|
Post by cjm on Jun 24, 2016 5:38:25 GMT
Taalraad-persverklaring: Taalbeleid by die US, UP en UNISALitNet Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2016-06-23 Die Afrikaanse Taalraad is teleurgesteld oor die besluit van Stellenbosch Universiteit (SU) se Raad om die konseptaalbeleid te aanvaar; so ook oor die manier waarop die US die beleid met hul persverklaring regverdig. Alhoewel die indruk geskep word dat die beleid op meertaligheid geskoei is, is dit moeilik om te sien hoe dit in die praktyk tot ware meertaligheid sal lei. Die nuwe taalbeleid voldoen, gemeet aan beste praktyk, nie eens aan die mees basiese voorvereistes vir die volhoubare bestuur van meertaligheid nie. Die beleid bevestig veel eerder Engels as verstektaal en sit ʼn administratiewe proses aan die gang wat Afrikaans betreklik vinnig tot ʼn minderwaardige soort “hulptaal” sal afgradeer. Daarby is dit doenbaar en heeltemal redelik om almal se belange by die US te akkommodeer. ʼn Voorvereiste hier is dat die taalbeleid met alle belanghebbers onderhandel word, eerder as om dit met ʼn administratiewe proses af te dwing. Volharding met die ontkenning van realiteite, soos dat die beleid gaan lei tot uitsluiting deur Engels, laat mens egter vermoed dat die ware redes vir die besluit nie bekendgemaak is nie. Dit is moeilik om te glo dat die US, Universiteit van Pretoria, en UNISA toevallig op dieselfde dag vir Afrikaans die trekpas gee.
|
|
|
Post by cjm on Jun 25, 2016 18:53:24 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jun 25, 2016 19:03:05 GMT
RSG
25 Junie 2016 10:00
'n Buitengewone professor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch, Hermann Giliomee sê die universiteit het sy verantwoordelikheid teenoor Afrikaans versaak. Die universiteitsraad het vandeesweek 'n nuwe taalbeleid goedgekeur wat voorsiening maak vir studente om in Afrikaans of Engels te studeer. Die universiteit het Donderdag bevestig dat die hoof van die Paul Roos-gimnasium, Jannie van der Westhuizen uit die Raad bedank het weens die besluit.
|
|
|
Post by cjm on Jun 25, 2016 19:10:26 GMT
|
|