafoefel het ek min tyd. Maar jy kan nie die ongeluk gebruik om hom dáárvoor te straf nie.
|
|
|
Post by cjm on Aug 1, 2022 6:48:56 GMT
Dis jammer die kind is dood. Wat die bestuurder aanbetref - ek dink nie daar gaan te veel van kom nie. Nalatige bestuur is omtrent al. Ten opsigte van dronkenskap is daar, so vêr ek kan sien, geen toetse gedoen nie. Daar is geen hulp wat hy die meisie sou kon gee nie - as jou kop vir langer as 3 minute onder die water is, is jy dood. Ek glo nie enigiemand sou, onmiddelik nadat hy in 'n ongeluk van daardie omvang was, instaat wees daartoe om binne 3 minute tot verhaal te kom, die situasie op te som, en redelike besluite te neem nie. Ek is inderdaad doodseker dat hy alle hulp wat hy instaat toe was sou verleen het, sovêr as wat sy toestand hom dit toegelaat het. Wat skeepgeloop het was nie regtig die ongeluk opsigself nie - dit het einlik baie (jare) vroeër al begin, as 'n sameloop van mense, omstandighede en 'n tydsgees met 'n ongelukkige kulminasie. Dis nie dat ek simpatie het met die bestuurder nie - inteendeel. Vir 'n 24 jarige man wat laat in die nag orals rond met 'n matriekmeisie kafoefel het ek min tyd. Maar jy kan nie die ongeluk gebruik om hom dáárvoor te straf nie. Ek kan nie eintlik met jou verskil nie. Wat ek egter dink krimineel is, is die dokter wat hom ondersoek het en nie kan onthou of hy na drank geruik het nie. Ek wonder ook ook of hulle nie net genoeg getuienis kan bymekaar maak om 'n prima facie saak te maak nie en Berry sodoende te dwing om te getuig nie. Daar is 'n leerstuk wat res ipsa loquitur heet en kortliks daarop neerkom dat nalatigheid "vermoed" word as jy 'n ongeluk maak. Die skakel lei na buitelandse reg maar op die oog af lyk dit baie soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse reg. As jy by dronkbestuur kan uitkom, kan jy miskien hulp kry by die dolus eventualis leerstuk vir moord.
|
|
|
Post by Trog on Aug 1, 2022 13:18:43 GMT
|
|
|
Post by cjm on Aug 1, 2022 18:48:37 GMT
Ja, of om ander getuienis aan te bied wat nalatigheid weerlê. Ek dink dit word gesê dat die stelreël streng gesproke nie 'n vermoede is nie, maar 'n logiese afleiding wat uit die situasie gemaak kan word en wat dan die beskuldigde impliseer. Die kern is, dat hulle 'n kans kry om hom onder kruisverhoor te neem. Daar moet ook 'n kroegman (of 'n kennis miskien van die meisie) êrens wees wat ten minste 'n idee kan gee van hoeveel hy gedrink het.
|
|
|
Post by Trog on Aug 2, 2022 6:11:14 GMT
Ek moet sê dat, myns insiens - 'n outomatiese aanname van nalatigheid bloot omdat 'n motorongeluk gebeur het is net fundameteel verkeerd. In geval van 'n motorongeluk: die aanname wat wél gemaak kan word is dat iemand 'n fout gemaak het. (Behalwe wanneer iemand doelbewus 'n ongeluk veroorsaak, maar dit is 'n ander storie). Ek, en elke ander mens, maak baie foute. Amper geeneen van daardie foute is as gevolg van nalatigheid nie. In die geval van motorongelukke, ook, sou ek spekuleer dat meer as 90% daarvan die gevolg is van 'n fout, eerder as nalatigheid. Veral wanneer 'n aanname van nalatigheid kriminele gedrag impliseer sou ek die geldigheid van so 'n aanname verwerp. Dit hang seker ook af van hoe mens nou eintlik nalatigheid definieer. Om alle foute te klassifiseer as nalatig is absurd - dan sal niemand ooit bevoegd wees om 'n motorvoertuig te bestuur nie. In ieder geval, ek sou reken dat al wat jy hoef te sê is: "Man, ek het genies, my oë was vol snot en trane, ek het in die deur se rakkie gevroetel vir 'n tissue en toe ek weer sien, toe lê ek in die sloot. Sorry." Vêrder is dit ook heel moontlik en selfs waarskynlik dat die bestuurder vir 'n wyle bewusteloos was na die ongeluk. Dit gaan dikwels gepaard met geheue verlies van die laaste paar minute of langer voor jy jou bewussyn verloor het. In welke geval die bestuurder nie eers in staat is om akkuraat te vertel hoekom hy nie nalatig was nie, selfs al wil hy. Dit sluit aan by een van die punte in die uitpraak van die saak wat ek aangeheg het: Die 2 bestuurders van die voertuie wat in die pad gelê het was albei dood, en kon geen getuienis lewer t.o.v. hulle nalatigheid al dan nie. 'n Aanname van res ipsa loquitur is dus onverdedigbaar. Dit behoort ook te geld vir geheuverlies. In welke geval al wat nodig is, is om te sê: Ek kan nie onthou nie.
