Post by cjm on Oct 20, 2015 5:29:54 GMT
KOOS
www.netwerk24.com/stemme/menings/2015-10-07-koos-kombuis-is-ons-denke-werklik-so-bankrot
Hoogtepunte:
Dit lyk asof al die kulturele bastions wat ons probeer bou het om die chaos buite te hou, vanaf die eng denke van die N.P. tot die droom van ’n eenheid bo alle rasgrense heen, meteens ’n dilemma ervaar wat vergelykbaar is met die Springbokke ná hul rampspoedige wedstryd teen Japan verlede maand.
Morele, strukturele en selfs geestelike bankrotskap.
Die droom van ’n “reënboognasie” is vervang deur die retoriek van die revolusie. Apartheid is terug in nuwe gedaantes.
In kort: hoe verder die spekter van wit nasionalisme verdwyn in die verlede in, hoe harder word die tromgeslag gehoor van ’n nuwe gedagtestroom: swart nasionalisme.
...
Laat ons nou maar eerlik wees: dit gaan lankal nie meer oor “Die Stem”, of eens oor vryheid van spraak nie. Elke enkele oproep uit hierdie geledere is ’n poging om Afrikaners te mobiliseer om die nuwe swart nasionalisme teen te staan met ’n nuwe – of dieselfde ou – wit nasionalisme. Ek bespeur selfs iets hiervan in Solidariteit se voorgenome, alte eksklusiewe “Helpmekaarplan 2020” (maar ek hoop van harte ek is verkeerd).
...
Ek kan nie help nie om te wonder of die huidige viktimisering van Afrikaans as opvoederstaal juis gebeur het as reaksie op Steve-hulle se pogings om die Afrikaner te herdefinieer volgens die ou standaarde van die verre verlede.
...
As Steve ’n leier vir die Afrikaners wil wees, sou hy beter doen as hy, in plaas van alle swartmense voor die voet af te maak as minderwaardige halfmense en die ganse volk saam met hom in ’n vriendelose, geïsoleerde hoekie vas te verf, hy ons eerder aanmoedig om vennote te probeer soek in mense soos Thuli Madonsela, Mmusi Maimane, die UDM (wat onlangs nog die ANC in ’n tussenverkiesing verslaan het), selfs Cope. ’n Land met ’n handjievol onvolmaakte vriende is beter as ’n onvriendelike land waar absoluut almal die vyand is.
DAN
praag.co.za/?p=34543
Hoogtepunte:
Onlangs het Koos Kombuis ‘n rubriek gepubliseer met die titel Is ons denke werklik so bankrot? Ek wil graag daarop antwoord, nie net omdat hy verkeerdelik na my en Steve Hofmeyr as “wit nasionaliste” verwys nie, maar ook omdat ek sy aanvoeling dat “ons denke” bankrot is, wil beaam. Hoeveel onse in jou pond Koos? kan mens tereg vra. Vir seker sluit ek nie myself en die res van die PRAAG-rubriekskrywers en nog minder vir Steve Hofmeyr by dié “onse” met bankrotdenke in nie.
...
Onmiddellik wil ek vra: Moet “alle regdenkende Suid-Afrikaners” insgelyks Engelse en Suid-Afrikaanse nasionalisme – wat deesdae een en dieselfde ding is – verwerp? Want die ekstreemlinkse Engelse (en Jode) is ooglopend triomfantelik en nasionalisties oor hul “oorwinning” oor Afrikaners. Die stryd om beheer oor swart opvoeding en media wat al sedert die koms van die Britse sendelinge woed, is oënskynlik deur hulle gewen. Dis waaroor die sogenaamde “opstand teen Afrikaans” in 1976, wat deur die Anglikaanse Kerk, asook The Star en The Rand Daily Mail, georganiseer en georkestreer is, óók gegaan het.
...
