Post by cjm on Dec 19, 2015 15:45:06 GMT
Dis dalk tyd om te erken: Die
nee-stemmers wás toe reg
Hannes Terblanche van Potchefstroom skryf:
Ek onthou nog goed dle stellings en sienings
van dle "nee"-stemmers in 1992 se referendum
waarin jy "Ja" of "Nee" vir transfor-
masie kon stem.
Ek was as 'n politieke wetenskaplike oortuig dat
die nodige gedoen sou word om wit
Suid-Afrikaners en al die ander inwoners
van die land se regte op die een of ander
manner te beskerm. Ons was oortuig dat die
Suid-Afrikaanse ekonomie te sterk is en dat
al ons regte en voorregte in die nuwe
Grondwet vervat sal word.
Die "nee-stemmers" se voorspellings was
onder meer:
* Suid-Afrika gaan net nog `n wanbe-
stuurde Afrikastaat word:
* Die hele spektrum van dienslewering
gaan in duie stort;
* Die staatskas gaan geplunder word;
* Wit SuidAfrikaners gaan orals verdruk
en uitgedruk word:
* Wit Suid-Afrikaners gaan ontwapen
word;
* Misdaad gaan die hoogte inskiet;
* Die ANC gaan net vir sy kaders sorg;
* Die Afrikaner-kultuur gaan vernietig
word: en
* Persvryheid gaan ingeperk word.
Nou, in 2015, lyk dit asof al die voorspel-
lings van die “nee-stemmers",op skouspelag-
tige wyse waar gaan word, selfs nog in er-
ger mate as wat voorspel is.
Dit wil vandag voorkom asof bedrog en
rampokkery vir die huidige regering niks
anders as net goeie besigheid beteken nie.
Hulle is soos 'n rowerbende wat die staats-
kas na willekeur plunder.
Die onbevoegdheid van die meeste staats-
werker is is skreiend en hulle sit daar agter
groot lessenaars met die grootste arrogansie
en niks doen nie, en ontvang hul salaris aan
die einde van die maand sonder 'n grein
skaamte.
Ek braai nou een aand saam met stųden-
te, almal ná 1992 gebore en kom tot die ge-
volgtrekking dat rassekonflik vandag erger
is as in 1992 en ek voorspel dat die dag wan-
neer die grootste rots in die see weggekalwė
is deur sand en water - daardie dag gaan
hierdie oeroue konflik dalk stop.
Moet ons nie maar ons koppe laat sak en sê of
erken dat die “nee-stemmers" op die ou end tog
reg was nie?
Sien ook