Post by cjm on Jun 5, 2016 17:18:34 GMT
landbou.com/wp-content/uploads/2016/06/drupbesproeiing-in-israel-Foto-verskaf.jpg-300-275x275.jpg
Leer by Israel oor droogtebestuur: In SA
Deur Lucille Botha
3 Junie 2016
Israel gaan sy ervaring in die bestuur van droogtes op drie konferensies in SA met belanghebbendes bespreek.
Kundiges en maatskappye uit Israel, wat met goeie, nasionale waterbestuur daarin kon slaag om oorgenoeg water vir die land beskikbaar te stel, sal binnekort hul kennis oor waterbestuur en sanitasie met Suid-Afrikaners deel op drie konferensies in Kaapstad, Johannesburg en Durban.
Die konferensies word deur die Israeliese ambassade aangebied.
“Die vraag oorskry die natuurlike en konvensionele wateraanbod en daarom moes Israel ’n nasionale strategie vir waterbestuur en sanitasie ontwikkel. Dit het sowat tien jaar geduur om dié strategie, produkte en tegnologie te ontwikkel wat die land se droogtesituasie geswaai het na een met oorgenoeg water,” sê me. Charmaine Hirshowitz, sektorbestuurder van landbou, verbruiksgoedere, vervoer en logistiek by die Israeliese ambassade in Suid-Afrika.
Kenners in droogtebestuur
Kenners, soos prof. Eilon Adar, direkteur van die Ben-Gurion Universiteit se Negev Zuckerberg Instituut vir Waternavorsing, sal oor Israel se ervaring met droogtebestuur gesels. Dit kan Suid-Afrika help om sy eie droogteprobleme te takel. Herwinning, ontsouting, die behandeling van afvalwater, lekke en ander tegnieke sal ook aangeroer word tydens die konferensies.
‘n Aantal van Israel se voorste maatskappye wat in die veld van waterbestuur werk, sal ook teenwoordig wees. “Die doel is vir Israel om ons ervaring in droogtebestuur op ’n nasionale vlak met ons vriende in die Suid-Afrikaanse regering en private sektor te deel.”
Die Johannesburgse konferensie vind op 6 Junie plaas. Kaapstad en Durban kom onderskeidelik op 8 en 9 Junie aan die beurt.
Vir meer inligting, besoek
www.israelsawater.co.za