|
|
|
Post by cjm on Aug 2, 2022 9:10:03 GMT
Ek moet sê dat, myns insiens - 'n outomatiese aanname van nalatigheid bloot omdat 'n motorongeluk gebeur het is net fundameteel verkeerd. In geval van 'n motorongeluk: die aanname wat wél gemaak kan word is dat iemand 'n fout gemaak het. (Behalwe wanneer iemand doelbewus 'n ongeluk veroorsaak, maar dit is 'n ander storie). Ek, en elke ander mens, maak baie foute. Amper geeneen van daardie foute is as gevolg van nalatigheid nie. In die geval van motorongelukke, ook, sou ek spekuleer dat meer as 90% daarvan die gevolg is van 'n fout, eerder as nalatigheid. Veral wanneer 'n aanname van nalatigheid kriminele gedrag impliseer sou ek die geldigheid van so 'n aanname verwerp. Dit hang seker ook af van hoe mens nou eintlik nalatigheid definieer. Om alle foute te klassifiseer as nalatig is absurd - dan sal niemand ooit bevoegd wees om 'n motorvoertuig te bestuur nie. In ieder geval, ek sou reken dat al wat jy hoef te sê is: "Man, ek het genies, my oë was vol snot en trane, ek het in die deur se rakkie gevroetel vir 'n tissue en toe ek weer sien, toe lê ek in die sloot. Sorry." Vêrder is dit ook heel moontlik en selfs waarskynlik dat die bestuurder vir 'n wyle bewusteloos was na die ongeluk. Dit gaan dikwels gepaard met geheue verlies van die laaste paar minute of langer voor jy jou bewussyn verloor het. In welke geval die bestuurder nie eers in staat is om akkuraat te vertel hoekom hy nie nalatig was nie, selfs al wil hy. Dit sluit aan by een van die punte in die uitpraak van die saak wat ek aangeheg het: Die 2 bestuurders van die voertuie wat in die pad gelê het was albei dood, en kon geen getuienis lewer t.o.v. hulle nalatigheid al dan nie. 'n Aanname van res ipsa loquitur is dus onverdedigbaar. Dit behoort ook te geld vir geheuverlies. In welke geval al wat nodig is, is om te sê: Ek kan nie onthou nie. Al sê die een net dat hy nie kan onthou nie, het jy tog die kans om hom verder te ondervra. Die vereistes vir 'n prima facie saak (die stadium wanneer hierdie kwessie ter sprake kom) is ook baie laer as vir 'n skuldigbevinding. Dit beteken dat in die afwesigheid van verdere getuienis, 'n skuldigbevinding moontlik is. Iets wat ook 'n rol speel is hoe maklik of hoe moeilik dit vir 'n beskuldigde is om tersaaklike getuienis aan te voer. Die leerstuk word bv verduidelik op die volgende manier: As 'n ongeluk gebeur op 'n wyse wat onverklaarbaar is, maar normaalweg nie gebeur sonder nalatigheid nie, is 'n hof geregtig om nalatigheid aan te neem. Ander voorbeelde is as 'n depper in 'n operasiewond agtergelaat word, 'n voertuig sonder insittendes wat 'n afdraend afhardloop, 'n vragmotor wat skielik na die verkeerde kant van die pad swenk. Die beredenering steun nie op enige regsreël nie, maar is bloot gesonde verstand (ek gebruik 'n ou weergawe van Hoffmann et al se The South African Law of evidence vir hierdie wyshede).
|
|
|
Post by cjm on Sept 22, 2022 14:54:59 GMT
|
|
|
Post by cjm on Feb 17, 2023 13:52:56 GMT
|
|
|
Post by cjm on Apr 1, 2023 21:18:13 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jun 1, 2023 18:37:43 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 20, 2023 18:51:39 GMT
|
|