Post by cjm on Mar 26, 2016 17:49:08 GMT
My bron is JC Kannemeyer se biografie: J M Coetzee: 'n Geskryfde Lewe, Jonathan Ball, 2012. Die boek is finaal versorg deur Hannes van Zyl.
Die werk (geskryf met JM se goedkeuring en medewerking), was feitlik voltooi by Kannemeyer se dood op 25 Desember 2011.
Dit is na my mening 'n grootse werk - afgesien van die lengte van oor die 700 bladsye. Dit maak JM se boeke oop en dit is 'n uitstekende hulpmiddel by die lees van daarvan - wat dikwels biografies blyk te wees. Daarop word juis geskimp by die subtitel van die biografie. Kannemeyer se boek kring veel wyer as 'n biografie in die gewone sin van die woord omdat hy mildelik gebruik maak van reaksies, internasionale en plaaslike strominge, kritiek en kommentaar op JM se werk. Biografie (of miskien eintlik outobiografie ) is 'n spesifieke belangstelling van JM soos reeds blyk in sy intree-rede ( Truth in autobiography) as professor by die Universiteit van Kaapstad in 1984 en dit word op velerlei maniere in sy boeke aangewend.
Daar is ook vele ironieë ter sprake: Kannemeyer skryf 'n biografie van Coetzee (met Coetzee se instemming) wat inderdaad een van Coetzee se belangstellings as onderwerp is. Oor bykans dieselfde tydperk wat Kannemeyer werk aan die biografie, is Coetzee besig met 'n fiksie-werk (Summertime) waar iemand 'n biografie skryf oor die gestorwe skrywer JM Coetzee. 'n Verdere knoop is dat op die ou end die werklike biograaf (Kannemeyer) te sterwe kom voor die biografiese onderwerp. Voeg hierby dat die oorspronklike Kannemeyer- biografie in Afrikaans is oor 'n skrywer wat meestal in Engels skryf. 'n Mens is by tye salig onbewus van die spronge wat Kannemeyer in beide tale moet maak.
Dit sal moontlik uit van die aanhalings duidelik word, maar opsommenderwys skyn dit my dat JM 'n miskende skrywer in SA is. Dit hang miskien saam met die feit dat hy so terughoudend en nederig is en afkeer aan publisiteit van 'n persoonlike aard het. 'n Verdere bydraende faktor tot sy onbekendheid is moontlik ook die feit dat sy werk bo die vuurmaakplek van meeste Suid-Afrikaners is.
Sien ook vir meer agtergrond hier en hier

HOOFSTUK 12
VREUGDES EN VERLIESE
I
Met Foe in 1986 gepubliseer, was Coetzee nou 'n man van 46, aantreklik
maar tenger, met ’n vroeg grys wordende baard, 'n horingbril,
'n sagte stem, 'n swygsame stilte en ’n sekere asketiese voorkoms. Die
gereserveerdheid en privaatheid waarmee hy hom meestal omhul het,
sou met die jare sy belangrikste wapen teen ongewenste indringing van
buite wees, óók teen kritiese aanvalle wat hy meestal, of dan alleen maar
baie indirek, sou beantwoord. Enige poging om sy private lewe binne te
dring, was joernaliste se ervaring, het hom soos ’n anemoon laat toetrek.
Op ’n vraag waarom die gesin tydens sy kinderjare so baie rondgetrek het,
was sy antwoord eenvoudig: “I don ’t remember.” Sy private lewe was net so
buite die openbare domein in Suid-Afrika as in die buiteland. Dit was wel
bekend dat hy geskei en saam met sy twee kinders, Nicolas en Gisela, in ’n
klein voorstedelike huis in 'n smal straatjie gevestig is, en dat sy lewensmaat,
Dorothy Driver, op haar eie woon, nie saam met horn nie. Aan sy naaste
vriende was dit bekend dat hy 'n vegetariese leefwyse handhaaf, en vroeg
in die jare tagtig word hy ook gediagnoseer met ’n laktase-gebrek, wat
meegebring het dat hy suiwelprodukte uit sy dieet moes uitskakel. Die
straat waarin sy huis geleë was - Tollweg 11 , Rondebosch, ongeveer twintig
minute se loop na die Universiteit van Kaapstad -- verskyn in dié jare nie
op die stad se straatkaart nie en in die telefoongids was ’n fiktiewe adres vir
hom ingeskryf. Wanneer hy ’n seldsame verskyning by sosiale geleenthede
sou maak, het hy verkies om eenkant in die hoek van 'n kamer in gesprek
met ’n enkele persoon te verkeer.
