Die SABC het ‘n verbod geplaas op die lees van koerantopskrifte asook die bespreking van koerantvoorblaaie op die lug.
In ‘n duidelike gebaar van wantroue teenoor die dooieboommedia se agenda, het die Suid-Afrikaanse openbare uitsaaier die besluit geregverdig en gesê hulle staak alle gratis publisiteit aan gedrukte nuus.
Die SAUK sê daar is “niks sinisters” in die besluit nie. Die SABC sal voortgaan om in te teken en koerante te koop, maar sal net nie nuus en stories van enige gedrukte media oor die lug bespreek nie.
Die stap kom na die hoogs omstrede besluit van die SABC om ‘n onmiddellike sensuurkombers oor beeldmateriaal van openbare protes te trek.
Die redakteursprogram op SAfm die afgelope Sondag is ná twee dekades sonder enige vooraf kennisgewing ook gestaak.
Die program het koerantredakteurs weekliks genooi om oor koerantstories te gesels en politieke gebeure krities te ontleed.
Verlede maand het die SABC aangekondig dat hulle onmiddellik werksgeleenthede en tenders sal ophou adverteer in dioe gedrukte media.
Sulke advertensies sal deur SABC-kanale alleen versprei word en volgems die uitsaaier sien hulle “nie meer ‘n behoefte om die gedrukte media te gebruik nie”.
Die SABC-woordvoerder, Kaizer Kganyago het aan News24 gesê hulle beskou dit as onredelik om gratis “bemarking” vir koerante te doen.