Koos verwys na “die eng denke van die N.P.”, maar is dit nie presies waarmee hy besig is nie? Beleef ons nie nou juis wat die N.P. in sy terminale fase vir ons wou bewerkstellig nie? Immers is Roelf Meyer, F.W. de Klerk, Leon Wessels, Renier Schoeman en die res van die N.P. tot die Engelse neomarxisme van ‘n multikulturele demokratuur bekeer!
...
Waarom is die Broederbond, die N.P., die N.G. Kerk en elke ander belangrike instelling so maklik tot die revolusie bekeer? Juis vanweë die bankrotskap van hul denke! Terugskouend het F.W. de Klerk en die res van die N.P. aan Joe Slovo, Ronnie Kasrils, Ben Turok en hul figurant Nelson Mandela oorgegee omdat hulle nie werklik verstaan het met wie en waarmee hulle te doene gehad het nie! De Klerk en sy broer Wimpie was produkte van die PUK waar dans tot redelik onlangs verbode was en die werke van Marx en Engels, asook die geskrifte van Harold Wolpe, Joe Slovo, Ruth First en ander, seker dieper in die doofpot gesteek is as Wimpie se seksuele skandes by die meisieskoshuis waar hy eens koshuisvader was. Praat van wolf skaapwagter maak!
Elke dag as ek die Afrikaanse koerante of hul aanlynoorblyfsels lees, kom ek onder die indruk van die volslae naïwiteit van ons mense, hul gebrekkige begrip van internasionale politiek, maar veral die enorme leemte in hul opvoeding as dit kom by die Europese denktradisie wat steeds in ‘n hoë mate die gang van globale politiek bepaal. In Frankryk, Nederland, Swede, Duitsland en ander lande heers daar tans ‘n intense debat oor kultuurkonflik wat deur die sg. “migrante” verhewig word. Europa ontdek nou die problematiek waarmee Verwoerd en sy tydgenote destyds geworstel het, dié van ‘n multiëtniese samelewing met diepgewortelde kultuurverskille. Pleks daarvan dat Afrikaanse skrywers, intellektuele en politici egter op gelyke voet hieraan deelneem, is hulle tjoepstil. Hulle probeer Slovo en Mandela se revolusie ter wille wees! Oor die enkele interessante idees en politieke insigte wat ons mense oor die jare ontwikkel het, het hulle geheueverlies, of verkies om glad nie daarvan kennis te neem nie omdat dit teenstrydig met die heersende Slovoïsme sou wees.
Mandela was nooit opreg in enigiets wat hy gesê het nie. Sy sogenaamde “versoenende uitsprake” is gemaak in ‘n tyd toe die ANC-SAKP nog nie volkome beheer oor die weermag en polisie gehad het nie. Hy was ‘n kulkunstenaar wat die revolusionêre broodnodig gehad het om hul staatsgreep te verstewig. Die paragraaf van Mandela wat Koos aanhaal, is in elk geval al tot vervelens toe aan ons deur die hoofstroommedia opgedring en dit is sinneloos. Geen grondwet op aarde kan die oorheersing van ‘n etniese minderheid verhoed nie, tensy dit dalk in Kanada is. Maar in alle veeltalige Westerse lande soos Kanada, België of Spanje waar daar min of meer billik met die regte van verskillende taal- of etniese groepe omgegaan word, geskied dit vanweë die dreigement van selfbeskikking en onafhanklikwording van die minderheidsgroep. Dis ‘n hele debat op sigself en ek laat dit daar.
Terug na “ons” intellektuele bankrotskap, waarvan ek myself en ‘n klein groepie andersdenkende Afrikaners uitsluit. Ons is nie deur die wierook van die demokratuur om die bos gelei nie. Die SAKP en sy “voorhoede” van “progressiewe denkers” en hatige revolusionêre verdrukkers was nie aan ons onbekend nie. ...
Al was ons by tye hoe liberaal of hoe afvallig van die hoofstroom- Afrikanerkultuur, sou ons nooit die fout gemaak het om soos die N.P. ons vertroue in die revolusie te plaas nie. My liewe hemel, het die Afrikaner in 1994 dan niks geweet nie? Het hy nie Solsjinitsin gelees, of selfs Arthur Koestler of Albert Camus oor die “Rooi Kerk” nie? Die Franse intellektuele wat in die sewentigerjare verdoemende kritiek op marxisme en kommunisme gelewer het, het in die laat sewentigerjare selfs die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Time gehaal. Het “ons” – Koos Kombuis se “ons” – nie daarvan kennis geneem nie?