Dié versugting om privaatheid en nie aandag in die openbaar te trek
nie, het daartoe gelei dat joernaliste hom dikwels die onkommunikatiewe
sy van sy persoonlikheid en die donker, somber aspekte van sy boeke
beklemtoon en daarmee 'n eensydige beeld van die ware J.M. Coetzee
gegee het. Die joernalis Rian Malan, wat in die jare negentig 'n paar
onderhoude met hom gevoer het, tipeer Coetzee as “the prince of
VREUGDES EN VERLIESE
453
darkness” en sy vroeë boeke as “awesome, [...] lit from within by a cold
and terrible light, haunted by unanswerable questions”. Afgeteken teen
die skemerige lig van sy klein kantoor in die Arts Block by die Universiteit
van Kaapstad, was die skrywer vir Malan “a pale and austere presence in his
grey slacks and tweedy sports jacket". Sy eerste vraag is met ’n doodse stilte
beantwoord, want Coetzee het die woorde op sy notablok neergeskryf, dit
oordink en in sy antwoord oorgegaan om die veronderstellings waarop
dit gebaseer was, te analiseer. Al sy vrae is volgens Malan op ’n soortgelyke
wyse gehanteer. Toe Malan die opmerking maak dat hy in Foe die on-
draaglike en pynlike allegorie lees van ’n land waar die meeste wit en
swart mense geen manier vind om na mekaar uit te reik nie, en Coetzee
vra wat hy van dié interpretasie dink, was die antwoord: “I would not wish
to deny you your reading.” Toe Malan, klaarblyklik desperaat, vra van
watter soort musiek Coetzee hou, was die antwoord: “Music I have never
heard before.” Malan noem hom dan ook in een van sy onderhoude “a
man of almost monkish self-discipline and dedication. He does not drink,
smoke or eat meat. He cycles vast distances to keep fit and spends at least
an hour at his writing-desk each morning, seven days a week. A colleague
who has worked with him for more than a decade claims to have seen
him laugh just once. An acquaintance has attended several dinner parties
where Coetzee "has uttered not a single word.”
Die reaksie van Coetzee op Malan se vrae toon, soos ook in ander
gevalle wanneer hy met joernaliste te make gehad het, egter ’n mate van
moedswil wat nie sonder ’n element van fyn geestigheid is nie. Dit verraai
veral ’n ongeduld met die soort vrae waarmee joernaliste hom dikwels
kom lastig val. In een van die onderhoude wat David Attwell in 1992 in
Doubling the point met hom voer, wei Coetzee uit oor hierdie ongeduld.
In die eerste plek oorskry joernaliste volgens hom dikwels die konvensies
van die genre en oortree hulle die grense van fatsoenlikheid deur inbreuk
te maak op wat hy as sy privaatheid beskou. “I don’t regard myself as a
public figure, a figure in the public domain.” In die tweede plek is daar
die gebrek aan professionaliteit by so baie joernaliste wat hom met min
kennis van sy romans of werklike belangstelling in sy werk nader en wie
se afgesaagde vrae by voorbaat al voorspelbaar is. In die derde plek is
daar die kwessie van kontrole oor die onderhoud. ’n Skrywer, sê Coetzee,
gee nie maklik die kontrole oor sy teks prys nie, terwyl joernaliste, soms
op ’n slordige wyse, die teks redigeer, sensureer en al die besondere en
eiendomlike uitlaat. Coetzee gaan voort: “But my resistance is not only
a matter of protecting a phantasmatic omnipotence. Writing is not free
454
J.M. COETZEE: ’N GESKRYFDE LEWE
expression. There is a true sense in which writing is dialogic: a matter
of awakening the countervoices in oneself and embarking upon speech
with them. It is some measure of a writer’s seriousness whether he does
evoke/invoke those countervoices in himself. [...] Whereas interviewers
want speech, a flow of speech.”
Teenoor die blik van Rian Malan op Coetzee as 'n norse, afsydige en
moeilik bereikbare mens is daar baie vriende en kennisse wat kan ge-
tuig van ’n ander kant van sy persoonliklieid. Jonty Driver, die digter en
broer van Coetzee se lewensmaat Dorothy, skryf by geleentheid:
I have always found the public attitudes to him (especially in the
press) strangely difficult to understand; yes, he is a very private
man and hates intrusions - but he is also exceptionally kind and
helpful (for instance to other writers, especially young ones),
often very witty with a delightful sense of humour, and can be a
charming companion. My wife - who is admittedly a chatty soul -
loves being seated next to John at dinner parties. When I helped
arrange a visit last year to the New Worlds Writing Partnership at
UEA, I know the organisers were nervous about his reputation as
a difficult, even curmudgeonly, guest. I don’t think they accepted
my re-assurances; but after he had left I was told what an easy
person he had been to look after. Sometimes I think journalists
especially want to think of him as difficult, because it gives them
something to write about - other than the books they haven’t
bothered to read.
