Post by cjm on Dec 29, 2015 21:22:53 GMT
Dan Roodt: Anglomaanse professore op Stellenbosch so erg soos ISIS
Posted By: Dan Roodt 27 December 2015
Toe die oorspronklike pleidooi vir slegs Engels aan Maties deur proff. Sandra Liebenberg en A.J. van der Walt aanlyn in hul gunstelingtaal gepubliseer is, het meeste mense dit as anglomaans en selfs ekstremisties ervaar. Tot my verbasing is dit onlangs in Afrikaanse vertaling in die Media24-koerante oorgedruk.
“Afrikaans verdien nie spesiale behandeling” is die titel van hul betoog… maar Engels verdien wel spesiale behandeling! Die denkarmoede wat uit hul teenstrydige, etnies chauvinistiese argumente spreek, oortuig ‘n mens kwalik daarvan dat die Rooitaal ‘n heilsame uitwerking op akademici het; inteendeel.
Liebenberg en Van der Walt lewer ‘n wesentlike pleidooi vir ‘n neokoloniale monokultuur wat van Suid-Afrika ‘n akademiese stortingsterrein van die VSA sal maak. As ‘n mens kyk hoe sleg die geesteswetenskappe, veral letterkunde, filosofie en ander dissiplines in die VSA en Brittanje by die kosmopolitiese, veeltalige Europese tradisie afsteek, dan lei “eentalig-Engels” regstreeks tot verval. Tot omtrent ‘n eeu gelede het Engeland ‘n betreklik geringe rol in die ontwikkeling van die Westerse kultuur en denke gespeel. Selfs oor die afgelope vyftig jaar het verskeie Franse en Duitse denkers – dink maar Heidegger, Sartre, Camus, Derrida of Foucault – kultusfigure in die Engelse wêreld geword en is in vertaling opgeslurp. Waar in die Engelse wêreld bestaan daar so ‘n lewendige literêre en filosofiese debat soos in Parys waar gedurig grondverskuiwende boeke verskyn en hewig geargumenteer word? Nee wat, Londen en New York kan maar gaan slaap.
Omdat die geesteswetenskappe in ‘n hoë mate uit die interpretasie en herinterpretasie van klassieke idees bestaan, sal die groot name van die Westerse denke – wat juis nie Engels is nie – altyd ‘n groot rol op universiteit inneem. Liebenberg en Van der Walt is albei regsgeleerdes wat waarskynlik nie baie gekultiveerd is nie, anders sou hulle nie so ‘n stomme argument ten gunste van ‘n Engelse monokultuur in die akademie aangevoer het nie.
Selfs daardie platpoot-Boeremarxis en voorstander van histeriese politieke korrektheid, Leopold Scholtz, “beken” in dieselfde Media24-publikasies die volgende:
Ek moet vandag iets beken. Anders as die twee geleerde professore (Liebenberg en Van der Walt) is ek geen regsgeleerde nie. Maar ek het, vermoed ek, ’n gesonde verstand. En wat ek in art. 29 (1) van die Grondwet lees, gee my wel deeglik die reg op moedertaalonderwys.
Miskien is Leopold Scholtz ‘n IK-punt of twee slimmer as Liebenberg en Van der Walt, hoewel ‘n mens hier in die geselskap van verstandelik gestremdes verkeer. Maar hy is ook ‘n “grondwetter” soos Hermann Giliomee na diegene verwys het wat hul hoop op die halfgebakte grondwet plaas wat FW die Griek en sy patetiese handlanger, Roelf Meyer, vir ons “onderhandel” het. Afrikaners is destyds besonder sleg deur die verraderlike FW en Roelf by die onderhandelingstafel verteenwoordig; vandaar die feit dat ons vandag oënskynlik oor weinig regte op enige gebied beskik. Engelse, swartes, Indiërs, kleurlinge, selfs Zimbabwiërs wat ongehinderd oor ons grense migreer, word as verhewe bo Afrikaners beskou. Alles danksy die “wonderlike grondwet”.
In dié opsig mag dit, anders as wat die grondwetter Leopold Scholtz dink, waar wees dat die grondwet nie vir taalgelykheid in Suid-Afrika voorsiening maak nie. Gaan kyk maar hoe die beginsel van taalgelykheid in artikel 6 van die grondwet afgewater is, iets waarop die twee Engelse dwepers van Stellenbosch se regsfakulteit tesame met die onsinnige gedagte van “doenlikheid” in artikel 29 insgelyks steun. Maar daar bestaan die Vrede van Vereeniging-verdrag wat erkenning aan “the Dutch language” (waaronder Afrikaans inbegrepe is) in die onderwys verleen, asook allerlei internasionale regsbeginsels wat wel taalgelykheid erken en selfs verplig. Suid-Afrika is geen Engelse eiland nie, maar is deel van ‘n internasionale, veeltalige stelsel.
Liebenberg en Van der Walt se Boerehaat-onderrok hang ook uit as hulle poog om Afrikaans te stigmatiseer vanweë “die taal se geskiedenis en sy voortgesette assosiasie met die apartheidsera”. Dit is natuurlik twak, maar anglomane is vinnig om die assosiasie van Engels met volksmoord en terrorisme in ons land te vergeet. Joe Slovo en Ronnie Kasrils, om nie van John Harris van die Johannesburgse stasiebom te vergeet nie, het lustig bomaanvalle op burgerlikes in ons land geloods. Dit was strydig met die Geneefse konvensies, dus oorlogsmisdade. Is die terreur van sulke Engelse “tydens apartheid” nie veel erger as apartheid self nie? Sowel volksmoord as terreur is internasionale misdade, waarvoor vele mense al swaar gestraf is. Maar in weerwil van die hiperboliese retoriek rondom “apartheid” is niemand is nog ooit deur ‘n hof of tribunaal aan daardie “misdaad” skuldig bevind en daarvoor gestraf nie. Indien enigiemand verdien om aangekla te word, is dit natuurlik FW de Klerk, wat jare lank ‘n minister in die NP-regering was en daarvoor behoort te boet. Maar niemand gaan hom ooit internasionaal van “apartheid” aankla nie, omdat daar ‘n onderliggende besef is dat apartheid kwalik “meer verkeerd” as Amerikaanse segregasie was. En wie gaan nou ooit die Anglo-Amerikaanse ryk self wil aankla?
Daar is vir my ‘n besliste kontinuïteit tussen die konsentrasiekampe van Kitchener en Roberts, en die soort haat jeens Afrikaans en ons akademiese tradisie wat uit Liebenberg en Van Wyk se tirade spruit. Om Afrikaans as universiteitstaal te wil uitwis, impliseer ook die uitwissing van die mense wat dit praat, dus volksmoord. Selfs assimilasie verteenwoordig ‘n vorm van volksmoord.
Die radikale anti-Afrikaanse menings wat tans in ons land opklink, het veel gemeen met die ekstremisme van ‘n ISIS wat ‘n Islamitiese monokultuur op aarde wil afdwing. Angel-Saksiese politieke korrektheid en die Engelse monokultuur is bloot die keersy van Islamitiese fundamentalisme; dit is ewe onverdraagsaam en verstikkend. Monokultuur as sodanig moet verwerp word. Wat geld vir die ekologie, geld ook vir taal en kultuur: ons oorlewing hang van diversiteit af.