...
Daar is net een stukkie waarheid in Koos Kombuis se kommentaar en dit is dat swart nasionalisme in Suid-Afrika ‘n “pseudo-beweging” is. Net soos elke bankrot Afrikaland deur ‘n groter moondheid of “donateur” (deesdae veral China) gemanipuleer word, só staan daar agter elke “swart nasionalis” ‘n blanke marxis of organiseerder of geldskieter. Waarskynlik het Malema nog nooit ‘n sent van enige van sy ondersteuners in die lokasie (“kasi” is seker die meer polities korrekte spelling, soos die SABC dit gebruik) ontvang nie. ‘n Beweging soos die EFF ontstaan nie uit die niet of “spontaan” nie. Politiek kos geld, baie geld. Sekere elemente van die “voorhoede” beskou dit egter as in hulle belang om ‘n figuur soos Malema te befonds, aan te praat, publisiteit te gee en van allerlei logistieke steun te voorsien.
Koos Kombuis het ook nie gelyk as hy meen dat ek en Steve Hofmeyr “wit nasionliste” is nie. Ek kan nie vir Steve praat nie, maar nêrens het hy nog ooit ‘n oproep gedoen dat “die witmense van Suid-Afrika” teen ander rasse moet saamstaan, op die manier waarop sommige Amerikaners dit doen nie.
...
Daarom lei die Afrikaner se bankrotdenke onvermydelik tot sy finansiële en maatskaplike bankrotskap.
...
Nie net is die Afrikaner tans te swak om enige voordeel vir ‘n ander groep te hê nie, maar FW en Roelf Meyer het ook ons laaste oorblywende swart bondgenote in die vroeë negentigerjare in die rug gesteek. Geen selfrespekterende swart leier sal ooit weer ‘n Afrikaner vertrou nie, danksy die optrede van sogenaamde “Afrikanerleiers” in die onlangse verlede.
Wat Koos Kombuis uiteindelik bepleit, is ‘n Fukuyama-agtige “einde van die geskiedenis”. Hy hoop dat die geskiedenis in 1994 geëindig het en dat ons vyande almal soos mis voor die son verdwyn het. Daarom bestaan daar nou die moontlikheid van ewigdurende samesyn in ‘n “nie-rassige utopie”. Suid-Afrika is egter tans meer rasbewus as ooit onder sogenaamde “apartheid”.
...
Ongelukkig vir Koos Kombuis en baie ander Afrikaners wat gedink het dat die geskiedenis of die stryd nou tot stilstand gekom het, of dat die nagmerrie daarvan “opgehou” het, is so iets onmoontlik. Paul Kruger het die ontdekking van goud in die Transvaal as ‘n vloek beskou, want hy het besef dat dit afguns en konflik sou veroorsaak.
Net so het Afrikanerregering in die twintigste eeu rykdom en welvaart geskep, wat verdere afguns en gierigheid veroorsaak het. Slegs wanneer die laaste Afrikanerbate ingepalm is, sal die konflik ophou, indien ooit. Want solank as wat ons oor die vermoë beskik om steeds die Afrikaanse taal en kultuur te bedryf, tesame met voortreflike skole en kampusse, sal daardie jaloesie oor ons aangewakker raak, al oorhandig ons elke ander ding wat ons besit, elke huis, plaas of voertuig. Selfs al gaan die hele Suid-Afrika tot niet en poog ons agterna om dit weer te herbou, sal dit vyandskap en nydigheid ontlok;...
Ongelukkig is ons in ‘n alles-of-niks-stryd vasgevang. Óf ons gaan heeltemal ten gronde, óf ons doen iets daaraan en begin opstaan soos ons voorouers soveel male vantevore gedoen het.