In onderhoude, so het joernaliste agtergekom, was Coetzee wel versigtig
en onseker. In ooreenstemming met sy bewustheid van die voorlopigheid
van ’n situasie soos dié waarin ’n onderhoud gevoer word, was daar baie
stiltes, soos hy soek na woorde om die bes moontlike formulering te
vind. Dit was in ooreenstemming met sy strewe na perfeksie wanneer
hy, soos ook in sy kreatiewe werk, met woorde geworstel het, al kon
hy by geleentheid in ’n onderhoud die guitige uitspraak maak dat sy
perfeksionisme nie vir “all walks of life” geld nie. Hy het wel nie in-
timiteit aangemoedig nie en nie geduld met dom vrae gehad nie. As
iemand egter kon illustreer wat regtig in hom steek en sy vertroue kon
wen, het Coetzee hom oopgestel. In sy briewe het sy toegeneentheid
nog duideliker geblyk uit die wyse waarop hy navrae beantwoord, al het
hy steeds oor sy woorde gewaak en was sy briewe altyd saaklik en fyn
VREUGDES EN VERLIESE 455
verwoord. Daar was ook by hom ’n sterk meelewing met ander mense.
Howard Wolf, wat Coetzee in sy jare by die Departement Engels in
Buffalo en met sy herhaalde besoeke aan dié stad daarna goed leer ken
het, skryf by geleentheid in ’n brief hy voel dat sy twintig jaar as dosent in
Buffalo nie so ryk was as wat dit kon wees nie. Hierop antwoord Coetzee
0p 27 Mei 1987 dat almal van ons soms so ’n gevoel van teleurstelling
op 'n sekere leeftyd kry en dit dan toeskryf aan die gekose loopbaan,
die huwelik of die stad waarin ons woon. “But middle age brings its
lugubrious spells for all of us.”
Wanneer Coetzee tuis onthaal, was sy vriende voortdurend bewus van
sy koel, waarnemende intellek. Sy gemaklike kleredrag by sulke intieme
byeenkomste was egter 'n aanduiding van hoe hy in 'n vertroude sfeer kon
ontspan. Selfs by deftiger geleenthede het hy, waar moontlik, dit vermy
om formeel aan te trek en 'n das te dra. Sy vriende het hom geestig, warm
en vrygewig gevind. Hy was vir hulle ’n innemende gasheer wat graag die
aanwesiges se glase gevul het, al het hy nie selfwyn gedrink of vleis geëet
nie. Wat die gebruik van alkohol betref, het hy by geleentheid gesê “I
simply don’t like the taste of wine,” al kon die naswewende beeld van
sy vader se oormatige drankgebruik by hom ’n lewenslange afkeer gewek
het. Van sy besoekers het hom 'n uitstekende kok gevind wat daarvan
gehou het om self in die kombuis Vir die tafel te berei, veral gnocchi en
geurige Indiese geregte. Daniel Hutchinson, wat hom reeds as student
leer ken het, kon getuig van sy lang en warm vriendskap met Coetzee, wat
vir hom 'n eerlike, openhartige, innemende en sjarmante mens was. Vir
Howard Wolf was Coetzee “mordantly witty” in gesprekke, al het hy die
romans “dark, oppressive, painful and torturous” gevind.
Naas sy verpligtinge by die universiteit en sy daaglikse toewyding aan
sy kreatiewe werk het Coetzee soms in sy vrye tyd daarvan gehou om
teen Tafelberg te gaan stap. Hy het ook, soos tydens sy jare in Londen,
baie graag gaan fliek. Hoewel hy meestal ’n massa mense vermy het
en nooit tydens sy jare aan die Universiteit van Kaapstad aan politieke
betogings deelgeneem het nie, was hy versot op die bywoning van groot
rugby- en veral krieketwedstryde op Nuweland in Kaapstad, waar daar
altyd groot skares aanwesig was. Hy staan in ’n artikel oor rugby wel
skepties oor die wyse waarop die spel in die jare tagtig verpolitiseer, met
die outoritêre manlike persoonlikheid verbind en tot 'n opium vir die
massa omgetower is, maar basies geniet hy dit om saam met hulle na die
kragvertoon op die veld te kyk. Saam met lede van die universiteit se
personeel het hy altyd op Sondae krieket gespeel. Hy was ’n waardevolle
456 J.M. COETZEE: ’N GESKRYFDE LEWE
lid van die span, sowel as aanvangskolwer en as wegbreekbouler. Hy is
die enigste wat gereeld vir die oefeninge opgedaag het.
In hierdie jare begin Coetzee ook in alle erns om fietsry as ’n vorm
van sport en rekreasie te beoefen. Terwyl hy vroeër lief was om te gaan
hardloop, het hy gevind een van die voordele van fietsry is dat hy minder
beserings aan sy spiere opdoen. Hy skaf vir hom ’n nogal duur fiets aan
en tussen die jare 1983 en 2001 neem hy, dikwels saam met die digter
Gus Ferguson, vyftien keer aan die jaarlikse Argus-fietstoer deel.
...
Sien verder oor Coetzee se fietspassie