|
Post by cjm on Jun 14, 2016 11:16:48 GMT
Penny Sparrow-fondsinsameling afgehaal ná klagte van Julia Moore en KPMGPosted By: praag 14 June 2016 Deel op FacebookDeel op TwitterDeel op Google+Deel op LinkedinDeel op Pinterest ‘n Fondsinsamelingsveldtog om Penny Sparrow te help om haar R150 000 boete vir “haatspraak” te betaal, is van die internet verwyder, danksy ‘n klagte van ene Julia Moore, ‘n werknemer van die ouditeursfirma, KPMG. Dit is tans onduidelik of die klagte deur KPMG self of deur me. Moore, wat oënskynlik ‘n maatskaplikegeregtigheidskryger is, aanhangig gemaak is. Toe die veldtog van die webblad youcaring.com verwyder is, het dit reeds op $355 (ongeveer R5400) gestaan. Een van die ondersteuners op die blad was optimisties dat die insamelingspoging “viraal sou raak” en dat hulle maklik die $10 000 of selfs meer vir Penny Sparrow sou kon insamel. ... Hier is Julia Moore op ‘n Facebook-foto saam met haar vriend; hulle is ook motorfietsgeesdriftiges.
|
|